IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ADVOKAAT "BARBIE" BEGIN HAAR "FREE BOARD & LODGE."

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ADVOKAAT "BARBIE" BEGIN HAAR "FREE BOARD & LODGE."   Tue May 18, 2010 10:40 pm

Adv. Barbie ‘moet nou van haar perdjie klim'

...EN DAAR LOS HAAR ADVOKAAT-VRIENDJIE- DIRKIE- HAAR TOE NET- SO OM DIE APPEL TE HAP- EN HY SPRING DRAAD AMERIKA TOE. SEG EK ALTYD- DIE "REGS"- GEDOENTE IS 'N UITERS SKELM VLAK OM IN TE BEWEEG....KYK MAAR NOU-NET HOEVEEL VAN DIE SKELM-JANNIES WORD POLITICI!!

2010-05-17 23:44



Jeanne-Marié Versluis

Pretoria - “Dit bring ons aan die einde van ’n lang hofsage. Mag die toekoms vir u alles wat goed is inhou.”

Só het regter Piet van der Byl gisteroggend in die hooggeregshof in Pretoria aan Cézanne Visser (32), alombekend as adv. Barbie, gesê voordat sy na die vrouetronk in die stad geneem is.

Visser het vlugtig voor Van der Byl verskyn sodat hy ’n bevel kon maak dat haar besonderhede op die nasionale register van seksoortreders kom.

Visser was oënskynlik kalm. Sy het selfs in ’n stadium geglimlag toe sy met mense by die hof gepraat het.

Haar ma, mev. Susan Lemmer, het haar oudergewoonte bygestaan.

Visser, ’n oud-advokaat, is vroeër deur waarnemende regter Chris Eksteen (wat intussen afgetree het) skuldig bevind aan onsedelike dade met drie kinderhuismeisies en drie jong vroue.

Sy is op 11 van 14 aanklagte skuldig bevind en sewe jaar tronkstraf opgelê.

Twee appèlregters het verlede week haar aansoek om spesiale verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding afgewys.

Adv. André Fourie, wat gister gesê het hy was “ironies genoeg sewe jaar by die saak betrokke”, het die implikasies van Visser se besonderhede op dié register in die hof uitgestip.

Hy het gesê dit belet haar om in enige posisie aangestel te word waar sy gesag, toesig en sorg oor kinders het.

Geen werkgewer mag haar in so ’n pos aanstel nie.

Onder meer haar naam; dat sy werkloos is; haar adres in Pieringstraat, Rietvalleirand, Pretoria; haar oortredings (dat sy onder meer aan vyf aanklagte van onsedelike aanranding skuldig is); haar slagoffers se ouderdomme en haar sewe jaar tronkstraf kom op die register.

’n Stel vingerafdrukke moet saam met die hofbevel na die register gaan.

Terwyl Visser vir administratiewe doeleindes na die griffier geneem is voordat sy na die hofselle is, het haar ma en stiefpa, prof. Johann Lemmer, die hofgebou verlaat.

Mev. Lemmer het vinnig weggestap terwyl haar man die media te woord gestaan het.

Lemmer het driftig, terwyl sy stem wil breek, gesê dit is uiters onregverdig dat sy sewe jaar tronk toe gaan, “terwyl moordenaars agt jaar tronk toe gaan”.

“Dit sit ons terug na die Middeleeue van heksejag”.

Hy het gesê Visser se menseregte word geskend.

“Sy is nie ’n moordenaar of ’n verkragter nie. Sy het nie enige meisie (met iets) gepenetreer nie.”

Hy het gesê “die stelsel het haar geblok” en die “grootste probleem” is dat sy nie kon appelleer nie.

Fourie het gesê hy is verlig dat die “hofdrama” verby is. “Ek is baie bly dat ons (die staat se) vertroue in die uitspraak (van Eksteen) gerealiseer het. Ons was verseker dat dit (die skuldigbevinding en vonnis) die resultaat sou wees.”

Mnr. Golden Miles Bhudu van die Corrrections and Civil Rights Movement het by die hof met mev. Lemmer gepraat.

Hy het hierna aan die media gesê hy het mev. Lemmer raad gegee oor Visser.

“Ek het gesê wanneer sy (Visser) by die tronk kom, moet sy van haar perdjie afklim en nie haar gewig rondgooi nie, anders gaan dit probleme vir haar veroorsaak.”

Volgens Bhudu moet daar na die landswette gekyk word “sodat mense nie left, right and centre tronk toe gaan nie”.

Hy het gesê Visser moes eerder ’n rehabilitasieprogram buite die tronk gevolg het.

- Die Burger

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Adv-Barbie-moet-nou-van-haar-perdjie-klim-20100517
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
ADVOKAAT "BARBIE" BEGIN HAAR "FREE BOARD & LODGE."
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: