IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE "AMPERSE " VERLOORSLAG VAN CASSINGA 1979

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE "AMPERSE " VERLOORSLAG VAN CASSINGA 1979   Sun May 02, 2010 1:22 pm

Broedertwis oor Cassinga
2010-05-01 12:34



Izak Malherbe

Daar is min episodes in die geskiedenis van die Namibiese grensoorlog wat soveel emosies opwek soos die Suid-Afrikaanse Weermag se aanval op die Swapo-basis by Cassinga.

Die aanval op 4 Mei 1979 – Dinsdag presies 32 jaar gelede – het deur die jare ’n sentrale tema geword in die propaganda- oorlog tussen Suid-Afrika en Swapo met beskuldigings dat honderde onskuldige burgerlikes in Cassinga gesterf het.

Dit is nie net vyande of voormalige vyande wat oor Cassinga stry nie. Ook in eie geledere is Cassinga rede tot onmin en broedertwis wat jare reeds onder die oppervlak smeul.


Die twee hoofkarakters in dié drama is twee van die land se mees ervare soldate – die legendariese kol. Jan Breytenbach en genl.maj. (destyds brigadier) Martiens du Plessis. Die strydpunt: Wie van hulle was op die dag van die aanval in bevel?

Die eerste tekens van die onverkwiklikheid het sewe jaar gelede na vore gekom in ’n meestersgraad-verhandeling oor die Cassinga-aanval wat die valskermsoldaat genl.maj. McGill Alexander aan die Universiteit van Suid-Afrika voltooi het.

Hierin verwys Alexander na Du Plessis se aanspraak dat hy – en nie Breytenbach nie – tydens die aanval in bevel van die valskermsoldate was.

Nadat Du Plessis sy aanspraak ’n paar jaar later herhaal het, het Breytenbach sy saak in 2008 gestel in sy boek Eagle Strike!, wat oor die aanval op Cassinga handel.

Toe ek Breytenbach in Mei verlede jaar op ’n 4x4-toer na Cassinga vergesel het, het hy hom wéér sterk oor Du Plessis se aantygings uitgelaat.


Suid-Afrikaanse veterane van die Hemelvaartdag-aanval op Cassinga vier steeds die dag as ’n skouspelagtige militêre sukses. Van die 370 valskermsoldate wat aan die aanval deelgeneem het, is net vier dood en 11 gewond. Aan Swapo se kant het meer as 600 gesneuwel en sowat 400 is gewond.

In die daaropvolgende propaganda-oorlog het die Suid-Afrikaners egter sleg daarvan afgekom. Die aanval is wêreldwyd – ook deur die Verenigde Nasies – veroordeel nadat Swapo aangevoer het Cassinga was nie ’n militêre basis nie, maar ’n vlugtelingkamp vir Namibiërs. Volgens Swapo het weerlose vroue en kinders die oorgrote meerderheid van die dooies en gewondes uitgemaak.

Suid-Afrikaanse soldate hou egter vol dit was ’n militêre basis wat verbete deur goed opgeleide en dapper Swapo-vegters verdedig is. Hulle erken dat daar wel vroue en kinders omgekom het, maar voer aan dat hulle deur Swapo-vegters as menslike skilde gebruik is.

Die twis is egter ’n vulletjie vergeleke met die stryery oor wie éintlik in bevel van die aanval was.

Waaroor almal blykbaar saamstem, is dat Breytenbach, destyds senior stafoffisier belas met operasies by die kommandement Noord-Transvaal, aanvanklik deur lt.genl. Constand Viljoen, destyds hoof van die leër, in bevel geplaas is van die operasie. Breytenbach het toe reeds naam gemaak as stigter en bevelvoerder van die Verkenningskommando (Recces) en van 32 Bataljon.

Saam met senior bevelvoerders van die lugmag het hulle besluit op Operasie Reindeer, ’n plan om Cassinga eers uit die lug met bomme te bestook voordat valskermsoldate neergelaat word om die aanval af te rond.

Volgens die Suid-Afrikaners se inligting was daar sowat 1?000 Swapo-vegters in Cassinga terwyl soldate van Fapla (die militêre vleuel van die MPLA wat destyds in ’n burgeroorlog met Unita gewikkel was) saam met ’n Kubaanse gevegsgroep met tenks en gepantserde troepedraers sowat 20?km suid by Tetchamutete gestasioneer was.

Die Suid-Afrikaners sou nie teen die Fapla- en Kubaanse soldate opgewasse wees nie. Daarom is ’n tenkafweerpeloton sowat ’n kilometer suid van Cassinga ontplooi om die Kubane te vertraag en die valskermsoldate genoeg tyd te gee om te onttrek.

’n Beheerpunt vir helikopters is 20 km oos van Cassinga ingerig wat gebruik sou word om die soldate en gewondes ná die aanval te onttrek.

Tydens die beplanning van die aanval was Du Plessis, destyds ’n brigadier, bevelvoerder van die kommandement Oranje-Vrystaat in Bloemfontein, asook bevelvoerder van die nuutgestigte 44 Valskermbrigade waarin Breytenbach as kolonel gedien het.

In ’n artikel wat verlede jaar in die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis gepubliseer is, vertel Du Plessis dat Viljoen hom “vroeg in 1978” na Pretoria ontbied het.

Hy sê Viljoen het met sy hande in die hare gesit omdat Breytenbach se voorbereidings vir die aanval in ’n “chaos” ontaard het.

“Geen administrasie is gedoen nie. Jan Breytenbach het die troepe inderhaas opgeroep. Hy het ‘veldbevorderings’, soos hy dit genoem het, gedoen: Luitenante is kapteins gemaak en kapteins is majoors gemaak om bevel te voer, korporaals is sersante gemaak. Waarom? Ek het nog nooit so iets gesien nie! Dit was sy manier van dink: Ons sal later aan dié probleme aandag gee.”

Du Plessis sê Viljoen het hom toe opdrag gegee om die operasie oor te neem en om van voor af te begin.


Oor wie op dié dag in bevel was, bestaan daar by Du Plessis geen twyfel nie: “Ek het die beheer oor die hele operasie gevoer.”

Hy sê toe Viljoen hom vra wat hy met Breytenbach gaan doen, het hy gesê dis geen probleem nie.

“Ek sal hom met my saamneem as my onderbevelvoerder, want hy het die hele operasie beplan.”

Breytenbach sê egter hy is verstom oor Du Plessis se onkunde oor die operasie.

Hy sê die aantygings dat hy offisiere en onder-offisiere te velde bevorder het, is onsin.

“Ek daag hom uit om na vore te kom met net een valskermsoldaat wat op dié manier bevorder is. Beskuldigings benodig bewyse.”

Hy sê Du Plessis was nóg by die beplanning van die aanval op Cassinga nóg by die soldate se opleiding in Bloemfontein betrokke. Dit spreek dus vanself dat hy nie bevel by Cassinga kon voer nie.

Hy sê 44 Valskermbrigade het nie eers bestaan ten tyde van Operasie Reindeer nie, dus was dit onmoontlik vir Du Plessis om die bevelvoerder daarvan te kon wees.

Du Plessis het besluit om hom “in te wurm” as die bevelvoerder van die te stigte brigade en ook, “om ’n onbekende rede”, as bevelvoerder van die bataljon op die grond en by Cassinga.

Breytenbach sê Viljoen het hom onlangs opnuut verseker dat hy die bevelvoerder by Cassinga was en dat Du Plessis hoegenaamd geen bevelsgesag oor hom gehad het nie.

Breytenbach sê wat éintlik gebeur het, is dat Du Plessis eensydig die bevel oor die valskermsoldate op die grond by Cassinga oorgeneem het.

In ’n stadium toe die geveg beklink was, maar die soldate nog afrondingswerk moes doen, het Du Plessis vir Breytenbach oor die radio laat weet dat hy die eerste helikopters ontbied het om die helfte van die soldate te verwyder.

“Ek was verstom. Hy het nie ’n idee van my gevegsplan gehad nie en ek het hom meegedeel om geen helikopters te ontbied nie. Hy het my egter geïgnoreer en die helikopters laat kom. Dit het gelei tot ’n konsternasie met die onttrekking van die soldate en die vervoer en behandeling van die gewondes.”

Du Plessis het selfs verder gegaan, volgens Breytenbach, en die tenkafweerpeloton suid van Cassinga na die ingang van die dorp verskuif sonder om hom daarvan in kennis te stel.

“Ek het met my werk voortgegaan, salig onbewus van die lewensgevaarlike breuk wat Du Plessis in my verdedigingslinie veroorsaak het.”


Breytenbach het eers van die gevaar bewus geword toe daar skielik geweldige ontploffings by die ingang van die dorp was, sowat 200 meter van sy tydelike hoofkwartier.

Die tenkafweerpeloton het die Kubane se poging om die dorp binne te kom, tydelik daar gestuit.

“Ek was briesend soos ’n slang. Ons was uitoorlê, in die minderheid en tot swye gebring. Al wat die Kubane moes doen, was om ’n vernietigende gemeganiseerde aanval op die oorblywende sowat 180 valskermsoldate in die omtrek van die heeltemal verwoeste Cassinga te doen. Sodoende sou hulle ons uitwis en ’n oorwinning behaal wat oor die wêreld heen sou weerklink.”

Breytenbach-hulle het onmiddellik kontak met die vyand verbreek en te voet onttrek in die rigting van die beheerpunt vir helikopters.

Danksy Suid-Afrikaanse vegvlieëniers wat die Kubane met Mirages en Buccaneers teëgehou het, het die valskermsoldate ontkom.


“Die Cassinga-aanval was ’n tyd lank op die randjie van ’n algehele ramp, hoofsaaklik omdat Du Plessis sonder my medewete in my bevelstruktuur ingegryp het deur my troepe opdragte in stryd met myne te gee,” sê Breytenbach.

Volgens hom was hy jare lank onbewus van Du Plessis se inmenging.

Hy was altyd onder die indruk dat die geveg soms nie volgens plan verloop het nie weens foute van soldate.

Namate meer inligting oor die aanval openbaar gemaak is, het hy besef Du Plessis se inmenging was die eintlike rede vir die probleme.

Izak Malherbe is ’n redaksielid van Landbouweekblad.

- Rapport


http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Broedertwis-oor-Cassinga-20100430
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE "AMPERSE " VERLOORSLAG VAN CASSINGA 1979
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: