IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 PENSIONARIS WREED DEUR SWARTES VERMOOR

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: PENSIONARIS WREED DEUR SWARTES VERMOOR   Wed May 05, 2010 7:23 pm

n Pensioenaris wat Sondag laas gesien is toe hy kerk toe is, is eergisteraand vermoor in sy huis in Booysens, Pretoria, gevind.

Niks word uit mnr. Frank Freitas (59), ’n Portugese burger, se huis op die hoek van Theo Slabbertweg en Spruytstraat vermis nie.

“Geen mens verdien wat met my pa gebeur het nie,” het mnr. Ricardo Freitas (34) gister gesê terwyl die trane oor sy wange geloop het. Hy is sy pa se enigste kind.

“Dit is hartverskeurend dat hy op só ’n manier dood is. Dit waardeur hy (voor sy dood) moes gegaan het, moes verskriklik gewees het.”

Freitas se tante het hom eergisteraand omstreeks 20:00 gebel en oor sy pa se moord ingelig.

Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het gister gesê Freitas se bure het hom laas gesien toe hy Sondagoggend kerk toe is.

Die bure het Sondagaand omstreeks 19:00 onraad vermoed nadat hulle gesien het sy hekke staan oop.

Toe die hekke eergisteraand nog net so oopgestaan het, het hulle die polisie gebel.

Volgens Huma was die kombuisdeur ook oop en was daar geen teken van inbraak nie. Die polisie het Freitas se lyk in die gang gekry. S

y hande was vasgebind, sy mond toegebind en hy het ernstige kopbeserings gehad. Hy is vermoedelik erg aangerand.

Geen wapen is op die toneel gevind nie.

Volgens Freitas jr. is niks uit sy pa se huis, wat deur die moordenaar(s) omgekeer is, weg nie.

“Toe my tante my sê, kon ek dit nie glo nie. Dit het soos ’n nagmerrie gevoel. ’n Mens weet nie wat om te doen nie.

“My pa was ’n stil en skaam mens. Hy was nie aggressief nie en sou nie terugbaklei het nie.”

Freitas het Donderdag laas met sy pa gepraat. Hulle het oudergewoonte oor die sokker en sy pa se gunsteling-span, Benfic, wat in die Portugese sokkerliga speel, gesels.

Hulle sou tydens WB 2010, wat aanstaande maand begin, saam na ’n wedstryd gaan kyk het. “Ons het altyd oor die vorige aand se sokker gesels en oor ander ditjies en datjies.

“Wanneer ons klaar gepraat het, het hy altyd gesê: ‘God bless’.”

Huma het gesê niemand is nog gearresteer nie. Die motief vir die moord is ook nog onbekend.

Sy het gevra dat enigiemand met inligting die Hercules-polisiekantoor by 012 377 4100 bel

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Geen-mens-verdien-om-s%C3%B3-te-sterf-nie-20100504



Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
PENSIONARIS WREED DEUR SWARTES VERMOOR
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: