IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 VERMOORDE MEISIE SE "EX" VASGETREK NA HAAR GRUSAME MOORD.

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: VERMOORDE MEISIE SE "EX" VASGETREK NA HAAR GRUSAME MOORD.   Tue May 18, 2010 10:22 pm

Gewese kêrel vas ná moord en hande afsny van slagoffer
2010-05-17 23:47


Hilda Fourie

Pretoria - Anika Smit se ekskêrel, met wie sy glo drie dae voor haar dood uitgemaak het, is gisteroggend in verband met die moord op haar in hegtenis geneem.

Mnr. Nico Venter (21), met wie Anika (17) na bewering ’n maand lank in ’n verhouding was, sal môre in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn.

Venter was die laaste mens met wie Anika op daardie noodlottige Woensdag, sowat twee maande gelede, gepraat het.

Sy het deur die loop van dié dag vir iemand, wat sy glo geken het, die deur van haar ouerhuis in Theresapark in die noorde van Pretoria oopgemaak, waarna sy vermoor en haar hande afgesny is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder, het gister net bevestig dat ’n 21-jarige man vroegoggend by die Carousel-casino noord van Pretoria in hegtenis geneem is.

Hy wou nie verdere besonderhede bekend maak nie.

Die Burger het verneem Venter was nog in sy bed, glo saam met ’n vriendin van Anika, toe die polisie op hom in sy woonstel by dié casino toegeslaan het.

Venter is betrokke by die sekerheidsdienste van die casino.

Mev. Charlotte Eksteen (51), Anika se ma, was gisteroggend byna in trane toe Die Burger haar oor die inhegtenisneming ingelig het.

“Ek het hom (Venter) nooit ontmoet nie, maar Anika het my sowat twee weke voor haar dood gebel en gesê hulle het erg baklei en dat sy klaar is met hom. Sy het nooit gesê waaroor hulle baklei het nie,” het Eksteen gesê.

“Haar (Anika se) pa het vir my gesê dat hy (Venter) by die begrafnis was. Hy het nog in die kerk gesit en huil en haar pa ’n handdruk gegee.

“Ek kan dit nie glo nie. Ek het heeltyd gewonder wie dit aan my kind gedoen het.

“Ek is bitter, bitter dankbaar iemand is gevang.”

Sedert Anika se moord was Eksteen op sterk medikasie en ook in die hospitaal vir behandeling omdat sy nie Anika se dood kon verwerk nie.

Mnr. Johan Smit (54), wat die dag van sy dogter se moord op haar lyk afgekom het, het gesê Venter het vroeër by sy huis vir haar kom kuier. Volgens hom was hulle nie in ’n verhouding nie. Hy het gesê die inhegtenisneming kan net daartoe lei dat geregtigheid sal geskied, maar dat niks sy dogter sal terugbring nie.

- Die Burger

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Gewese-k%C3%AArel-vas-n%C3%A1-moord-en-hande-afsny-van-slagoffer-20100517
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: BAASSPEURDER NOU INGESPAN OOR ANIKA SE MOORDENAAR   Fri May 21, 2010 5:59 pm

MMMMMMM- HOEKOM IS PIET BEYLEVELD NIE INGESPAN OP EUGENE TERREBLANCHE SE MOORD NIE- DIS 'N HOE PROFIEL MOORD- MAAR NEE- TOE SIT HULLE DIE ONNOSEL KEESTROP VAN DIE AASVOELS....EK MEEN "VALKE" - DAARDIE ANC REGIME KANARIES- OP DIE SAAK.



Baasspeurder soek nou Anika se moordenaar
2010-05-21 08:35



Virginia Keppler

Pretoria – Brig. Piet Byleveld, internasionaal erkende baasspeurder, is Donderdag opdrag gegee om die ondersoek na die tergende raaisel rondom die Anika Smit-moordsaak oor te neem.

Byleveld, wat einde Junie die tuig as die land se topspeurder neerlê, het Donderdag by die Internasionale Polisie-assosiasie (IPA) in Pretoria gesê Gauteng se speurhoof het hom Donderdagoggend opdrag gegee om die ondersoek oor te neem.

“Ek weet nie of daar ’n probleem is met die ondersoek nie, maar ek gaan eers môre (vandag) die dossier onder oë kry.”

Anika (17) is in Maart in haar ouerhuis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor en haar hande is ná die moord afgekap. Haar vermeende moordenaar, Nico Venter, is vroeër in hegtenis geneem by die Carousel-casino waar hy werk, maar is Woensdag in die landdroshof in Pretoria-Noord op borgtog van R10000 vrygelaat.

Nóg ’n verdagte word in verband met dié grusame moord gesoek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het ook op ’n mes beslag gelê wat vir forensiese toetse gestuur is om vas te stel of dit in die moord gebruik is.

“Wat wel baie vreemd is, is dat die beskuldigde (Venter) op borgtog vrygelaat is. Bygesê, ek is nie hier om te kritiseer nie, maar dit is vreemd,” het Byleveld gesê nadat hy vereer is met twee eerbewyse vir sy speursuksesse.

“Die tyd sal leer. Hierdie is ook beslis vir my ’n nuwe uitdaging.”

- Volksblad


http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Baasspeurder-soek-nou-Anika-se-moordenaar-20100520


Laas bewerk deur KVB000000002 op Fri May 21, 2010 6:08 pm; altesaam $s keer bewerk.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: VERMOORDE MEISIE SE "EX" VASGETREK NA HAAR GRUSAME MOORD.   Fri May 21, 2010 6:06 pm

Moordenaar wat hande afkap "het hulp gehad"
2010-05-20 08:26




Mia Willemse en Hilda Fourie, Beeld

Nóg ’n verdagte word gesoek in verband met die moord op Anika Smit (17), wie se hande ná die moord op haar afgekap is.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het dit gisteraand bevestig.

Dit het bekend geword nadat mnr. Nico Venter (20), wat Maandagoggend in verband met haar moord aangekeer is, gister in die landdroshof in Pretoria-Noord op borgtog van R10 000 vrygelaat is.

Die staat het sy aansoek nie teengestaan nie.

’n Dreigement om Venter, Anika se gewese kêrel, aan te val, is blykbaar die rede waarom almal in die hof se openbare galery voor die verrigtinge deurgesoek is.

“Ek gaan sy keel afsny,” het ’n bejaarde man kort voor Venter se verskyning gesê.

Nadat die publiek uitgestuur, deurgesoek en weer toegelaat is, het Venter sy verskyning uit die selle gemaak om op aanklag van moord te verskyn.

Luidens ’n verklaring deur ao. Annerie Robinson, ondersoekbeampte, het “mense laat weet hulle gaan die beskuldigde leed aandoen”.

Die dreigement buite die hof het duidelik die gevoelens van verskeie gemeenskapslede wat daar saamgekom het, opgesom.

Venter het rustig in die beskuldigdebank gesit, gekleed in ’n pikswart pak, ’n swart hemp en swart das.

Sy familielede en vriende, gemeenskapslede gekleed in rooi en die media het die hof volgesit.

Minstens tien polisielede het in die hof gewaak.

Agter Venter het sy ouers, mnr. en mev. Nico en Ina Venter, en me. Narina Theunissen, Venter se vriendin, gesit.

Luidens Venter se beëdigde verklaring in sy borgtogaansoek, wat deur sy regsverteenwoordiger, adv. Johann Gaum, voorgelees is, is hy ’n projekbestuurder by die Carousel-casino waar hy in hegtenis geneem is.

“Hoewel ek van ’n geweldmisdaad aangekla is, sal ek niemand seermaak nie,” lui die verklaring.

“Ek het nog niemand geïntimideer nie en koester geen wrok teen iemand nie.”

Buite die hof het mnr. Johan Smit, Anika se pa, gesê hy mis sy kind baie en dat hy Venter nie wil sien nie.

“Ek ken die man en weet hoe hy lyk. Dit gaan nie ’n verskil aan my maak of ek hom sien of nie. Eintlik wou ek glad nie hier gewees het nie,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is duidelik dat mense moeg is vir misdaad.

“Dit is al oor en oor gesê, maar mense moet aanhou sê hulle is ontevrede oor die misdaadsituasie totdat iets gedoen word.”

Mnr. Dana Wannenburg, DA-raadslid in die Tshwane-metroraad, het buite die hof gesê nog iemand was by die moord betrokke.

“Daar is kinders by die skool (die Hoërskool Gerrit Maritz, waar Anika in gr. 11 was) wat weet wat met haar gebeur het. Dit is nou tyd om te praat.”

Sy bewering oor ’n tweede verdagte is gisteraand bevestig.

Wat Anika se moord so erg gemaak het, het Wannenburg gesê, is dat sy in haar ouerhuis in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor is.

Venter moet weer in September in die hof verskyn.

http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Moordenaar-wat-hande-afkap-het-hulp-gehad-20100520
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: VERMOORDE MEISIE SE "EX" VASGETREK NA HAAR GRUSAME MOORD.   Today at 10:25 am

Terug na bo Go down
 
VERMOORDE MEISIE SE "EX" VASGETREK NA HAAR GRUSAME MOORD.
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: