IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 WORD DIE NSA SOOS NIGERIE...'N RAMPOKKERSTAAT?

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: WORD DIE NSA SOOS NIGERIE...'N RAMPOKKERSTAAT?   Tue Apr 27, 2010 12:29 am

Word SA nes Nigerië ’n rampokkerstaat?
2010-04-26 23:23


[Rhoda Kadalie]

Die hemel bewaar ’n ANC-lid wat dit waag om korrupsie binne die party aan die kaak te stel!

In Limpopo het dieselfde lot 14 ANC-raadslede getref as vir Harry Charlton, wat die parlementêre reisskandaal oopgevlek het. Dié raadslede is in die pad gesteek omdat hulle vrae gehad het oor die onregmatige toekenning van tenders van meer as R140 miljoen aan Julius Malema en sy twyfelagtige ingenieursmaatskappy SGL. Munisipale bestuurslede van Blouberg en van Lepelle het die tenders onreëlmatig toegeken.

Voeg hierby die ANC se belang van 25% in die transaksie tussen Hitachi en Eskom, Menzi Simelane se desperate pogings om ontslae te raak van adv. Willie Hofmeyr, hoof van die batebeslagleggingseenheid, en regter Sandile Ngcobo se huis van R18 miljoen, verskaf deur die departement van openbare werke, dan is dit duidelik soos daglig dat Suid-Afrika vinnig ’n “rampokkerstaat” soos Nigerië word.

As Suid-Afrika inderdaad ’n “korrupte en gebrekkige waardestelsel” van die apartheidsregime geërf het, soos die ANC se sekretaris-generaal beweer, dan het die ANC beslis die kuns van korrupsie vervolmaak. Dis sinies verwoord in ’n Argus-teksboodskap: “Dan is dit al waarop hulle (die ANC) verbeter het.”

Volgens ’n verslag van Moneyweb het Transnet “in die boekjaar 2008-2009 R995 miljoen aan ongeïdentifiseerde konsultante betaal” – ietwat minder as die R1 028 miljoen wat in die vorige boekjaar aan dieselfde of soortgelyke konsultante betaal is. Belanghebbendes wil weet waarom dit gedoen word terwyl so baie van Transnet se uitvoerende direkteure uitsonderlik goed besoldig word. Met die land se spoorwegstelsel in ’n gemors, waarvoor word diesulkes dan betaal? In antwoord op ’n vraag van die DA hieroor is onthul dat die regering van 2005 tot 2009 R242 miljard bestee het om semistaatsinstellings te red. Die grootste enkele bedrag van R189 miljoen is aan Eskom betaal.

Dié instellings het die kontantkoeie van die regerende elite geword. Dit verklaar waarom die regering weier om hulle te privatiseer sodat markkragte hul lot kan bepaal. Die uitvoerende beamptes van instellings soos Eskom, Krygkor, Transnet, die SAL, die SAUK en die Landbank het hulself rojaal besoldig terwyl hulle in gebreke gebly het om bevredigende dienste aan die publiek te verskaf. In die woorde van Tim Harris, DA-parlementslid: “Die meeste van hulle verhinder nou Suid-Afrika se ontwikkeling”, terwyl hulle wesentlik deel moes gewees het van die ANC se veelgeroemde ontwikkelingstaat. Hy sê voorts: Semistaatsinstellings word beskou as die “speelplek vir kaders, wat nou, weens skreiende wanbestuur en korrupsie, nie meer kaders oor het om in hierdie poste te ontplooi nie”.

Om sake te vererger is Sandile Majali, olieskandaalskelm, volgens ’n berig in die Sunday Times alweer aan die woeker. Majali se maatskappy Imvume het vroeër R11 miljoen staatsgeld aan die ANC besorg. Hy wil Imvume se hulpbronne likwideer, wat die begrafnispolisse van 188 000 mense uit lae-inkomstegroepe in die gedrang bring. Dié geldvraat gee nie ’n dooie duit om vir mense nie.

Namate ons totale staatskas vinnig die finansier van die regerende elite word, behoort ons belastingbetalers op te staan en ons onbehae duidelik te wys.

Hoekom gaan ons voort om die rykmanslewe te subsidieer van mense wat nie geskik is om te regeer nie? Verhoogde elektrisiteits- en watertariewe is op die regering se agenda, die prys van brandstof is buitensporig verhoog, voedsel bly duur, en die belastingbasis krimp. Die is regering verlam, terwyl die armes hul ongeduld toon met gewelddadige proteste oor slaggate, werkloosheid, en gebrekkige sanitasie en behuising. Dit is tyd dat Suid-Afrikaners eis dat korrupsie tot ’n einde kom en uiting gee aan hul onbehae met die voortdurende plundery.

Wat moet die Zuma-regering nóg doen voordat ons ons onbehae wys? Die ANC melk elke denkbare staatsinstelling om te verseker dat hy tot met die wederkoms sal regeer. Wanneer hulle stinkryk geword het en die land ten gronde gerig is, sal hulle na die buiteland vlug, nes die rykes van Zimbabwe, Zaïre en die Kongo wat hulle in Bantrybaai en Kampsbaai tuisgemaak het nadat hulle gevlug het van die gemors wat hulle in hul lande aangevang het.

- Die Burger
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
WORD DIE NSA SOOS NIGERIE...'N RAMPOKKERSTAAT?
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: