IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 MAN WAT KAPING RAPPORTEER- HOOR BY POLISIE HY LIEG

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: MAN WAT KAPING RAPPORTEER- HOOR BY POLISIE HY LIEG   Fri Apr 30, 2010 11:51 am

Jong man wat kaping aanmeld, hoor hy lieg
2010-04-30
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuu...-lieg-20100429

Hulle het hom op die grond laat lê met ’n vuurwapen in sy nek nadat hy wat soos ure gevoel het met hulle moes rondry.

Nadat mnr. Werner Bates (23) dié kaping by die polisie gaan aanmeld het, is hy vir ’n leuenaar uitgekryt.

Bates, wat die laaste paar maande in Durbanville in die Wes-Kaap werk, maar voorheen van Brakpan aan die Oos-Rand was, het gesê sy nagmerrie het begin toe hy Saterdagnag saam met ’n paar vriende gekuier het.

“Ek het laas Vrydagoggend van die Kaap af gevlieg om by my ma, Amanda, en suster, Mandy, wie se baba pas gebore is, te kuier. Saterdagnag tussen 02:00 en 03:00 het ek op die hoek van Trichardtweg en Leeuwpoortstraat in Boksburg-Suid gestop toe ’n swart kaper ’n bottel op die voorruit stukkend geslaan en my met ’n vuurwapen gedreig het,” het ’n steeds geskokte Bates gesê.

Een van die kapers het voor langs hom ingeklim en die ander een het agter gesit.

“Die een agter het heeltyd die vuurwapen in my nek gedruk en my ’n paar keer in die gesig geslaan daarmee. Hulle wou hê ek moet na my huis toe ry, maar ek het besef my ma en suster met die baba was alleen daar,” het hy gesê.

Hy het in die rigting van Springs gery.

“Hulle het heeltyd met mekaar gepraat. Die een agter was baie aggressief. In ’n stadium het hulle gesê ek neuk hulle rond en het my laat omdraai. Later, naby Brakpan, het hulle my op ’n grondpad laat afdraai en gesê ek moet uitklim.

“Ek moes op die grond lê en terwyl die een op my gesit het, het die ander een die kar deurgesoek. Dis my ma se kar en sy het briewe en dokumente in die kar gehad. Hulle het my beursie en selfoon gevat.

“Dis ’n stil pad en toe hulle ’n kar hoor aankom, het albei in die gras en bosse ingehardloop. Ek het probeer keer, maar dit het verby gery. Ek het nog my sleutel in die hand gehad en het ingespring met die deure en kattebak wat nog oopstaan en huis toe gejaag.”

Hulle is daarna na die Brakpan-polisiestasie, waar een van die polisiemanne aanvanklik nie wou help nie omdat Bates nog
so geskok en getraumatiseerd was.

“Ao. Elaine Irmscher het my gekalmeer en die verklaring afgeneem. Die saak is toe aan die polisie van Boksburg oorgedra wat ook later vingerafdrukke (van die kar af) kom neem het.

Maandag, toe ons by die Brakpan-polisiestasie was, het kol. Biggs Govender (stasiebevelvoerder) my ondervra en reguit vir my gesê ek lieg oor die kaping.

“Daar is ’n paar teenstrydighede in sy verklaring en ons ondersoek dit. In dié stadium word geen klag egter nog teen hom ondersoek nie,” het Govender gesê.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
MAN WAT KAPING RAPPORTEER- HOOR BY POLISIE HY LIEG
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Aanval op ons mense / Attack on our people-
Spring na: