IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Regering doen dalk meer vir herverdeling

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Regering doen dalk meer vir herverdeling   Sun May 16, 2010 8:41 pm



Mei 16 2010 00:30 René Vollgraaff Druk hierdie artikel | Stuur artikel via
Johannesburg. - Die regering kry dalk te min krediet vir sy optrede om Suid-Afrikaners teen uiterste armoede te buffer.

’n Groepie navorsers het onlangs Suid-Afrika se Gini-koëffi­siënt, ’n manier om die ongelyke verdeling van inkomste te meet, ontleed en gevind dat ongelykheid in Suid-Afrika dalk nie heeltemal so skreiend is as wat gewoonlik berig word nie.


Dr. Jannie Rossouw, waarnemende sekretaris van die Reserwebank, en me. Adél Bosch, ’n assistent-ekonoom by die bank, het in hul persoonlike hoedanigheid saam met mnr. Tian Claassens, direkteur van die ingenieursgroep Bigen Africa, en dr. Bertie du Plessis, besturende direkteur van die konsultasiemaatskappy MindPilot, bevind dat Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt eerder 0,59 as die besonder hoë 0,7 behoort te wees.


Die groep het die Wêreldbank se metodologie, waarvolgens die Gini-koëffisiënt volgens Statistieke Suid-Afrika se 2005-’06-opname oor inkomste en besteding op 0,7 staan, as vertrekpunt gebruik.


As maatskaplike toelaes, waarby meer as 13 miljoen mense in die regering se laaste boekjaar baat gevind het, bygetel word, daal die Gini-koëffisiënt tot 0,65.


Die groep het toe randwaardes aan die gratis water, elektrisiteit en sanitasie wat mense kry, toegeken en die Gini-koëffisiënt het tot 0,61 gedaal. Ná ’n aanpassing in direkte persoonlike inkomstebelasting daal dit selfs verder tot 0,59.


“Dit impliseer dat die regering se herverdelingsinisiatiewe heelwat meer sukses behaal as wat op die oog af blyk,” lui die groep se navorsingsbevinding.


Claassens sê as raadgewende ingenieur sien hy daagliks hoeveel die regering bestee aan behuising en gratis dienste.


Die regering sal vanjaar sowat 3,5% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) aan maatskaplike toelaes en bystand bestee.


“Die publiek besef dikwels nie hoeveel die regering doen om absolute armoede te buffer nie,” sê hy.


“As die Gini-koëffisiënt 0,7 is, beteken dit die regering moet dringend meer doen.


“As dit egter nader aan 0,5 is, doen die regering dalk al genoeg.”


Du Plessis sê hulle ontken nie dat daar ontsaglik baie armoede en ongelykheid in Suid-Afrika is nie.


“Ons dink tog dat maatstawwe wat gewoonlik gebruik word, nie die volle prentjie wys nie.”


Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt word dikwels as die hoogste ter wêreld gerapporteer.


Rossouw sê verskille in die maatstawwe en kwaliteit van inligting maak dit moeilik om Suid-Afrika se Gini-koëffisiënt met dié van ander lande te vergelyk. Die beweging van die land se ­koëffisiënt moet liewer dopgehou word.


“Maar dit sal regtig interessant wees om ons metodologie op Bo­tswana, wat ’n model-Afrika-staat is en dalk ook Noorweë toe te pas,” sê hy.


“As ons dié data kan kry, sal ons ons bevinding met ander lande wil vergelyk,” sê Bosch.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: Regering doen dalk meer vir herverdeling   Sun May 16, 2010 8:44 pm

Ek wonder hou die regeering nou die groot bedra wat hy nog steeds in sy swart bemagting wil gooi om stilte te kry uit nie werkende mense.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Regering doen dalk meer vir herverdeling
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: