IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Dit geld na weerskante

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Dit geld na weerskante   Tue Feb 16, 2010 5:32 pm

Dit geld na weerskante
2/15/2010 9:43:00 PM
Mnr. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het verlede week in ’n onderhoud met Beeld kwessies na aan baie Afrikaners se harte bespreek.
’n Mens wonder of hy dalk effens bekommerd is daaroor dat hy 15 jaar ná die aanvaarding van ’n Grondwet wat ons almal rasloos gelyk stel in ’n onderhoud oor ’n groep praat wat hul identiteit as ’n minderheid aan die hand van hul velkleur juis van die staat kry.
Mantashe het gepraat van weerstand in Afrikaner-geledere teen veranderinge in die samelewing. Hy het verwys na sy eie seun wat toelating tot ’n kursus geweier is. Hy sê daar moet steeds regstel-ling wees.
Dat swart mense in die verlede weens velkleur van baie dinge uitgesluit is, is ’n feit. Dat hulle weens nagevolge van die verlede soms steeds uitgesluit bly, is ook waar. Maar dit is natuurlik ook waar dat hulle vandag baie kere uitgesluit word weens die ANC se swak landsbestuur – byvoorbeeld wat onderwys betref.
Eweneens is dit ’n feit dat wit Afrikaners dikwels uitgesluit word deur die nuwe struktuur van regstellende aksie. As uitsluiting op grond van velkleur verkeerd is, is dit verkeerd in albei gevalle.
Mantashe vra ook dat daar eerder gepraat en aangepas moet word. Hy is reg. Maar die praat en die aanpas is aan albei kante nodig.
Hy sê regstellende aksie is steeds nodig en gee goeie argumente daarvoor.
Maar dit is net so nodig dat Suid-Afrikaners wat nie as “African” geklassifiseer word nie, nie in ’n soort neo-apartheid op rasgronde uitgesluit word nie.
Dat daar innoverend oor regstelling gedink sou moes word, is by die aanvaarding van die Grondwet in Kempton Park reeds besef.
Toe is ooreengekom dat regstelling nie diskriminasie teen wittes sal beteken nie. Daardie insig het intussen verval en vandag is ’n effek van regstelling die uitskuif van wit Suid-Afrikaners.
Mantashe is reg om kwaad te wees oor die uitsluiting van sy seun van verdere studie. Het hy egter ook simpatie met wit studente wat weens húl velkleur uitgesluit word van studiegeleenthede?
Dit is beslis ook iets om oor te praat – mense wat onregverdiglik uitgesluit word van geleenthede weens velkleur.
Weer eens: so ’n gesprek moet gaan oor onregverdige uitsluiting aan albei kante.
Mantashe het ook gesê: “Die minderhede moet besef hulle het ook ’n rol in versoening te speel. As hulle nie saamspeel nie, gaan daar nie versoening wees nie.”
Inderdaad. Maar daar moet iewers ook onthou word dat die wit minderheid 20 jaar gelede vrywillig meer opgegee het ter wille van versoening as omtrent enige ander groep in die moderne wêreld.
Dieselfde groep het alle politieke mag opgegee, saam met die beheer oor die land se polisie en die weermag.
En hulle het dit gedoen in die goeie geloof dat die ooreenkom wat die ANC terselfdertyd aangegaan het, nagekom sal word.
Deel van daardie ooreenkoms was dat daar nie-rassige gelykheid sou wees.
Met ander woorde dat regstellende aksie ’n opheffing van swart Suid-Afrikaners sou meebring, maar dat wit Suid-Afrikaners nie in die proses afgedruk en uitgesluit sou word nie.
Vandag is dit presies wat gebeur: wit Suid-Afrikaners word uitgesluit en afgedruk.
Die feit dat wit Suid-Afrikaners as ’n groep nog die meeste rykdom het, behoort niemand te verblind wat aan die debat deelneem nie.’n Groot deel van die ouer geslag wittes het dalk geld in die bank en besit eiendom en ander bates, maar ’n jonger geslag wittes se lewe lê nog voor hulle – en hulle word as ’n rasgroep na die kantlyn toe uitgeskuif.
? Oor Pretoria se naam sê Man¬tashe hy is te vinde vir ’n wen-wen-situasie waar die ou stad Pretoria bly en die groter, nuwe munisipaliteit Tshwane bly. Hierin kan hy net ondersteun word. Dit is waarvoor baie mense al lank vra.
kliek hier om die res van die storie te lees...



kliek hier om uit te vind oor hierdie en ander Beeld nuusbrief/we, of verwys-'n-vriend.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Dit geld na weerskante
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Ekonomiese Belange / Besigheids geleenthede-
Spring na: