IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 MAN VIR NIKS VERMOOR

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: MAN VIR NIKS VERMOOR   Wed May 26, 2010 1:25 pm

Vermoor vir niks
2010-05-25 23:52

Hilda Fourie

’nPensioentrekker van Kwaggasrand in Pretoria-Wes is gisteroggend, oomblikke nadat hy by ’n ysterwarewinkel uitgeloop het, doodgeskiet – vir niks.

Nadat hy geskiet is, het mnr. Killian Johannes van Tonder (75) op die randsteen gaan sit, aan ’n bystander gewys waar hy geskiet is en toe gesterf.

Van Tonder se vermeende swart moordenaars, wat onderskeidelik 16 en 21 jaar oud is, is ’n rukkie later deur gemeenskapslede in ’n buite-toilet ’n paar strate van die Wespark-ysterware-en-pandjieswinkel vasgetrek.

“Dít sal maak dat ek ’n geweer leegmaak waar ek kom,” het mnr. Hennie van Tonder (43) geskree toe hy by die toneel in Innersingel opdaag waar sy pa dood is.

“Dié goed (misdadigers) moet padgee uit ons land uit.”

Van Tonder se moord kom sowat ses weke ná die dood van mnr. Willie Pienaar (24), wat in soortgelyke omstandighede voor die Kwaggasrand-winkelsentrum naby dié toneel deur swart rondlopers in die kop geskiet is.

Gemeenskapslede het ná Pienaar se dood ook op sy vermeende moordenaars afgestorm en drie swart mans, van wie een glo dood is nadat hy aangerand is, aangekeer.

Mnr. Nick Coetzee, eienaar van die pandjieswinkel, het gister gesê Van Tonder, ’n gereelde kliënt, het kort voor sy dood moere en boute gekoop.

“Ons het nog so lekker gestaan en gesels voordat hy hier uit is,” het Coetzee gesê.

“Ek het gesien hoe staan die tweeswart rondlopers by hom by die bakkie. Die oom het aanmekaar ‘help’ geskree. Een het sy arm opgelig en hom toe geskiet.

“Ek het uitgehardloop, want ’n mens kan nie net sit en kyk hoe iemand doodgeskiet word nie. Hy het geskree om hulp. Jy kan nie anders as om hom te help nie.”

Coetzee se seun, Martin (18), is na Van Tonder waar hy op die randsteen gesit het.

Van Tonder het Martin gewys waar hy geskiet is, agteroor gaan lê en gesterf.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het gister gesê volgens die swart verdagtes wou hulle Van Tonder nie kaap nie, hulle wou net geld hê.

Die volgende oomblik is Van Tonder geskiet en die swart verdagtes het met leë hande weggehardloop.

“Die gemeenskap het hulle agternagesit. Hulle het in die buite-toilet van ’n erf in Middelsingel gaan wegkruip waar hulle gekry is,” het Jansen gesê.

“Toe die polisie op die toneel kom, was mense besig om die mans aan te rand.”

Die polisie het die mense en die verdagtes uitmekaar gehaal en die twee in hegtenis geneem.

Die vuurwapen wat hulle glo gebruik het om Van Tonder mee te skiet, is in die toilet gevind.

Terwyl polisielede besig was om die moordtoneel te ondersoek, het Van Tonder se vrou, Rina (69) en sy ander seun, Killian (46), by die toneel opgedaag.

Hulle het mekaar vertroos terwyl hulle na Van Tonder se lyk gekyk het.

Van Tonder laat nog twee seuns, Fanie en Johan, agter


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoor-vir-niks-20100525
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
MAN VIR NIKS VERMOOR
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: