IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE WERELD SE OE GAAN OOP

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE WERELD SE OE GAAN OOP   Fri Feb 12, 2010 10:58 pm

Ironies- is dit nie. Vir hoe lank al spreek die Boer al sy kommer oor die wisseling van die ANC se tiranne teenoor die media uit- en tot op hede- verkies die wereld media om die leun halstarrig na te volg- en die feite onder oe - blatant te misken.

Die ANC het tot op hede- nie waffers gepresteer in sy glorie van verlange se dae nie. 'n Mens sou amper kon se dat die ANC meer bekendheid verwerf het in hulle jare van die sg. "Struggle"- as wat hulle enigsins deesdae die pot vol hekse-brousel meng.

Hulle "Presidente" is ook maar bra vaal om die kiewe- en hulle vervang die een onbekwame skepsel met die volgende meer onbekwame eenvoudige. Mandela was op sy beste- slegs 'n goue ikoon vir die wereld- en tewyl hy alle aanbidding en danksegging van al wat liberaal-gesinde geniet het in die buiteland- was hy - om die minste te se- vir Suid-Afrika 'n powere leier en onbeholpe staatsman wat die begin van 'n era van dekadensie wat sou volg- ingelei het.

Mbeki- aan die anderkant- was om in 'n neutedop te vervat- power. Hy was 'n magsugtige rassis wat net sy eie ideale uitgeleef het- en sy posissie misbruik het om sy eie geldryk te vestig op die swaar verdiende salarisse van sy onderdane. 'n "Jetsetter" die was hy...'n regte Blink Stefaans- wat meer tyd aan sy "Afrika-Droom" gespandeer het as sy eie land se vooruitgang. Mbeki was 'n erkende alkholis- wat al sy tyd gespandeer het om partytjies te hou- die wereld vol te vlieg- en geen sigbare leierskap aan die dag gele het nie...nog maar net 'n ANC "has-been."

Jacob Zuma- die ANC se derde poging om "fanfare" te verkry in die wereld se kollig- het misrabel gefaal. Hy is 'n uitgelese krimineel met honderde korrupsie aanklagte teen hom, 'n verkragter wat die howe geintimideer het om sake teen hom te laat vaar- die vervolgings gesag- die Skerpioene"- laat ontbind het om sy eie- en sy meelopers se basse uit die tronk te hou- en om die kersie op die koek te plaas- is hy 'n oordrewe seksslaaf van sy eie lubido. Verder mors hy en sy makabere "entourage" so baie geld, besteel die staatskas, kwyn in dienslewering en landsbestuur, leef uitspattig- en dryf al verder van die werklikheid af in 'n staat van self-gevormde skitsofrenie. Hy en sy elite "kliek" daarbo is so besig om in hulle eie wereld van magsug en selfverryking te bad- dat hulle alle kontak met die werklikheid verloor het. Die wereld sien hulle nou vir eens vir wat hulle is- 'n spul onbekwame hienas. Dit is net ver-links gesinde dagbaadjies van Media 24 wat hom nog baie power probeer uitlig as 'n "staatsman"- maar hulle besef ook hulle piepie teen die Suid-Ooster. Ons sal nie eers dwaal op die 2010 sokker-fiasko wat nou voor almal se neuse geswaai word om die ANC se tanende glorie en onbeholpenheid te verdoesel nie. Na die spektakel is daar niks meer oor om te bedrieg meer nie- en alles dui daarop dat dit die ANC se swanesang gaan wees. Die rook wat Media 24 nou floutjies en hortend in die ANC se uitlaatpype probeer inblaas- is teen snelle tempo besig om by al die gate in die knaldempers uit te borrel....en dit is slegs een groot geraas wat gaan oorbly!

Met sy eerste staatsrede het hy homself nou geopenbaar as 'n lae intellektueel wat nie te waffers vaar met woordkeuses nie- en het ooglopend aan die wereld se media gewys hy was nie die skerpste potlood in die pakkie op skool nie- indien hy OOIT in 'n skool was! Dit is dan geen wonder dat meer-en-meer mense Suid-Afrika dan sien as die wereld se grootste sirkus nie- al wat nog kortkom...is die dak. Jacob Zuma hethomself skitterend gekwalifiseer as die wereld se tweede grootse nar- naas Idi Amin van Uganda.Hy is by uitstek die grootste seksslaaf in die globale arena. Hy is seker die eerste Suid-Afrikaanse staatshoof wat die opening van die parlement moes bywoon in 'n minibus om al sy vrouens en nasate te kon vervoer vir die plegtigheid. Die "Bling-Bling" kar was nou net eens te klein vir die "Zuma Youth-League.".Intussen is die hele land en sy eens-magtige ekonomie besig om in totale dekadensie te veval- en die hele infrastruktuur besig om in duie te stort- maar al wat die ANC geraasmakers blykbaar nog kan doen...is om dorp en straatname te verander.

Gekyk na bg. bevindings- kan 'n mens nie anders as om hipokrities na die volgende paar jaar se fiaskos op hande loer- en saggies begin om gebede na Bo te stuur vir verlossing nie. Die ANC bandiete het reeds die land op die rand van di afgrond gedryf met hulle arrogante misplaaste "bestuurstyl"...as 'n mens dit ooit so kan noem. Met so 'n maltrap-bestuurder nou by die kontroles- gaan dit die bussie nie lank vat om heeltemal oor die wal in die afgrond in te stort nie.


Die Koerant berig vat alles mooi saam:

"Die verhaal van hoe SA sy goeie naam verloor
2010-02-12 05:35


[Leopold Scholtz]

Die verhaal van twee presidente – Nelson Mandela en Jacob Zuma. Dít is die algemene trant van die ontledings wat gister in die buitelandse media na aanleiding van Mandela se vrylating 20 jaar gelede verskyn het.

Dit is terselfdertyd die verhaal van hoe Suid-Afrika sy goeie naam internasionaal kwytgeraak het.

In al die beskouings was die bewondering vir Mandela hemelhoog. Meer as een kommentator het melding gemaak van die feit dat hy ná 27 jaar in ’n apartheids­tronk sonder sigbare bitterheid uitgekom het.

Ongetwyfeld moet hy diep in sy hart ’n sekere bitterheid gehad het – dit het by geleentheid waar ek persoonlik by was, geblyk. Hoe kon dit ook anders? Mens is mos maar mens.

Maar, en talle kommentators het dit gister beklemtoon, hy het bo homself uitgestyg en nie toegelaat dat sy menslike swakheid in die vorm van sy bitterheid sy politieke beleid fundamenteel beïnvloed nie. Inteendeel, versoening was een van die hoekstene van sy vyf jaar durende presidentskap.

Al die simboliese dade is opgehaal. Hoe hy die Sprinboktrui by die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in 1995 op Ellispark gedra het, hoe hy by tant Betsie Verwoerd gaan tee drink het, hoe hy spesiaal Afrikaans geleer het om die Afrikaners beter te begryp, ensovoorts.

En inderdaad, ek herinner my hoe optimisties baie mense ná vyf jaar van Mandela-regering was. Nie blind vir die foute wat begin deurskemer het nie, maar ons het gedink ná die vyf jaar se simboliek het die tyd aangebreek dat sy opvolger, pres. Thabo Mbeki, die mooi gebare in dade vertaal.

Interessant genoeg, feitlik geen kommentator het gister eintlik na Mbeki verwys nie. Dit is asof hy in die vergetelheid geraak het.

Die kollig het veel meer op Zuma geval, en die kontras met Mandela is dikwels beklemtoon. Waar Mandela bo homself uitgestyg het, so was die algemene trant van die ontledings gister, sink Zuma in sy eie menslike swakhede weg.

Zuma se voorliefde vir vroue met wie hy nie getroud is nie, beklee deesdae in die algemeen ’n prominente plek in die internasionale nuusberiggewing. Talle kommentators het gister ook weer daarop gewys dat sy veelwywery nog een ding is – ’n mens moet dalk versigtig wees om jou eie kultuur tot absolute norm te verhef – maar seksuele losbandigheid is iets anders.

In heelparty artikels is gewone township-bewoners in Suid-Afrika aangehaal wat sê hulle kan nie respek vir Zuma as mens hê nie.

Groot klem het ook geval op die feit dat die sosiaal-ekonomiese voordele van die einde van apartheid steeds nie uitgekom het by die arm massa in die plakkerskampe en townships nie. Baie het gewys op die verryking van die swart elite en die groeiende kloof tussen arm en ryk swartes.

Opmerklik genoeg is die posisie van die nie-swartes maar baie effens aangeraak.

Dit alles wys hoe Suid-Afrika se internasionale beeld die laaste jare deur drie stadiums gegaan het.

Die eerste was dié van die internasionale uitgeworpene, waar die wittes ongenuanseerd as duiwels en die ANC-mense as engele afgeskilder is.

Ná 1994 is Suid-Afrika in die tweede stadium as die groot wonderwerk van versoening voorgehou.

Die derde een, die ontnugtering, het maar baie geleidelik ingetree namate Mbeki se Afrika-ideologiese benadering van MIV/vigs en sy beskerming van Afrika-despote soos pres. Robert Mugabe en ander diktature deurgedring het. Mbeki se vernederende verwydering in 2008 en sy vervanging deur Zuma was die laaste druppel.

Soos gister se reeks beskouings – maar ook ander in die laaste weke – gewys het: Zuma word, reg of verkeerd, deur baie beskou as ’n tipiese primitiewe Afrikaan wat by wyse van spreke liewer in dierevelle in ’n stat sit en bier drink en met vroue in die bed duik, eerder as as ’n staatsman wat ernstig opgeneem moet word. Die kontras met die geweldige verering vir Mandela kan byna nie groter wees nie.

En voordat ek nou weer vir onpatrioties uitgekryt word: Ek betreur dié toedrag van sake. Maar dit is soos dit is. ’n Mens kan nie feite ontken bloot omdat jy nie daarvan hou nie.

* Die skrywer is Media24 se verteenwoordiger in Europa.

- Die Burger"


geek[u]
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: DIE WERELD SE OE GAAN OOP   Sat Feb 13, 2010 8:32 am

Hier loop dinge nou na n end toe en die manne en vroue slaap voort in SA. Is dit nie teleersletlend nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE WERELD SE OE GAAN OOP
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: