IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop   Wed May 19, 2010 11:48 am

Dinsdag, 18 Mei 2010 10:08 Herman Toerien


Enkele dae nadat die ANC se dissiplinêre komitee besluit het sy jeugleier, Julius Malema, sal nie vervolg word omdat hy ‘n opdrag geïgnoreer het om nie meer “Skiet die Boere” te sing nie, is nog ‘n plaasmoord gepleeg.
Dié keer was dit mnr. Johan Strydom, wat deur kennisse onthou word as ‘n boer wat baie goed vir sy plaaswerkers was. In ‘n vroeëre, dubbele Vrystaatse plaasmoord, is die bejaarde egpaar as filantrope beskryf.
‘n Redakteur van ‘n klein Afrikaanse koerant skryf in reaksie op ‘n nuusverklaring oor Strydom se moord dat sy onthou hoe ‘n voorval enkele jare gelede, toe ‘n sakeman ‘n swart man agter sy voertuig aangesleep het, tot internasionaal opslae gemaak het. Dat Strydom ook, volgens die getuienis op die toneel, skynbaar agter sy bakkie aangesleep is, het kwalik die nuus gehaal, laat staan nog opslae maak.
In Suid-Afrika is daar in verskeie kringe, ook die regering, ‘n ergerlikheid weens die groot klem wat op plaasmoorde geplaas word. Daar is egter verskeie redes waarom dit soveel aandag geniet.
Die internasionale moordkoers word op 5 per 100 000 per jaar geraam, met dié van Wes-Europa op een. Suid-Afrika se moordkoers is egter net minder as 50 per 100 000 per jaar, met onder meer die Mediese Navorsingsraad wat meen dit is aansienlik hoër. Formeel word die moordkoers onder bruin mans in die Wes-Kaap danksy bendebedrywighede op ongeveer 90 per 100 000 per jaar geraam wat as die hoogste moordkoers vir ‘n identifiseerbare groep in die wêreld beskou word.
Interpol beraam egter die moordkoers onder Suid-Afrikaanse boere op meer as 300 per 100 000 per jaar. Dit klink op die oog af of dit nie so baie kan wees nie, bloot omdat daar lank nie meer naastenby ‘n 100 000 kommersiële boere in Suid-Afrika is nie.
Nog ‘n rede waarom plaasmoorde soveel aandag trek, is die ontsettende wreedheid waarmee dit in baie gevalle gepleeg word. Van ‘n bejaarde se voetsole afskil om te wys waar ‘n nie-bestaande kluis is, tot die keel afsny van ‘n Belgiese burger. Met byna elke plaasmoord lyk dit of die aanvallers vrye teuels aan hul verbeelding gegee het om innoverende wreedheid op te dis.
Weens die onderlinge band van boere, die tipe self-aangewesenheid, die regering se onhulpvaardige reaksie (indien enige) in terme van veroordeling, die regering se gereelde beskuldigende vingerwysings na boere en ‘n verskeidenheid ander faktore, het dit verskeie sielkundiges al laat reageer dat hulle hier met iets anders te make het as die trauma wat gewoonlik op ‘n moord volg.
Sommiges beskryf dit as ‘n manifestasie van viktimonologie – ‘n trauma wat nie weggaan nie.
Selfs die huidige minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se aanvanklike belowende wegspring met die landbou het nou in die gebruiklike retoriek verval wat die bewindstydperk van Lawwe Lulu en Dirk du Toit gekenmerk het. Die omgewingsdruk in die ANC is skynbaar net te sterk om geykte persepsies blywend te verander.
Dit beteken nie dat enige ander moord minder veroordelingswaardig is nie. Of die boef nou ‘n veiligheidskompleks ingedring en iemand in die privaatheid van haar eie slaapkamer onteer en vermoor, en of dit ‘n dronknes-messtekery is, dit bly erger as die blote statistiek. Sokker-euforie te midde van hierdie syfers herinner aan ‘n dop teen depressie. Dit help vir die oomblik maar dit verdiep die depressie en neem nie die oorsaak weg nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Die fisiologie van plaasaanvalle en die reaksie daarop
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: