IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Winnie, Zuma skitter in hul afwesigheid

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Winnie, Zuma skitter in hul afwesigheid   Fri Feb 12, 2010 6:09 pm

Winnie, Zuma skitter in hul afwesigheid
2/12/2010 1:26:00 AM
Kaapstad. – Feestelikhede om oudpres. Nelson Mandela se vrylating 20 jaar gelede te vier, het gister platgeval toe me. Winnie Madikizela-Mandela nie opgedaag het om ’n geskiedkundige vryheidstaptog te lei nie.
Boonop het pres. Jacob Zuma óók geskitter in sy afwesigheid en adj.pres. Kgalema Motlanthe moes by die Drakenstein-gevangenis instaan om ’n gedenktoespraak voor ’n skare ANC-ondersteuners te lewer.
’n Uitgelese groepie gaste, waaronder kabinetsministers en ANC-grootkoppe, het gisteroggend vroeg in ’n spierwit markiestent op die perseel van die eertydse Victor Verster-gevangenis ontbyt geniet.
Me. Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het met groot fan-fare aangekondig hulle kan die “ANC-president” te wagte wees.
Nie Zuma nie, maar Motlanthe se konvooi het ’n paar uur later verskyn en geen verduideliking is gegee nie.
Verskeie gassprekers het tydens die ontbyt staaltjies oor Madiba se vrylating vertel.
Mnre. Matthews Phosa, ANC-tesourier-generaal, en Cyril Ramaphosa, lid van die ANC se NUK, het op hul beurt by herhaling die sterk band tussen Mandela en die ANC benadruk.
“Ons moet eer gee aan die ANC wat geboorte gegee het aan die Madiba wat ons vandag ken. Hy sou nie gewees het wat hy is as dit nie vir die ANC se invloed was nie,” het Ramaphosa verklaar.
Die meeste gaste was meer geïnteresseerd in die eiers op hul bord en geselsies maak. Die onderlinge gepratery het selfs mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, in ’n stadium witwarm gehad. “Dit is baie ongeskik om te praat terwyl ’n spreker hier voor staan. Hier is hopeloos te veel geraas. Kom ons respekteer mekaar!” het hy geraas.
Die gedempte atmosfeer het nog verder verflou toe dit duidelik word “die Moeder van die Nasie” – Madikizela-Mandela – gaan nie opdaag nie.
Volgens ’n program wat die ANC verlede week uitgestuur het, sou Madikizela-Mandela gisteroggend ’n simboliese staptog lei. Dit moes 11 Februarie 1990 – toe sy en Madiba hand aan hand by die tronkhekke uitgestap het – herdenk.
’n ANC-woordvoerder het by navraag net sy skouers opgehaal en gesê Madikizela-Mandela is twee keer gevra om haar teenwoordigheid te bevestig, “maar ons het nooit van haar gehoor nie”.
Phosa, Ramaphosa, Mokonyane en die aktivis mnr. Ahmed Kathrada het toe maar die voorhoede gedek terwyl ’n rits kabinetslede en belangrike gaste agter hulle ingeval het.
Die gevolg het eindelik by die Madiba-standbeeld neffens die ingang van die gevangenis tot stilstand gekom. Daar het ’n paar honderd ANC-ondersteuners geduldig in die son gestaan en sweet, minwetend dat Zuma nie gaan opdaag om hulle toe te spreek nie.
kliek hier om die res van die storie te lees...
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Winnie, Zuma skitter in hul afwesigheid
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: