IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 'N BEKERTJIE BOERETROOS

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: 'N BEKERTJIE BOERETROOS   Sat May 01, 2010 6:02 pm

Ek sit vanaand so en slurp aan 'n bekertjie egte Boeretroos.....so eenkant in my tuin in die doodse stilte van die Kaapse sterre - nag.

Onwillekeurig gaat my gedagtes maar so oor die wydste vlaktes wat 'n mens se gedagtegang maar kan gaan. Na etlike minute se peinsing- keer my gedagtes weer terug na........die bekertjie Boeretroos.

Ek staar stip na die beker- ruik die heerlike aroma wat daaruit voortkom- en ek voel die smaakkliere in my mond saamspan en hunker na nog 'n lekseltjie. Ek dop my bekertjie om- en suig behaaglik aan die heerlike......niks!

Ek kyk verwonderd na my beker...ek moes my misgis het- daar MOET eenvoudig nog iets in wees, maar helaas..my beker was dolleeg. Ek het - sonder dat ek dit agterkom- my heerlike voggies uitgedrink...heeltemal onbewustelik...dis nog net die soet eg gemaalde koffieboon reuk wat in die lug rondhang.

Ek staar stip na die koppie...wens daar was nog 'n lekseltjie....wens ek kan nog 'n bietjie op my tong gooi om my lus te demper...maar helaas...my beker was leeg.

Nou sit ek daar- ek sit en ek wonder wat ek sal doen: Sal ek maar my lus hou- en maar gaan slaap...of gaan ek my krag bymekaar skraap- en nog 'n heerlike beker stomende koffie maak- die roete na my bed toe is in elk geval veby die kombuis...en die ketel. Die afstand is ewe ver- en die moeite ook maar dieselfde.

Na nog 'n lang bepeinsing ruk ek myself regop- skud my vere reg- en pyl op die nog-warm ketel af- en gooi myself nog 'n stewige dop Boeretroos. Ek sit weer af grasperk toe- en gaan sit en dagdroom verder met my knertsie.

Terwyl ek so droom- gaan my gedagtes weer terug na die beker Boeretroos- en ek begin wonder waar die naam "Boeretroos" nou eintlik vandaan kom? Boeretroos.....die koffie moes seker die een of ander konnetasie gehad het met Boere wat iewers na 'n lang en moee dag se arbeid- hulle troos in die heerlike koffie gevind het.

Ek sit die ding en bepeins...en my gedagtes dwaal na die snaakse ooreenkoms tussen die ou bekertjie Boeretroos- en die situasie wat die Boer homself vandag in bevind...weliswaar 'n snaakse ooreenkoms.

Hier is die Boer vandag- moeg en platgeslaan, verdwaal en verwerp...uitgegooi uit sy lewe wat hy al vir soveel jare gewoond was aan. Sy lewe is nie meer wat dit was nie. Hy het- soos ek- aan die heerlike heuningdou van die Boeretroos in sy beker geslurp. Sy gedagtes was nie altyd by dit wat hy gedoen het nie- en heelparty keer was hy in 'n ander wereld.

Soos hy sy gedagtes oor ontelbare plekke laat gaan het- het hy onbewustelik daardie heerlike warm Boeretroos wat hy van God se ketel af ingeskink het...sistematies uitgedrink. Hy was nie eers bewus daarvan dat sy kommetjie al laer en laer sak nie.

So het hy aan die soetigheid geslurp- en eendag- sonder dat hy dit geweet het- het hy instinktief weer die kommetjie na sy lippe geneem- en behaaglik geslurp aan die lewe waaraan hy so gewoond was- wagtend dat die soet dou weer op sy tong gaan val, maar helaas.....die dou was daar nie meer nie. Sy kommetjie was leeg. ...sy lewe was droog. Hy het ook- soos ek- verwonderd in sy beker ingestaar- net om uit te vind daar was niks van sy eens-welvaart en seeninge as volk meer oor nie!

So het die Boer tot vandag toe daar- soos ek- bly sit en wonder wat het gebeur. Hy wonder hoe kon sy kommetjie skielik leeg wees? Hy wonder waar is al sy soete seeninge skielik heen? Sy tong hunker na net nog een kans....een druppel om sy lus te stil.

So sit die Boer vandag en wonder steeds- gaan ek opstaan, my rug reguit maak- en loop na God se ketel toe om nog 'n stomende soet kommetjie Boere seeninge te gaan haal.....of gaan ek maar dit opgee omdat ek te lui is..en gaan slaap in die bed van vergetelheid- onbewus van die wereld wat om my aangaan, onbewus van God se soet seeninge wat in sy ketel wag, onbewus van die dors op my tong na 'n weer begin.

'n Vriend het eendag aan my gese dat die probleem van "Volstruis Politiek" is die feit dat jy die een-of-ander tyd 'n skoot donshael in jou agterstewe gaan kry as jy so aanhou. Is dit nie dalk die Boer se probleem vandag nie?

Die vraag is dit: Hoe lank gaan ons nog so sit en tuur na ons lee koppetjies? Hoe lank gaan dit ons vat om te besluit waarheen ons wil gaan? Hoe lank gaan ons nog so sit met ons kop in die grond en hoop die wereld daar buite gaan skielik regkom? Het ons nie sover dit net reggekry om vir 15 jaar skote donshael in ons agterstewes op te vang nie? Is ons nie maar self te blammeer vir ons situasie omrede ons nie wil opstaan, ons rugge reguit maak- en stap na die ketel toe om weer-eens ons seeninge en troos te gaan haal nie? Is ons nie dalkies self verantwoordelik om weer as 'n trotse nasie onsself te kan regeer nie? Die moeite wat voorle- is dieselfde as dit wat ons nou spandeer om te kla. Die afstand wat ons sal moet loop- is dieselfde as wat ons sover moes loop om te oorleef. Die werk wat voorle- is dieselfde as wat ons nou dag-na-dag moet opoffer om net gesien te word. Kan ons dit nie maar eerder ons kragte in 'n meer konstruktiewe rigting draai nie? Die beloning is in elk geval baie meer werd as wat ons volk op die oomblik voor worstel en nodeloos voor sterf. Gaan dit nie beter wees as ons maar opstaan en na God se ketel toe stap- en die Boer se troos weer daar gaan skink nie?

Ja Swaer...die koppetjie Boeretroos daar voor my....hy vertel my baie dinge wat die Boer dalk aan die verkeerd doen is. Hy wys my dat daar altyd 'n weg is om te bekom dit wat jy wil he. Die geheim is net dat jy tot 'n besluit moet kom, jou kragte bymekaar moet skraap...en doelgerig gaan na waar jou troos en heil le. Anders as dit....gaan jy heelnag in die koue na daardie lee kommetjie sit en staar.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
'N BEKERTJIE BOERETROOS
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: