IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE KORRUPTE ANC SE MAFIA INVLOED OOR DIE NSA

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE KORRUPTE ANC SE MAFIA INVLOED OOR DIE NSA   Tue Apr 27, 2010 12:47 am

Intrapslag: Woorde beteken álles
2010-04-26 10:41



Christi van der Westhuizen

Dit is ’n jaar sedert die verkiesing waarin die Zuma-beheerde ANC hoogty gevier het, en die Suid-Afrikaanse demokrasie is in ’n aansienlik swakker posisie as op enige ander tydstip sedert die oorgang.

Om te begryp wat aan’t gebeur is, moet ’n mens dieper grawe as wat dikwels die geval is. Gedagtig aan die onderskeid tussen ’n post-kolonie en ’n postkolonie, kan jy die vraag vra: Leef ons in ’n Suid-Afrika wat post-apartheid of postapartheid is?

Die verskil tussen die twee begrippe kan só verduidelik word: “Post” met die koppelteken beteken “ná”. Dit suggereer dat iets nuuts tot stand gekom het – moontlik met oorblyfsels van die oue, maar oorwegend nuut. “Post” sonder die koppelteken beteken hoewel een bestel oor tyd heen ’n ander bestel vervang het, is daar meer kontinuïteite as diskontinuïteite tussen die twee bestelle.

“Postkolonie” verwys dus na die Afrika-staat in huidige vorm wat nie die logika of regeringsmetodes van die koloniale staat oorkom het nie, aldus dr. Ivor Chipkin in ’n hoofstuk in die boek Re-imagining the Social in South Africa (2009, redakteurs: Heather Jacklin en Peter Vale).
In Suid-Afrika kan ’n mens gou aan ’n klompie kontinuïteite dink. Dit het hoofsaaklik te doen met outoritarisme, wat kenmerkend was van die apartheidstaat en nou weer ernstig kop uitsteek, maar met ander ideologiese invloede.

Tweedens word ’n spesifieke uitdrukking van nasionalisme, met gepaardgaande repressiewe rassekonstruksies en tipiese elitegedrag, weer eens in ons kele afgedruk, maar ook weer met ander ideologiese invloede as voor 1994.

’n Derde kontinuïteit sou wees die openbare diskoers van onverdraagsaamheid jeens andersheid; en van ’n hiper-manlikheid wat die botoon voor.

Die ANC-jeugligaleier Julius Malema verpersoonlik hierdie tendense by uitstek, maar die mediabeheptheid met hom as persoon beteken dat die groter prentjie meestal misgekyk word.

Malema se verheffing tot leier is ’n uitdrukking van strominge binne en buite die ANC. Hy is ’n mini-me-weergawe van pres. Jacob Zuma, wat op sy beurt ook ’n skepping van dieselfde strominge is.

Eerder as om op persoonlik­hede te fikseer – wat nou maar eenmaal die media se swak plek bly, wat elites na hartelus uitbuit – is ontledings van hierdie strominge nodig.

Al drie die genoemde kontinuïteite (daar is ook ander) vind in woord en daad plaas en al drie oorvleuel met mekaar. Die nasionale direkteur van openbare vervolging en Zuma-apologeet Menzi Simelane se verdere uithol van die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) om te verseker dat daar nie ’n enkele sprankie onafhanklikheid oorbly nie, is ’n voorbeeld.

Dit sluit in sy blokkering van ondersoeke teen ANC-trawante; sy vervolging van staatsaanklaers betrokke by die hofsake teen Zuma; en sy aftakeling van die laaste doeltreffende NV-eenheid – Willie Hofmeyr se eenheid vir batebeslaglegging.

Nog ’n voorbeeld is die maneuvrering om die voormalige Openbare Beskermer Lawrence Mushwana eers ’n lid en toe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te maak – en dit nadat hy in die parlement se onderhoud met hom twee keer herhaal het dat die kommissie deel is van die regering en as sodanig nie onafhanklik kan optree nie. Sy regstelling daarna was halfhartig.

Ander grondwetlike instellings wat ernstige knoue toegedien is, sluit in die Regterlike Dienskommissie (die Hlophe-saak) en die Staatsdienskommissie (politieke druk om die ondersoek teen Simelane terug te trek om die weg te baan vir sy aanstelling as NV-hoof).
Intussen word die polisie gehermilitariseer terwyl politieke elitefigure hulle aanmoedig om verdagtes dood te skiet. Die polisiesekretariaat se aandrang dat die toename in die aantal slagoffers van polisiegeweld vóór die “shoot to kill”-aanmoedigings plaasgevind het, vermy die tersaaklike probleem.

Die howe is steeds aanhoudend in die spervuur, soos met Malema se verontagsaming van die bevinding teen “Kill the Boer”.
En die media is onder uitermatige druk weens die spioenasie van die Nasionale Intelligensie-agentskap en die polisie op ondersoekende joernaliste, die ANC-jeugliga se smeerveldtog teen politieke joernaliste, en die wetgewende stappe wat verlede jaar geneem of tans onderweg is.

Malema en Zuma verpersoonlik ook die giftige vorm van manlikheid wat tans diskoerse oorheers, soos weer eens bevestig deur Malema se toesnou van die BBC-joernalis dat “rubbish is what you have covered in your trouser (sic) – you’re a small boy, you can’t do anything”.
Gegewe die bostaande en ander voorbeelde, is die tipiese reaksie dikwels dat Suid-Afrika tot ’n “piesang-republiek” aan’t verval is.
Soms sal ’n rassis byvoeg dat dit te wagte was, gegewe dat swart mense “nie weet hoe om ’n land te regeer nie” (“Kyk hoe lyk Afrika!”).
Hierdie “fait accompli-benadering” is skuldig aan dieselfde soort essensialistiese en verabsoluterende denke wat huidige politieke verwikkelings onderlê.

Die gevolg van dié soort denke – maak nie saak vanuit watter ideologiese oogpunt nie – is om demokratiese ruimtes te laat krimp en mense lam te lê. ’n Meer komplekse ontleding is nodig om te probeer verstaan hoe die huidige politieke omstandighede ontstaan.
Chipkin, bekend vir sy boek Do South Africans Exist? (2007), verskaf ’n ontleding wat verby die ooglopende gaan.
Dit word allerweë aanvaar dat die ANC, net soos die Nasionale Party voor hom, party en staat verwar en daardeur dus ’n basiese liberaal-demokratiese reël verbreek.

Chipkin neem dié ontleding verder. Volgens hom moet ons in die post-koloniale Afrika-opset meer intense aandag skenk aan die nasionalistiese beweging en die nasionalistiese subjek (onderdaan) wat daardeur geskep word.

Uiteindelik is die nasionalistiese beweging nie maar net nog ’n politieke party wat om staatsmag in die post-kolonie meeding nie.
Chipkin se ontleding van post-koloniale vergestaltings wys eerder dat die nasionalistiese beweging self ’n staatsorgaan word deur sy maatstaf van “waarde” op ander staatsorgane (die parlement; grondwet; weermag) te projekteer en af te dwing.

Só wedywer die nasionalistiese beweging met ander staatsorgane vir oppergesag in die konstellasie van staatsorgane, skryf Chipkin in bogenoemde hoofstuk.

In Suid-Afrika volg die ANC hierdie benadering tot die staat, wat dan lei tot die uithol van grondwetlike instellings en die vooropstelling van ANC-belange in daardie instellings. As ’n mens Chipkin se ontleding toepas, is hierdie maneuvrerings die gevolg van die ANC se doelbewuste gepoogde posisionering as nie net meerderheidsparty nie, maar as dominante staatsorgaan.

Die ANC verplaas as’t ware bestaande staatsorgane, wat sou verklaar waarom die beginsels van oppergesag van die reg en gelykheid voor die reg nie geld in ’n Simelane-beheerde vervolgingsgesag nie, want dit is nou ’n ANC-vervolgingsgesag.

Die “waarde” wat op ander staatsorgane geprojekteer en afgedwing word, spruit uit die tradisies, kultuur en politiek van die nasionalistiese beweging ten tyde van die stryd teen imperialisme en/of apartheid. Dit is waarop die nasionalistiese beweging se konseptualisering van die nasie gegrond is, en dit dien as maatstaf vir burgerskap of subjekskap.

In Do South Africans Exist? onderskei Chipkin só tussen die burger en die subjek: Die burger word geskep deur ’n identifisering met demokratiese instellings en norme; die nasionalistiese subjek word geproduseer deur die nasionalistiese beweging, met laasgenoemde se tradisies, kultuur en politiek as verwysingspunt.

Hierdie ontleding verskaf nog ’n sleutel tot die huidige politieke tydsgewrig. Wat anders het ons tans mee te make as ’n stryd tussen die omskepping van Suid-Afrikaners in demokratiese burgers of in nasionalistiese subjekte? Niks minder as dít is op die spel nie.
Vanuit dié hoek blyk dit duidelik naïef om te sê woorde beteken niks nie, soos heelparty mense (soms weens liberale wanopvattings) aandring. Hierdie is by uitstek ’n stryd tussen diskoerse.

Woorde beteken álles, soos Malema met sy verbale diarree (wat die media gedweë weergee, drol vir drol) baie goed verstaan.
Die moontlikheid van interne ANC-tugstappe teen Malema is een van vele bewyse dat die stryd om die definiëring van Suid-Afrikanerskap ook bínne die ANC woed.

Die media – en die ANC – is gereeld verontrus wanneer die konflik binne die ANC op die lappe kom.
Koerantopskrifte doen dan naarstiglik beroepe op Zuma om “beheer” te neem. (Suid-Afrikaners – wit en swart – ly nog maar sterk aan die “kom-red-ons-groot-pappa”-sindroom en is boonop skynbaar onbewus dat dié groot pappa deel van die probleem is.)
Dit moet eerder as goeie nuus beskou word dat daar konflik binne die ANC is, insluitend dat die etniese en patriargale chauvinisme, rassepopulisme en materialisme teengestaan word.

Gegewe die huidige dominansie van die ANC op die sosiaal-politieke landskap, is kritiek en konflik nodig om openings vir verandering téén ’n postapartheid en vír demokrasie te skep.

Die konsolidering van demokrasie is uiteraard ’n proses, nie ’n bestemming nie.


http://www.dieburger.com/By/Nuus/Intrapslag-Woorde-beteken-%C3%A1lles-20100426
http://www.dieburger.com/By/Nuus/Intrapslag-Woorde-beteken-%C3%A1lles-20100426
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE KORRUPTE ANC SE MAFIA INVLOED OOR DIE NSA
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: