IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 GEWELD IN WES-KAAPSE SKOLE

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: GEWELD IN WES-KAAPSE SKOLE   Sun May 16, 2010 10:36 pm

Geweld tref skole
2010-05-15 17:00




Llewellyn Prince in Kaapstad


Sowat 139 Wes-Kaapse leerders is in 12 maande deur mede-leerders op die skoolterrein met skerp voorwerpe aangerand.
Dié skoksyfers is onlangs deur mnr. Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys, aan die provinsiale parlement bekend gemaak toe hy daaroor in die wetgewer uitgevra is. Die getal aanvalle het tussen Maart verlede en Maart vanjaar plaasgevind.

Die lot van talle kinder-aanvallers is egter nog onbekend aan die onderwysdepartement omdat hul sake “deur die polisie en howe hanteer is wat nie noodwendig die uitslae daarvan aan die department terugrapporteer nie”.

Die meeste van die voorvalle, sowat 51, is in die Sentraal-onderwysdistrik, wat voorstede soos Bonteheuwel, Athlone, Guguletu, Tuine en Rondebosch insluit, aangemeld. Die minste voorvalle, twee, is in die Weskusdistrik aangemeld.

Die WKOD wou ook nie bekend maak presies watter skole in watter gebiede die ergste onder dié soort geweld in die metropool deurgeloop het nie “omdat ons nie sulke inligting beskikbaar stel nie”.

Die departement sê wel dat daar 109 hoërisiko-skole in die provinsie geïdentifiseer is.

Mnr. Donald Grant, Wes-Kaapse minister van onderwys, sê: “Ons is bekommerd oor die geweld in ons skole en het daarom ’n zero tolerance -benadering aangeneem teenoor gewelddadige gedrag.

“Om dit te pak, het ons verlede jaar 109 van ons hoërisiko-skole voorsien van metaalverklikkers en daar met deursoek- en beslagleggingsoperasies begin.

“Ons het ook gedragsprogramme in plek, terwyl ons skole ook nou ‘gevaarlike voorwerp- en dwelmvry-sones’ is.

“Ons is vasbeslote om alles moontlik te doen om ons leerlinge te beskerm en om te verseker dat ons skole veilige leer-omgewings is.”

Me. Bronagh Casey, Grant se woordvoerder, sê die onderwysdepartement se Veilige Skole-program het ’n drieledige strategie ontwikkel om geweld in skole onder beheer te kry.

Dit sluit in:

* Fisieke veiligheidsmaatreëls by skole soos metaalverklikkers, deursoekings, veiligheidshekke, diefwering, alarmstelsels en patrollies deur gemeenskapsvrywilligers en gewapende reaksie-eenhede.

* Gedrags- en houdingsprogramme wat fokus op konflikbestuur, trauma-berading, gedragsaanpassings, menseregte, entrepreneursopleiding en sport- en kultuuraktiwiteite.

* Veranderinge in die algehele skoolstelsel rakende die inhoud en bedryf van skole.

Casey sê al 109 hoërisiko-skole in die Wes-Kaap is ook in September verlede jaar voorsien van twee metaalverklikkers wat rondgedra kan word om seker te maak dat geen wapens daar ingedra word nie, terwyl die polisie ook toestemming gegee is om deursoekings by skole te doen wat ’n sterk afskrikmiddel geword het.

Volgens haar het die Veilige Skole-projek ook ’n geïntegreerde skoolveiligheidsplan ontwikkel en bedryf dit ’n tolvrye inbelsentrum waar leerders klagte kan gaan indien óf om hulp vra.

Dié sentrum, wat by 0?0800 45 46 47 gebel kan word, verwys dan die betrokke leerders na maatskaplike werkers óf sielkundiges by skole, sowel as na eksterne diensverskaffers vir terapeutiese en sielkundige ingryping.

Die mees onlangse statistieke oor die getal leerders wat weens geweld uit Wes-Kaapse skole geskors is, is verlede jaar bekend gemaak toe me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, ’n vraag daaroor in die nasionale parlement beantwoord het. Volgens haar is daar tussen Januarie 2008 en Junie verlede jaar sowat 145 leerders uit Wes-Kaapse hoërskole geskors, in vergelyking met die 30 in Gauteng, wat die tweede meeste skorsings gehad het.

http://www.rapport.co.za/KaapRapport/Nuus/Geweld-tref-skole-20100515

Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
GEWELD IN WES-KAAPSE SKOLE
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Wes-Kaap :: Kletshoekie-
Spring na: