IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 KLAAGLIKE MISLUKKING VAN DIE NWO/ANC "REENBOOG" EKSPERIMENT

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: KLAAGLIKE MISLUKKING VAN DIE NWO/ANC "REENBOOG" EKSPERIMENT   Sat May 22, 2010 12:16 am

Die "droom" van 'n "reenboognasie" het klaaglik misluk. Nou is al die verskillende rasse, volkere en stamme van Suid-Afrika gedwing om onder ‘n toenemend diktatoriale ANC/kommunistiese regime, - in naam ‘demokraties’ en ‘bevry’ van die kamma-kastig so slegte en lelike apartheid verlede, maar in werklikheid onder die juk van ‘n veel erger en onregverdige rassisme, onderdrukking, korrupsie en opperste onbevoegdheid. “Heilige Nelson’ Mandela is intussen vervang met die ietwat minder goed afgerigte voormalige terroriste-leier Thabo Mbeki as President van wat herkenbaar is as maar net nóg ‘n de-facto een-party staat. Nou tree die groot ontnugtering in, selfs onder die vele naïewe voormalige lofsangers van die multi-etniese gemors wat hulle help skep het. Tog weier meeste steeds om openlik die basiese denkfout van hulle katastrofale sosiale eksperiment te erken, - al moes selfs die domste lakei stadig agterkom dat die dosyn of wat verskillende nasies en volkere nou afgedwing word na die laagste gemene deler deur ‘n spul mins bekwame en mees arrogante oud-terroriste. Gekonfronteer met die groeiende nagmerrie van die groeiende swart, bruin en wit ellende, daaglike mense-slagtings, verkragtings, sinnelose geweld, ekonomiese ineenstorting en ‘n tipiese Swart Afrika outokrasie, verkies baie wit ‘opposisie’ politici, sake- en nywerheidsleiers, asook die massa-media om liewer ‘veilige’ en politiek korrekte faktore te blameer soos armoede, Vigs, onvoldoende opleiding, rassisme, vreemdelinge-haat, gebrek aan beleggings, die sterk Dollar, die swak Euro, die VSA regering, Mugabe, Mbeki, onderbemande polisie, oorbemande burokrasie, ens. ens, - en, natuurlik (hoe dan anders) goeie ou slegte apartheid... Die wit bestel, skuldig aan medepligtigheid tot die totstandkoming van totale swart beheer, wil nie toegee dat dit hierdie beheer self is wat verkeerd is nie, - alhoewel duisende der duisende van hulle eie kinders en kollegas presies dit erken deur uit te wyk na blank-beheerde state oorsee.



4. Situasie. Tans sukkel ongeveer vier miljoen blankes om fisies en ekonomies in die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika te oorleef te midde van 'n oormag min of meer vyandig-gesinde en vreemde swartes. Sedert 1994 het hulle geen staat, regering, howe, weermag. polisie, staatsdiens, skole of hospitale van hulle eie meer nie, - hulle is nou ‘n verspreide en vreesbevange minderheid binne ‘n blatant antagonistiese en arrogante swart-meerderheid staat. Op ‘n daaglike basis word wittes vermoor, verkrag, beroof en geïntimideer deur swart moordenaars en rowers, nie net op plase nie, maar in dorpe en stede ook. Die feit dat swartes oók deurloop onder hulle eie ‘broers’ is geen troos vir die blanke slagoffers nie. Die pateties onderdanige media sensor die rassistiese aard van die daaglike slagting uit, - indien hulle die aanvalle ooit noem, - terwyl die enkele wit-op-swart wandade opgeblaas en ad nauseam breedgetrap word om die baie meer grusame en algemene swart terreur te verberg. Intussen is die swart, kummunisties-beheerde staat stadig maar seker besig om die sogenaamde ‘wigte en teenwigte’, - wat daardie tyd deur FW de Klerk uitgebasuin is as waarborge vir blanke oorlewing, - die een na die ander af te takel. Onder die voorwendsel van ‘regstellende aksie’, ‘grond herverdeling’ en ‘swart bemagtiging’ gebruik hierdie staat nuut-ingestelde wette om die begeerde wit eiendom ‘wettiglik’ en ‘binne die wet’ oor te neem, - die Azaniese manier van onteiening. Op hierdie minder opsigtelike en meer subtiele manier hoop die regime om dieselfde doel as die Zimbabwiese grond-grypers te bereik

Wat in die ‘Nuwe SA’ gebeur is volksmoord, nie net ‘plaasmoorde’ of ‘misdaad’ nie, - en dis net so erg en erger as die volksmoord teen die Boerevolk 100 jaar gelede, toe 28 000 hulpelose kinders en vrouens uitgedryf is in konsentrasiekampe in deur (blanke) imperialiste, om daar te sterf. Vandag word dit gedoen deur swart marionette en kommuniste, alhoewel met dieselfde buitelandse wit belange wat die toutjies trek en swartsmeer in die media. Dit is so te sê die ‘eindoplossing’ vir die moderne Boere, die wit Suid-Afrikaners, die Afrikaners, wie in die land van hulle vaders omring en gejag word deur vyandige hordes, - net soos die Jode in Palestina. Geen wonder sommige Boere beskou hulleself as die Verlore Stam van Israel nie.



5. Identiteit. U, die leser, is moeg van al die praatjies en vra dalk op hierdie stadium : “Dis alles goed en wel, - maar wat kan ons dóen?’ Wees asb geduldig, ons sal daar kom. Voordat ons kan besluit oor die WAT, moet ons weet WIE. Die eerste lritieke vraag is : Wie is ons, die blankes van Suid-Afrika? Wie is u, gebore en getoë in hierdie land, van wit afstamming? Wie, dink en voel u, is u? Is ons net blankes, wittes, en gaan dit hier net oor ras, - of is ons Boere, Afrikaners, Suid-Afrikaners, ‘Nuwe Suid-Afrikaners’, Azaniers, Reënboogmense, of wat? Diegene wat voel hulle behoort tot die ‘Nuwe SA’, wat glo in die sosiale ingenieurseksperiment van alle SA nasies en volkere saamgedwing onder ‘n de facto swart, Xhosa, kommunistiese regime, wat die kunsmatige Azaniese (‘Nuwe SA’) vlag as hulle eie aanvaar, wat vrywilliglik deelneem aan en baat by die onderdrukking van al ons nasionale aspirasies en vryhede, - hulle is welkom tot hulle ‘Nuwe Suid-Afrika’. Hulle behoort hulleself Azaniers te noem. Hulle verdien wat hulle kry. Op hierdie stadium, op die laatste, waai ons hulle totsiens en wens ons hulle alle voorspoed toe. Hulle sal dit nodig hê, - Swart Afrika lê besaai met lyke en hardloopskoene.

Diegene van ons, egter, wat instinktief die huidige bestel as vreemd, geforseerd en onnatuurlik ervaar, wat verlang na veiligheid en ontwikkeling tussen mense met dieselfde waardes, tradisies en die Christelike geloof en wat nie wil weggaan oorsee nie, - ons behoort te besef dat, eerstens, ons onsself moet identifiseer en eien. Eers dan kan ons behoorlik werk vir, en uitreik na, die verlangde sekuriteit en ordentlike toekoms, in 'n omgewing en tussen mense wat meer versoenbaar is met onsself as die hordes óm ons wat hulleself voorgee as ‘Suid-Afrikaners’ en ons land oorstroom. Ons het so ‘n toekoms nodig vir ons en ons kinders se onthalwe. Daar is net eén plek waar ons dit kan bereik en dit is binne ons eie gemeenskap, groep, volk en nasie. En dit is ‘n eie volk en nasie, vry, onafhanklik en binne sy eie gesag en strukture om te vertroetel en te beskerm, wat as enigste waarborg en beskermer sterk genoeg is om aan ons vereistes te kan voldoen.

Enigiets minder is ‘n illusie. Nou wat is die identiteit van hierdie ons eie volk en nasie? Ons het een GEHAD, onthou, die sogenaamde Ou Suid-Afrika, wat oor die algemeen voldoen het aan ons behoeftes, met al sy foute en probleme, - totdat dit onderstebo gekeer en uitverkoop is aan die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika van 1994. Hierdie Donker Afrika monster het homself ons ou naam, Suid-Afrika, toegeeïen, om sy vreemde en bose aard te verdoesel. Na regte behoort hy homself Azanië te noem, soos sy meer eerlike verteenwoordigers in die PAC en Azapo, tot hulle eer, dit doen. Maar die regerende regime klou vas aan die ‘Republiek van Suid-Afrika’ naamplaatjie, en dit los ons met die noodsaaklikheid om ONS volk en nasie op so ‘n wyse te definieer, dat ons eie mense, en die wêreld daarbuite, ons kan erken vir wat ons ons is en wil wees, onteenseglik en duidelik, maar ook regverdiglik en trots.

‘n Uitvoerige waardering om die beste en mees geskikte identiteit en naam te vind tussen die wat in gebruik is, met al die argumente en alternatiewes, vir en teen, sal te veel plek in beslag neem. Ons volstaan by ‘n stelling, waarvan u kan verskil, maar wat gegrond is op die feite van ons huidige besondere omstandighede en die spesifieke tye waarin ons leef : Die term ‘Boer’ verteenwoordig ‘n identiteit wat ons as volk vergestalt en beskryf en die reg verleen tot vrye nasieskap, sonder om die risiko te loop van die soort vuil etiket of ewige stryery wat die hele idee kan doodsmoor nog voordat ons dit kan implementeer. ‘Boer’ is geskiedkundig goed gefundeer, juridies gevestig, etnies korrek, aanvaarbaar vir meeste, indien nie alle, blanke Suid-Afrikaners, en hoog geag wêreldwyd as gevolg van die dapperheid en regskapenheid van ons voorgeslagte, wie se opregte vryheidstryd se honderjarige herdenking toevallig (of nie so toevallig nie) in Mei volgende jaar ten einde loop. In sekere kringe word ‘n ‘Boer’ gelykgestel aan ‘n ietwat agterlike armblanke, weg van sy ryker, beter opgevoede familie. In die aangesig van die bloedige katastrofe wat ons almal tref, - is dit regtig te veel gevra om ‘n paar van ons emosionele en historiese vooroordele te oorkom ter wille van ons almal se oorlewing? Wat is die alternatiewe? Trouens, juis ‘n etiket van armoede is deesdae ‘n bate in hierdie moderne wêreld, waar die armes en onderdruktes ‘n sekere status en simpatieke oor geniet, - in teorie in elk geval. Daarbenewens sal so ‘n beeld ons vyande se verwagte ‘malle linkse’ propaganda oneindig frustreer, waar hulle net sit en wag om ons voor te stel as die bose, rassistiese ryk wittes wat die ‘arme swartes’ onderdruk. Die feit dat daar nooit ‘n behoorlike vredesverdrag met die Boere Republieke na die Tweede Vryheidsoorlog gesluit is nie, en dat hulle (en dus ons) soewereiniteit en onafhanklikheid dus net wag om opgeneem en volgens volkerereg geargumenteer te word in die Internationale Hof, is ook nie te versmaai nie.



6. Die Boer. Hierdie brief word genoem Die Boer en beoog om in te lig en te dien as skakel tussen diegene van ons blankes, Afrikaners, Boere, wat verbind is tot, en gewillig is om te werk vir, ons eie vrye staat hier in Suid-Afrika. Die Boer wil help om weë te vind na waar ons veilig en sonder vrees kan lewe volgens ons eie waardes, tradisies en Christelike geloof, om ‘n toekoms vir ons kinders te bou. Ons wil op geen wyse inbreuk maak op die regmatige eise en regte van ander volkere en nasies in Suid-Afrika nie. Ons onderskryf die Vryheidsmanifes soos uitgespel hieronder en beklemtoon dat wat ons vir onsself opeis, niks meer of minder is as wat volkere en nasies regoor die wêreld as hulle God-gegewe reg aanvaar, - ‘n reg wat op sulke bedrieglike en skandelike wyse van ons weggeneem is deur die regerende bende skurke in 1994
.


http://www.scafrica.co.za/?Die_Boer:Die_Boer_1
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
KLAAGLIKE MISLUKKING VAN DIE NWO/ANC "REENBOOG" EKSPERIMENT
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: