IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR   Sat May 15, 2010 10:30 pm

Satan se skaakspel gaan misluk!


Satan se skaakspel gaan misluk!

Postby die outeur on 14/05/2010 00:11:50
Ek steur my normaalweg nie aan kettingbriewe nie, maar die een hieronder bevat ‘n besonder treffende boodskap vir die Christusgelowiges van vandag. Veral vir ons wat hier in Suid-Afrika woon! Dit is aan my gestuur deur ‘n ou en gerespekteerde vriend met die naam Mornay Jansen van Bloemfontein - iemand wat die betekenis van die verhaal in Siener se visoene instinktief verstaan het toe hy daarmee kennis gemaak het in my eerste boek. Nou, een ding wat ek van Mornay Jansen kan sê is dat hy self baie versigtig vir kettingbriewe is. Hy het dan ook, anders as ander mense, nie gevra of geskimp dat ek die brief moet aanstuur nie, maar hy het dit bloot vir my aandag deurgestuur. Ek het aanvanklik nie veel aandag daaraan gegee nie, maar soos die dag aangestap het, het die brief loodswaar op my gemoed kom lê.

Die koppeling wat ek laat vanmiddag tussen hierdie kettingbrief en die visioenêre verhaal gevind het spreek vanself hieronder. Daar kom ‘n geweldige groot waarheid hierin na vore, en dit is dat God Almagtig nie net één plan vir die oorlewing van ons volk en ons gelowige vriende reg het nie, maar sommer ‘n hele paar wat agtermekaar in ons guns sal saamwerk. Ek glo, en dit met stewige grond onder my voete, dat die eerste skuif wat Hy gaan maak direk voor die deur lê. Dit is om die regering van die dag toe te laat om self in die gat te val wat hulle vir ons gegrawe het. En dit is nie asof Hy iets vreemds gaan doen nie - Hy gaan bloot niks doen nie, soos om te keer nie, sodat hulle dit aan hulself kan doen! Ons kan aanvaar dat die grootste gros mense in en rondom die regering van die dag die Boervolk wil uitmoor .... en ons gaan met die arms gevou staan en kyk hoe hulle dit aan mekaar doen! Die verskillende groeperinge onder hulle staan op die skerp kant van die punt om aanmekaar te spring. Moenie stres oor die jongste “ligte straf” wat mnr. Julius Malema van die ANC ontvang het nie, want dit is maar net deel van die finale skrif aan die muur vir die huidige regering! Ek het baie jare gelede, as Oupa Baard, al gesê én geskryf dat ons moet begin voorberei vir 'n post-ANC regeringstydperk. Ek is destyds uitgelag en selfs beledig daaroor, maar vandag word dit al baie wyd so aanvaar!

Hou moed, ons wat glo sál lewendig anderkant hierdie berg voor ons uitkom - die berg is nie regtig so hoog soos dit op hierdie stadium mag lyk nie! Hou moed, want ons Koning het reeds 'n plan gemaak vir ons om anderkant die berg te kom, en die roete wat ons moet volg om daar te kom word in Siener se visioene uitgespel .... vir hulle wat bereid is om die visioenêre getuienis voor ons te aanvaar, in elk geval! Ek is nie ‘n profeet soos Siener nie, maar ‘n mens hoef nie een te wees om die gang van die visioenêre verhaal te kan verstaan en tot eie voordeel uit te buit nie. Dit is per slot van sake waarom ons die verhaal vanaf God Almagtig ontvang het. Daar is ‘n klein groepie mense wat rééds verstaan dat Hy ons nie soseer óór die berg gaan lei nie, maar dat Hy in werklikheid die berg voor ons gaan gelykmaak. Maar dit gaan ongelukkig by die oorgrote meerderheid mense verby omdat hulle nie nóú wil hoor wat die Gees vir ons wil sê nie. Party is bloot te [polities] hardekop daarvoor, terwyl ander weer gewoon ongelowig is. Dit is heeltemal vermybaar, maar dit is die mense wat deur die smeltkroes sal moet gaan in ruil vir hul hardkoppige ongelowigheid van nóú!

En nee, ek praat nie hier van die vlugtog wat die Suidlanders se leierskap so ywerig aan die volk probeer verkoop nie! Dit maak nie saak hoe mooi hulle dit probeer bewoord en bewimpel nie, maar daardie poging is niks meer nie as 'n blindelingse weghardloop na 'n onnodige volksdood toe! Dit is juis hierdie mense wat deur die smeltkroes sal moet gaan omdat hulle ongelukkig so erg aan die ou, ou kwaal van blinde leiersaanbidding ly! Hulle weier om die Gees te glo en verkies om eerder alles wat hul [ver]leiers sê vir soetkoek op te eet. Ek kan dit nie duidelik en hard genoeg vir my volk stel nie: Moenie dáár gaan nie, u gáán verloor - u gaan u lewe weggooi, want u loop reguit in ‘n lokval in wat baie sorgvuldig teen ons beplan en opgestel is! Die Suidlanders se leiersgroep in sy geheel is nie noodwendig skuldig hieraan nie. Ek dink trouens hulle is bloot maar net heeltemal naïef, want hulle het toegelaat dat ‘n paar wolwe in skaapsklere hulle gebreinspoel het om summier te glo wat aan hulle in die naam van Siener opgedis word! Dit is alles goed en wel om ‘n vurige Boere-nasionalis te wees, maar as dit eers eenmaal jou sin vir balans verdring het en in werklikheid jou godsdiens geword het, het jy ‘n baie groot probleem ontwikkel! En die ergste van alles is dat hierdie mense intelligent en insigryk genoeg is, of dan minstens behoort te wees, om te kan verstaan hoe erg hulle aan die neus rondgelei word. Dat hulle dit nie kan insien nie is iets wat ek nie mooi kan kleinkry en verstaan nie, want dit sluit [na my mening] so direk aan by die vraag in die Bybel: Waarom wil julle dan verlore gaan, Israel? En ja, die werklik hartseer vir my is dat hierdie mense geen troos of verskoning vir hul besluite gaan vind nie. Twee van hul hoofleiers [veral] het my suksesvol aan die regse gemeenskap bemark as ‘n opperste liberalis en leuenaar, en die volgelinge het verkies om hulle onvoorwaardelik te glo. Hierdie mense is in alle liefde en met alle goeie bedoelinge van my kant af oor ‘n tydperk van by die sestien jaar gewaarsku teen die gevare wat voorlê, en hulle gaan maar net die seer daarvan alleen moet dra.

Dit is nog baie vroeg om regtig hieroor te kan praat, maar ek is tans besig om 'n studiestuk aanmekaar te sit wat die roete na veiligheid vir die verskillende groepe Boere landwyd sal aanspreek. Ek het reeds weer met die oorspronklik-bedoelde tweede boek begin, maar dit is weereens op presies manier verdring soos met die tweede boek, Wat kom ná Siener? Die omstandighede wat vir die mense in Noordwes sal geld sal byvoorbeeld nie dieselfde wees vir die mense wat in Beitbrug of in die Kaap woon nie, ensovoorts. Die leser sal dan beter verstaan waarom ek waarsku teen allerhande "planne" wat nie kan werk nie. Dit kan nie werk nie omdat dit op waninligting en wanpersepsies berus. Geen plan wat op verdraaiings, bedrog en duimsuigstories berus kán tog suksesvol wees nie! Veral nie as dit op skeefgetrekte en vervalsde profesie berus nie! Of het hulle werklik gedink die Koning gaan hulle onbepaald toelaat om so ongebreideld teen Sy Gees te laster? Die studiestuk wat ek beplan sal uit die aard van die saak gebaseer wees op die inligting in die visioenêre verhaal. Ek weet daar word in die dampkringe van die inligtingsgemeenskap, soos onder andere op AKSKA, gesê dat profesieë nie 'n goeie bron van inligting kan wees nie. Dit is egter 'n baie groot fout, veral wat Siener se visioene betref, want die verhaal wat die Gees daarin weggesteek het spel die toekoms baie duidelik uit - mits 'n mens bereid is om na die stil stem van die Gees te wil luister. Ek wonder of hierdie mense nie dalk hul basiese ongelowigheid in God Almagtig op hierdie ietwat verskuilde manier vir die wêreld én hulself probeer verbloem nie.

Ek het darem onlangs die plesier gehad om te sien dat die mense op AKSKA uiteindelik moes erken dat ek in een opsig korrek was. Ek het minstens tien jaar terug al begin sê, sonder dat ek oor enige kwalifikasies in “die verwerking van inligting” beskik, dat die verskillende faksies in die ANC-alliansie mekaar fisies gaan aanvat. Hulle aanvaar en erken nou dit is aan die kom, en ek glo hulle sal uiteindelik óók moet erken dat ek korrek was oor die ander dinge waaroor hulle nou [nog] vir my lag. Ek mag dalk verkeerd wees met my tydsberekening, maar ek glo ek is wel in die kol met wat nog moet gebeur voor die verhaal kan begin. Baie kortliks gestel is ek op rekord dat ek verwag dat die aanloop tot die visioenêre verhaal die volgende hoofpunte gaan oplewer:

(a) Ek verwag ‘n swart burgeroorlog baie binnekort, waarby El Kaeda op ‘n manier betrokke gaan wees. Niemand kan regtig sê hoe lank die huidige staatkundige gemors nog sal voortduur nie, maar ek twyfel of die ekonomie sterk genoeg is om dit vir nog veel langer te dra. Ek weet ook nie of die koppe in die regeringstrukture koel genoeg is om die oplaaiende interne politieke druk en hitte langer [suksevol] te kan hanteer nie. Ek mag dalk heeltemal verkeerd wees in my siening, en die kanse is sekerlik goed daarvoor, maar ek glo in hierdie verband dat die sokkertoernooi miskien nog sal begin, maar ek twyfel baie sterk of daar ‘n finale eindfluitjie in hierdie toernooi geblaas gaan word. Die verwagte swart burgeroorlog het meer as net 'n verwagting geword, en dit gaan veroorsaak dat die regering van binne af inmekaar val. En dit is maar net die begin van die “sports”!

(b) Groot Brittanje gaan twee groepe soldate na Suider-Afrika stuur as gevolg van die gevaar wat El Kaeda vir hul belange in Suider-Afrika inhou. Hulle sal dit moet doen, want hulle sal doodgaan van die honger as hulle hul inkomste uit Afrika moet verloor. Die direkte en oorweldigende invloed van die Konserwatiewe deel van die nuwe Britse koalisieregering maak hierdie soort optrede natuurlik baie moontlik. Dit is iets wat glad nie in lyn sou wees met die vorige Arbeidersregering se beleid nie, veral omdat hulle die Islam so goedgesind is nie.

(c) Ek glo die Britte gaan egter ook die een of ander biologiese wapen met hulle saambring wat [veral] op die swart genestelsel ingestel is. Dit gaan ‘n afgryslike vermindering in swart getalle meebring, wat iets verklaar waarna ek reeds in die eerste boek verwys het en waaroor ek baie gewonder het. Die verhaal ontbloot dat die swartmense geen aantoonbare rol in die visioenêre verhaal speel nie. Ek het maar eers later begin verstaan dat hulle nie kan nie omdat hulle geoormerk is vir uitwissing. Die visioen wat Siener hieroor beskryf het toon dan ook aan dat die regeringsboom in ‘n gat in die grond verdwyn, wat in werklikheid beeldspraak vir ‘n graf is.

(d) Die finale been van die aanloop sal bestaan uit die toekenning van twee Volkstate aan die Boervolk, dit wil sê letterlik die inwerkstelling van Klousule 7 van die Vrede van Vereeniging van 1902. Dit beteken, ‘n bietjie anders gestel, dat die twee Boererepublieke van die laat 1800’s weer herstel sal word, en dat dit die weg sal oopmaak vir die Britte en die verraaiers om te kan klaarmaak wat hulle tussen 1899 en 1902 nie kon regkry nie, en dit is die uitwissing van die Christusgelowige Boervolk. Van hulle kant af gesien moet ons uitgewis word, want ons is die simbool van Koning Jesus Christus se Koninkryk hier op aarde en Sy heerskappy daaroor. Hulle moet ons uithaal om met reg te kan sê dat hul god die koning van die wêreld is.

En nou die brief vanaf vriend Mornay Jansen van 13 Mei 2010 aan my:

Die Koning het nog ‘n skuif .....

Jare gelede, in die beroemde Louvre Museum in Parys was daar ‘n skildery met die titel “skaakmat”. Dit het die satan uitgebeeld wat smalend oor sy skaak-opponent uittroon, omdat hy sy opponent se siel gewen het. Die opponent word uitgebeeld as ‘n jong man, sy kop gebuig in vernedering – hy’s verslaan en verslae. Sy gesig is vertrek van pyn – en die satan lag oorwinnend. Daar’s ‘n paar stukkies oor op die skaakbord en die woord “skaakmat” staan oor die skildery geskryf.

‘n Ouerige man stap deur die Louvre en stop by die sataniese skaakspel. Doodstil staan hy vir lank die prent net en bekyk. Toe hy skielik lewe kry en begin uitroep: “dit is ‘n leuen, dit is ‘n leuen!”. Ander mense in die gallery het kom kyk wat aangaan. Wat is die leuen vra hulle terwyl hy aangaan om dit uit te roep. Die kurator van die museum daag op. “Meneer is hier ‘n probleem, kan ek help?”. Die man kyk die kurator in die oë en sȇ: “ek is die Franse skaakkampioen – ek sȇ vir jou dit is ‘n leuen!”. Die kurator was nog steeds verward – wat is ‘n leuen? Die man wys na die skaakbord en sȇ: “die skilder sal die skildery moet verander, of hy sal die titel moet verander. Kyk, die spel is nie oor nie, dit is ‘n leuen, dit is nie skaakmat nie, die KONING het nog ‘n skuif!”

- ‘n Klein seuntjie met 2 vissies en 5 brode en duisend mense. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif, en hulle tel 12 mandjies kos na die tyd op.

- ‘n man met die naam Daniël word gegooi in ‘n kuil vol honger leeus. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif oor!

- Jesus kom by die graf van Lasarus. Hy’s al 3 dae dood. Die graf ruik sleg. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif oor.

- Die vrou by die put, moet deur mans met klippe doodgegooi word. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif oor. “Gaan en moenie langer sondig nie!”

- Die moordenaars saam met Jesus aan die kruis. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif oor. “ Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees.”

- Op Goeie Vrydag word die Lam geslag. Die mense skreeu veroordelend – “ Kruisig Hom, kruisig Hom.” Hulle spot Hom en slaan Hom. Hulle spoeg Hom en kap Hom met spykers vas aan die kruis. Jesus skreeu met ‘n hortende asemteug en gebarste lippe dit uit: “ Eloi, Eloi lama sabagtani - my God, my God waarom het U my verlaat?” Eenkant staan mense en sȇ: “ ja ander kon Hy red, maar Homself kan Hy nie red nie”. Dit is verby, skaakmat, gaan maar huis toe – satan leun smalend oor die skouer van die mens, alles is verby, maar dan kom die opstanding Sondag en ek en jy weet. Dit lyk soos skaakmat, maar dit is ‘n leuen, want die KONING het nog ‘n skuif oor!

Die land is in ‘n gemors. Moorde vind orals plaas. Kinders word wreed verkrag. Mense verloor hul werke, huise, huwelike, lewens, self respek, waardes, morele, harte en verstand…jou lewe is ‘n gemors. Jy soek, jy klop, jy roep…jy huil, jy lag, jy raak kwaad….jy voel leeg. Jy voel verlore. Jy soek jou voetspore, maar vind verdwaalde paaie. Satan staan en lag. Dis verby. Sluk daai pil, trek die sneller, gee daai tree oor die rand…vrees is aan die orde van die dag. Vrees bepaal jou kom en jou gaan. Vrees jou lewe, vrees vir jou medemens, vrees vir jouself, vrees vir jou gedagtes, vrees vir jou omstandighede, vrees vir mȏre, vrees vir die herinnering van gister, vrees vir die omstandighede van vandag. VREES…. Maar vandag wil ek vir jou sȇ, die spel is nie oor nie!!!

DIE KONING HET NOG ‘N SKUIF OOR !!!!!!!!



Baie seën vir u,

Frik Pretorius.
http://www.sienervanrensburg.co.za
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000021107



Aantal posstukke : 19
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR   Sun May 16, 2010 6:57 pm

Daar is 'n verskil tusen 'n mens wat 'n boek lees en verstaan wat HY verstaan, as wat jy 'n geestelike boek lees en verstaan wat die Heilige Gees aan die mense se!!! As God die Vader nie gister, vandag, more en elke dag dieselfde was nie, sou ons nie nodig gehad het om ons te bekommer oor ENIGE IETS nie, maar omdat dit die MENSE is wat elke keer hulle sienings omtrent die geestelike dinge verander, kan 'n mens nie op ongeredde siele se sienings staatmaak nie. ONS kyk nie teen Oom Siener van Rensburg vas nie. ONS, DIE EENVOUDIGE MAN IN DIE STRAAT, sien die Heilige Gees deur Oom Siener praat en besig om die volk te waarsku.Ons sien 'n Heilige Gees Vervulde man van God wat baie trane vir sy volk gestort het. Ons sien dat die Heilige gees ons waarsku om soos Jesus Christus te word en dat ons JESUS Christus se voorbeeld moet volg soos Oom siener dit gedoen het met behulp van God die Vader se Heilige Gees. As jy nog nie DAAR WAS waar jy IN DIE GEES, EN NIE JOU LIGGAAM NIE,,,gebid het in tale of gewone taal, maar in die gees, dan weet jy NIE WAT DIT BETEKEN om in DIE GEES TE BID OF TE ONTVANG nie. Ek wil net 'n paar vrae vra; 1)Hoekom het God ons Vader, die Israeliete uit Egipteland laat uittrek? --Sodat HY EN HY ALLEEN VIR HULLE "N GOD KAN WEES.!! 2)Hoekom het God vir SODOM e GEMORRA vernietig, NADAT HY vir Lot en sy vrou beveel het om te vlug?, WAT het met Lot se vrou gebeur as gevolg van ongehoorsaamheid?-- Sy het in 'n SOUTPILAAR VERANDER!!!3) HOEKOM het God vir Noag gese om 'n ark te bou en wat was die ONGELOWIGE MENSE SE REAKSIES DAAROP?? SONDE!!! En wat het met hulle gebeur nadat die Ark se deure toegemaak is????? Daar is 'n rede hoekom die Vader ons uit die stede wil he, daar is 'n rede hoekom Vader ons onder die heidene met al hulle pornografie, drank, rokery, dwelms gruwelike vermengings(PIENK-STEDE)ens., wil uit he.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR   Sun May 16, 2010 7:19 pm

KVB000021107 skryf:
Daar is 'n verskil tusen 'n mens wat 'n boek lees en verstaan wat HY verstaan, as wat jy 'n geestelike boek lees en verstaan wat die Heilige Gees aan die mense se!!! As God die Vader nie gister, vandag, more en elke dag dieselfde was nie, sou ons nie nodig gehad het om ons te bekommer oor ENIGE IETS nie, maar omdat dit die MENSE is wat elke keer hulle sienings omtrent die geestelike dinge verander, kan 'n mens nie op ongeredde siele se sienings staatmaak nie. ONS kyk nie teen Oom Siener van Rensburg vas nie. ONS, DIE EENVOUDIGE MAN IN DIE STRAAT, sien die Heilige Gees deur Oom Siener praat en besig om die volk te waarsku.Ons sien 'n Heilige Gees Vervulde man van God wat baie trane vir sy volk gestort het. Ons sien dat die Heilige gees ons waarsku om soos Jesus Christus te word en dat ons JESUS Christus se voorbeeld moet volg soos Oom siener dit gedoen het met behulp van God die Vader se Heilige Gees. As jy nog nie DAAR WAS waar jy IN DIE GEES, EN NIE JOU LIGGAAM NIE,,,gebid het in tale of gewone taal, maar in die gees, dan weet jy NIE WAT DIT BETEKEN om in DIE GEES TE BID OF TE ONTVANG nie. Ek wil net 'n paar vrae vra; 1)Hoekom het God ons Vader, die Israeliete uit Egipteland laat uittrek? --Sodat HY EN HY ALLEEN VIR HULLE "N GOD KAN WEES.!! 2)Hoekom het God vir SODOM e GEMORRA vernietig, NADAT HY vir Lot en sy vrou beveel het om te vlug?, WAT het met Lot se vrou gebeur as gevolg van ongehoorsaamheid?-- Sy het in 'n SOUTPILAAR VERANDER!!!3) HOEKOM het God vir Noag gese om 'n ark te bou en wat was die ONGELOWIGE MENSE SE REAKSIES DAAROP?? SONDE!!! En wat het met hulle gebeur nadat die Ark se deure toegemaak is????? Daar is 'n rede hoekom die Vader ons uit die stede wil he, daar is 'n rede hoekom Vader ons onder die heidene met al hulle pornografie, drank, rokery, dwelms gruwelike vermengings(PIENK-STEDE)ens., wil uit he.


Ek sekondeer 1000% wat jy hier se 21107! Die probleem is juis dat die Boerevolk SO ingetrek geraak het in die duiwelse sisteem van stedelike verval- dat dit al 'n lewenswyse geword het waarvan hulle steeds kan- maar nie WIL wegbreek nie. Die Satan het die Volk alreeds SO in sy web ingespin- dat hulle nie meer die lus het om weg te breek van die sondige sedes en gewoontes wat hulle in die stede aangeleer het nie. Om die rede is hulle nie meer 'n suiwer Volk nie- maar deurspek met allerande sondige nature wat hulle van God skei. Hulle is so diep betrokke- dat hulle die siektes al begin geniet het- en nie alleen doen hulle dit nie- maar gee ook hulle goedkeuring aan die wat dit voorse en ook doen.

Om die rede gaan God ook - soos met Moses se tyd en Noag- die Volk vernietig vioor Sy aangesig- behalwe as die Volk tot besinning en bekering kom- en voor Sy aangesig verootmoedig- maar dan gaan die Volk ook moet verstaan- hulle GAAN gestraf word vir hulle dwalinge. God laat geen sonde- hoe klein of groot- ongestraf nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR   Sun May 16, 2010 7:43 pm

Stem ten volle saam van daar dat ek altyd se dat ons werk is ons mense wakker te maak en nie ons self met die tyd te bekommerd nie.

Die bloed sal aan die se hande wees wat nie geluister het nie en ongelukkig sal hulle altyd daar wees. Hier is die Bybel vol van getuienisse.

Maar ons mag ook nie opgee tot die tyd aangebreuk het nie. Ons moet ons alles gee om hierdie mense wakker te maak want ons sal wel aan ons dade gemeet word.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR   Today at 8:21 pm

Terug na bo Go down
 
DIE KONING HET NOG EEN SKUIF OOR
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: