IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE GOD- DIE BOER- DIE AANSLAG

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE GOD- DIE BOER- DIE AANSLAG   Mon May 10, 2010 10:17 pm

God-die Boer- Die Geloof-die Aanslag
Uitverkose Volk...Genadevolk...Gehardevolk...Bittereinder Volk...Vegter Volk....Godsvresende Volk....Gedienstige Volk....Gelofte Volk....Oorwinnende Volk.

Bevreesde Volk...Bang Volk...Verstrooide Volk...Kruipende Volk...Dwarstrekkerige Volk.....Afgodediens Volk....Mumurerende Volk....Gekastyde Volk...Onderdrukte Volk....Vlugtende Volk.


Waarna kyk ons? Is dit dalk 'n prentjie geskets uit Eksodus? Is dit 'n scenario uit Daniel...of dalk Jesaja...nee- miskien uit Jeremia? Ongelukkig is dit nie uit een van die hoofstukke geneem nie. Eintlik...ja eintlik is dit 'n scenario uit Suid-Afrika. Eintlik is dit 'n scenario uit die geskiedenis van die Boer.

Die eerste gedeelte- nes die Israeliete- 'n Gehoorsame Volk. Die tweede...nes die Israeliete...'n Afvallige Volk.

Sommige van ons- die meeste amper- soos in die Woord- lees ook nie verder- en sien daar is 'n DERDE deel ook nie: BEVRYDE VOLK.

Al wat ek op die forum lees..poste na poste.....is VREES. Vrees en onsekerheid. Vrees vir die komende aanslag. Vrees en onsekerheid vir die dag van more. Vrees vir die nag wat moet kom. Vrees en onsekerheid vir die toekoms. Vrees vir die gegrom van die verdrukker. Vrees vir die Satan se gebrul.Vrees en onseker vir ons eie self.

Wat is die doel dan om ons te beroep op God's Woord? Wat is die doel dan om ons te beroep daarop dat ons "God se volk" is? Wat is die nodigheid om elke dag op ons kniee te gaan en te bid vir redding?

Ons as volk roem daarop dat ons Sy verbondsvolk hier in die Suidland is...maar tog glo ons nie aan Sy wonderwerke en Sy liefde nie. Tog glo ons nie aan wat ons in Psalms lees waar Dawid se: "Al val 'n duisend aan my linkerhand- en Tienduisend aan my regterhand- ek sal nie bevrees wees nie- want U is met my..."

Ons glo aan die denke dat ons Sy Naam aanroep- en Hy verhoor ons gebede...maar ons twyfel aan wat Dawid ook in Psalm 23 gese het-" Al gaan ek in 'n dal van doodskaduwee- ek is nie bevrees nie- U stok en U staf is met my..."



Is dit werklik hoe ons volk moet reageer in 'n tyd wat ons geloof in God getoets word? Was dit te maklik in tye van oorvloed en genadegawes om seepglad die stukkies te kan lees- en te kan bid? Begin ons nou- waar ons die toets van ons belofte aan Hom moet bewys- te wankel en bevrees en onseker voel. Indien so- was ons al die jare lou volgelinge van Hom....en verdien ons om uitgespuug te raak. Is jy nie besig om nou dan 'n moordkuil van jou hart te maak nie? Gaan jy Hom ook soos 'n Judas verraai as die vyand na jou toe aankom? Gaan jy ook jou volk verraai as die verdrukker na jou toe aanstorm?

Indien ons ernstig was met ons belofte- moet ons NOU opstaan om getel te word. God soek manne en vroue op perde....God soek nie 'n klomp nat waslappe op besemstokke nie. Ten minste was die manne en vroue in die Bybel manne en vroue van inbors....manne en vroue wat op gereken kan word. So ook was ons Voortrekker voor-ouers manne en vroue wat sy-aan-sy gestaan het teen die oormagte....manne en vroue wat op gereken kan word. Ons beroem onsself op ons helde van wel-eer....maar wat van die helde binne-in ons eie ek? Waar is hulle? Was daar net helde in die verlede? Kan vergete spoke uit ons verlede ons kom red? Is dit nie tyd dat die helde van die lewende ook hulle deel doen nie? God is tog 'n God van LEWENDES- nie dooies nie. God kan Sy wonderwerke deur LEWENDE ambassadeurs openbaar...nie deur dooies nie.

Die vraag wat ons onsself moet afvra is: " Kan ons op gereken word? Hoeveel is ek bereid om vir God op te offer- en hoeveel is ek regtig bereid om vir my volk op te offer? Gaan ons nageslag ook dieselfde odes aan ons kan toedig as wat ons aan die manne en vroue van ouds en ons voor-ouers toedig?" As jou antwoord opreg positief op beide die vrae is....waarom al die vrese en onsekerheid op die forums? Dit klink amper soos 'n spul senuagtige brakkies - gereed om te gaan le, stert tussen die bene-en papnat gemaak van vrees en onderdanigheid.

Nee my volk- as dit is hoe julle voel en reageer...en die laksman was nog nie eers by JOU deur nie- weet ek nie wat gaan julle doen as die aanslag in VOLLE begin nie....dan maak julle seker MEKAAR nat!

Staan op uit die as uit. Staan op manne en vroue wat julself "Boerevolk" noem- en begin die eer wat julle julself toeken- aanvaar- en uit lewe. Staan op en kleim jou nasie en jou land vir God. Staan op en maak gereed vir die aanslag met dapperheid en 'n sterk gemoed- want God sal aan jou sy veg- soos met jou voorvaders by Bloedrivier. Gaan op jou kniee- en verootmoedig jou voor God soos jou vaders by Bloedrivier- en jy sal 'n handjievol wees wat 'n oormag gaan tem- soos jou voorvaders by Bloedrivier. Julle is tog die "uitverkore" volk....dan nie? God het nie almal gekies nie- Hy het juis 'n sekere volk gekies..daarom is dit 'n "uitverkore" volk- en hulle is JUIS gekies om 'n sekere TAAK te gaan verrig. Iemand word nie net gekies vir geen spesiale opdragte nie. Jy word juis gekies omdat iemand jou vertrou en op jou reken. Is ons regtig daardie volk? Kan God regtig op ONS vertrou? God dink so- anders het hy nie die Boerevolk uitverkies nie. Indien dan so...waar is die volk? Hoekom kruip hulle agter vrees en onsekerheid weg?

Los julle vrees. God is nie 'n God van vrees nie. Los julle onsekerheid- God is nie 'n God van onsekerheid nie. Los julle verskille. God is nie 'n God van tweedrag nie. Kry dissipline onder julleslf- God is nie 'n God van wanorde nie. Plaas julle volle vertroue in God- God is nie 'n God wat lieg nie.

Staan op man, vrou en kind van die Allerhoogste- staan op en maak julle rugge reguit- en verenig onder Sy vaandel. Staan op en maak gereed om die aanslag soos 'n dapper volk aan te pak- en die visie om oorwinnaars vir geregtigheid en vir jou volk te wees. Staan op en wees gereed om jou hoogste offer aan jou God en jou volk te gee. Josua het gese "Ek soek manne.." Het ons volk vandag almal te sag en papbroekig geword van die vette van die lewe dat ons nie meer opoffering en swaarkry ken nie? Het die woorde "dapperheid"'en " geloof" as 'n mite in die newels van die vergetelheid saam met Dawid, Joshua, Die Voortrekkers en die De La Rey verdwyn?

Gideon het die leerskare van die Filistyne aangevat net slegs 300 man,- maar 300 man wat die harte van leeus gehad het. 300 Man wat nie 'n duit teruggedeins het vir die oormag nie, 300 Man wat nie gaan le het vir die reuse teen hulle nie. 300 Man wat bereid was om vir hulle God en hulle nasie te veg.

Dawid was nie bevrees vir die Goliat in sy lewe nie. Dawid was nie bang vir die grootte van sy teestander nie. Dawid was bereid om sy lewe te offer vir sy volk. Dawid was vol geloof in sy God om die stryd vir hom te stry. Dawid het nie vir 'n leier gewag om hom te lei nie. Dawid het sy reuse taak met een klippie van geloof oorwin.

Is dit nie tyd dat ek en jy ook ons Filistyn aanvat met geloof nie? Is dit nie tyd dat elke man,vrou en kind beweeg na die laer van 300 toe nie? Is dit nie tyd dat ons die geloof in God plaas- en ons eie Goliat aandurf- ongeag die grootte en oorweldigende postuur nie? Is dit nie tyd dat ons die klippie van geloof nou optel nie?

Volk- Los julle vrees. Los julle onsekerheid.Hou op wag op 'n leier. God is reeds daar om julle te lei. Maak julself gereed- en gaan die aanslag wat geloods gaan word- met geloof en 'n dapper hart tegemoet- vir jou God, jou volk- en jou kinders. Vertrou op God om die wonderwerk te verrig. Begin mekaar bemoedig- eerder as ontmoedig. Begin mekaar ondersteun- eerder as tweedrag saai. Begin julself omgord met die gordels van geloof, die harnasse van regverdigheid- en die swaard van geregtigheid.Begin nou verenig as 'n verbondsvolk van God- en gaan stry die stryd as oorwinnaars in Christus Jesus. Die smeltkroes le voor- en julle GAAN deur dit kom- as die volk verootmoedig- en die aanslag soos 300 dapper stryders aanpak met die geloof van leeus in hulle harte.

Indien jy steeds die aanslag en die dood vrees...is jou hart en jou saak met jou God en jou volk nog nie reg nie. Sal jy vir jou volk en jou God sterf? Indien nie- is jy nie gereed om oorwinning te verkry nie...en nog nie gereed om jouself as inherente en intergrerende deel van Sy uitverkore volk te kan beroep nie.

Ons het so baie dapper manne en vroue in ons volk- maar hulle word so baie onderdruk deur mense wat net sade van vrees en onsekerheid saai. God is nie 'n God wat sy volk sal verlaat wanneer hulle in nood is en Hom aanroep nie. Deur te vrees- bewys jy JUIS dat jou anker nie in God bevestig is nie. Net Satan regeer met vrees. Breek jou kettings van vrees nou- en word 'n vry mens om jou taak wat voorle- met dapperheid te kan verrig. Jou volk het nou 'n dapper nugtere voorbeeld nodig- nie 'n mismaakte papbroek nie. Hulle soek 'n Dawid wat heel voor gaan staan as skans tussen die vyand en sy volk...nie 'n Saul wat in die grot gaan wegkruip agter sy volk- en in sy eie swaard val nie. Wie is jy...'n Dawid....of 'n Saul. Net jy sal weet. God en jou volk se vandag weer-eens soos Josua van ouds: "Ek soek manne en vroue..."
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE GOD- DIE BOER- DIE AANSLAG
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: