IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 8 kort ná mekaar beroof

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021126
Admin


Aantal posstukke : 116
Join date : 2010-04-08

PosOnderwerp: 8 kort ná mekaar beroof   Mon May 10, 2010 11:21 pm

8 kort ná mekaar beroof
2010-05-09 21:30

Vyf fiets- en drie motorfietsryers is eergisteroggend kort ná mekaar op dieselfde plek by Pretoria oorval en van hul selfone, geld en fietse beroof.

Twee gewapende rowers wat in die lang gras langs ’n grondpad in Hoekplaats, suidwes van die stad, geskuil het, het die agt mans van hul vervoermiddels gedwing en hulle met draad vasgebind.

Mnr. Deon Cilliers (39) van Lonehill in Johannesburg, wat saam met vier ander fietsryers van die Cycle Lab-fietsryklub oorval is, het gister gesê die rowers was baie kalm en doelgerig.

“Ons was op ’n oefenrit en het oudergewoonte dié steil bult aangedurf omdat dit goeie oefening is,” het Cilliers gesê.

Op pad boontoe het drie motorfietsryers hom verbygesteek.

“Naby die bokant van die bult hetek een van die motorfietsryers op sy maag op die grond sien lê. Net daarna het ’n gewapende rower in die pad gespring en ’n silwer rewolwer op my en my vriend gerig.

“Die rower het gesê ons moet stil wees en kalm bly. Hy en nog ’n rower het ons langs die drie motorfietsryers op ons mae laat lê en ons hande styf agter ons rûe vasgebind.

“Drie minute later het hulle die volgende fietsryer en ’n minuut later die laaste twee fietsryers ook oorrompel.”

Die rowers het hul selfone afgeneem.

“Een van die fietsryers se regterhand is klein en half gebreklik en daarom kon hy homself en toe vir ons loswikkel.”

Die motorfietsryers, wie se motorfietse deur die rowers agtergelaat is, het die fietsryers opgelaai en ’n polisievoertuig voorgekeer.

Die fietsryers wie se name Cilliers ken, is mnre. Simon Murray en Greg en Michael von Holtz.

“Ons hoor elke liewe naweek van nog ’n fietskaping; dit moet stopgesit word,” het hy gesê.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gesê die waarde van die gesteelde goed, insluitend die vyf fietse, beloop sowat R200 000.

Mnr. André Snyman, hoof van eblockwatch, ’n nasionale selfoonnetwerk teen misdaad, het gesê eblockwatch is besig om ’n nasionale hulplyn vir fietsryers te stig.

“Ons het die laaste tyd agtergekom al hoe meer fietsryers word gekaap en het besluit om ’n nasionale ondersteuningstelsel vir fietsryers op die been te bring.

Fietse het geen opsporingstoestelle in soos baie motors nie en dit is baie makliker om ’n gesteelde fiets te verkoop,” het Snyman gesê.

“Van die fietse kos tot R65 000, dus is dit ‘vinnige geld’ vir die misdadigers.

“Dit is ook baie makliker om ’n fiets weg te steek of daarmee weg te kom as ’n motor.”

Snyman het gesê eblockwatch gaan sy fietsryer-lede van ’n paniek-reaksiediens op hul selfone voorsien en sal voortaan op Saterdae veiligheidsmaatskappye kry om te help om gewilde fietsroetes in Gauteng te beveilig.

Huma vra enigeen met inligting om die Erasmia-polisie te bel by 012 370 1777.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuu...eroof-20100509
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://www.bibleuncovered.co.za
 
8 kort ná mekaar beroof
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: