IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Vrou geslaan, gebyt, verkrag

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Vrou geslaan, gebyt, verkrag   Fri Feb 12, 2010 6:11 pm

Vrou geslaan, gebyt, verkrag
2010-02-12 08:25
• Artikelopsies
• Deel
• Kry Volksblad op
Wolfram Zweckler
Johannesburg - "Hulle het haar stukkend geskeur. As my hond besig was om my kind te byt, sal ek nie aan die hond kan doen wat hulle aan my vrou gedoen het nie,” het die man van ’n verkragtingslagoffer Donderdag vertel.

Die 34-jarige vrou van Witfield in Boksburg aan die Oos-Rand was Woensdagoggend alleen tuis toe vier werkers wat besig was om ’n grasdak op te sit, haar glo oorval het.

Sy het hul apies in ’n hok langs die oprit van die huis gaan kos gee en daarna weer die huis binnegegaan en haarself toegesluit. Die werkers was buite langs die oprit besig om die dak op te sit.

“Die voorman van die vier het so 12:00 se kant kom klop en vra sy moet iets kom kyk. Toe sy die deur oopmaak het al vier haar gegryp,” het die slagoffer se tannie Donderdag by die huis vertel.

“Hulle het haar met draadhangers vasgebind en met ’n afgebreekte mes in die nek gesteek en geslaan. Hulle wou geld hê en dan druk hulle hul vingers in haar mond en sleep haar aan haar wang en kakebeen deur die huis. Van kamer na kamer.

“Hulle het haar arm stukkend gebyt soos sy haarself probeer beskerm het. Haar bene is stukkend en blou, haar oor bloei en sy kan nie mooi uit die een oog sien nie,” het sy vertel.

Die vier mans het haar glo in die badkamer verkrag en toe verder deur die huis gesleep.

“In ’n stadium moes een van hulle die redial-knoppie op ons huistelefoon gedruk het. Toe ek die oproep ontvang en niemand praat nie, het ek geweet daar is groot fout by die huis. Ek het huis toe gejaag en my bakkie voor die hek gekry.

“Hulle het probeer wegjaag, maar het die bakkie laat vrek,” vertel die man.

Die “voorman” het glo uitgespring, waarna die man hom gejaag en om die hoek vasgekeer het. Hy het hom terug huis toe geneem en aan ’n paal vasgebind waar die polisie hom kom haal het.

“Ek het toe eers gesien wat hulle aan my vrou gedoen het, maar was net dankbaar dat sy nog leef.”

Hy het 10111 gebel, ’n voorvalnommer gekry en meer as twee uur op die polisie gewag.

Intussen is sy vrou na die Roseacres-kliniek in Primrose, Germiston, geneem.

Lede van die Boksburg-Noord-polisie het die ander drie verdagtes Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, het konst. Cathy Meyer, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans verskyn na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Vrou geslaan, gebyt, verkrag
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: