IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 'Oom maak my seer'

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: 'Oom maak my seer'   Sun Feb 14, 2010 1:19 pm

'Oom maak my seer'
2010-02-12 23:51
Artikelopsies
‘As jy jou ma vertel, gaan God jou straf.”

So is ’n meisie (4) glo deur haar maatjie se ma gedreig nadat ’n middeljarige man die kinders seksueel gemolesteer het in ’n veiligheidskompleks in Centurion.

Die meisie se ma het gister gesê haar kind moes haar bloedbesmeerde broekie ná die beweerde molestering self was voordat sy toegelaat is om terug huis toe te gaan.

Die vrou het gister troosteloos gehuil toe sy vertel het dat die seksuele molestering glo voor Kersfees al begin het.

Die vermeende molesteerder, die meisie en haar sesjarige maatjie en ’n derde kind wat glo ook gemolesteer is, woon almal in dieselfde kompleks.

Die vrou het gesê sy het eers bewus geraak van wat gebeur het toe haar kind gekla het oor pyn en gevra het hoekom die oom wat haar seergemaak het nog in die kompleks bly.

“Toe ek haar uitvra, het sy my vertel wat die oom by haar maatjie se huis aan hulle doen. My kind se maatjie se ma het die man betrap kort nadat hy die kinders en nóg ’n maatjie gemolesteer het.

“Sy het gesien die kinders bloei en het die ander meisie se ma geroep. Hulle het my kind haar eie broekie laat was. Hulle het ook vir my kind gesê as sy haar ma sê, gaan God haar straf. Ek is ’n wrak en is so kwaad.”

Volgens die vrou het haar dogter se maatjie (6) haar ook vertel dat die “ old pig” dit “al baie keer” aan hulle gedoen het.

“My kind praat van goed waarvan sy nooit sou geweet het as sy dit nie gesien het of as dit nie gebeur het nie.”

Die vrou het gesê toe sy die twee vroue vra hoekom hulle nie onmiddellik opgetree het toe hulle bewus geraak het van die molestering nie, het hulle ontken dat hulle iets weet, maar een van die vroue het haarself glo weerspreek.

Die vrou en haar dogtertjie het gisteroggend tot 02:00 by die Lyttelton-polisiekantoor gesit waar die polisie ’n verklaring oor die beweerde voorval afgeneem het.

“My dogtertjie gaan weet haar ma sal alles doen en nooit ophou totdat die siek man weggebêre is en hy nooit enige ander kinders sal kan seermaak nie.”

Sy het gesê haar dogtertjie is erg getraumatiseerd. Sy gooi goed rond en tree anders as gewoonlik op.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van onsedelike aanranding.

http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0af4b40fdc19469ab7bafaa11fa624c9/12-02-2010-11-51/Oom_maak_my_seer

Wat is jou opinie omtrent hoe siek die psige van die mens geword het? Haat jy die sonde of haat jy die persoon?
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
'Oom maak my seer'
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Vroue Harte Klets-
Spring na: