IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Sun Apr 25, 2010 4:23 pm

Diefstal tap Eskom-bloed
2010/04/25 12:52:00 AM Jan de Lange


’n Treurige verhaal oor stadige agteruitgang word duidelik uit die vertroulike Eskom-verslag wat die afgelope week in die parlement onthul is.

Apr 25 2010 00:56


Johannesburg. - ’n Treurige verhaal oor stadige agteruitgang word duidelik uit die vertroulike Eskom-verslag wat mnr. Pieter van Dalen, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, die afgelope week in die parlement onthul het.

Die verslag dui onder meer daarop dat 35% van die elektrisiteit wat Eskom aan huishoudings lewer, gesteel word, en dat Eskom net 26% van die geld kry vir die elektrisiteit wat in Soweto verkoop word.

Van Dalen het ’n knuppel in die hoenderhok gegooi toe hy Dinsdag tydens die sitting van die portefeuljekomitee vir openbare ondernemings uit dié verslag aangehaal het wat wys dat BHP Billiton net 12c per kilowatt-uur vir elektrisiteit vir sy Mozal-aluminiumsmelter betaal.

Die verslag van 291 bladsye bevat egter heelwat meer inligting as net besonderhede van die omstrede aluminiumkontrakte.

Ontleders is dit eens dat dit van die belangrikste inligting bevat wat oor jare heen oor Eskom bekend geword het.

“Jy sal dit nie glo nie, maar daarna het 689 mense my gekontak om afskrifte van die dokument te kry. Dit sluit in maatskappye soos PBMR, Sasol en van die groot mynmaatskappye asook munisipaliteite en werknemers van Eskom self,” sê Van Dalen.

Dit is onder meer baie duidelik dat Eskom se distribusie-afdeling groot verliese ly met die verskaffing van elektrisiteit aan huishoudings – met ander woorde, elektrisiteit wat gesteel word.

Die gemiddelde verlies is 35% van die elektrisiteit wat gelewer word oor ’n tydperk van 12 maande, terwyl ’n teiken van 26% vir die jaar gestel is.

“Die hoë verliese (met huishoudings) is hoofsaaklik die gevolg van meters wat vrylik beskikbaar is en diefstal van energie. Voorafbetaalde meters is geïnstalleer en dit het tot ’n verbetering gelei,” lui die verslag.

Die totale verliese aan elektrisiteit in Junie 2009 was egter heelwat meer. Eskom het in dié maand 13 082 GWh gelewer, maar is net vir 10 786 betaal, wat ’n verlies van 2 289 GWh beteken.

Die probleme het glo hoofsaaklik in die “sentrale streek” (Gauteng) voorgekom met heelwat laer verkoopsyfers in Soweto. Verkope in Gauteng was in Junie 23 GWh minder as die vorige maand.

Wanbetaling vir elektrisiteit wat gelewer word, is ook steeds ’n geweldige probleem, veral in Soweto waar ’n kultuur van wanbetalings in die struggle-jare aangemoedig is.

Dit is steeds só erg dat Eskom net vir 26% van die elektrisiteit betaal word wat hy in dié reusegebied lewer.

Daar was darem ’n verbetering in Junie toe dit gestyg het tot 32,7%.

Opgehoopte skuld in dié gebied het R1,9 miljard beloop, waarvan R1,8 miljard langer as 60 dae uitstaande is.

Teen einde Junie 2009 was daar R9,697 miljard aan hom verskuldig vir skuld wat uit elektrisiteitsverskaffing voortspruit. Dit is hoofsaaklik munisipaliteite.

Mnr. Mike Schüssler, onafhanklike ekonoom van Economists.co.za, wat die laaste jare Eskom en die elektrisiteitsverkope van munisipaliteite bestudeer het, wys daarop dat munisipaliteite in die laaste kwartaal van 2009 elektrisiteit van R6,322 miljard van Eskom aangekoop het. Hulle het dit verkoop vir R11,198 miljard, volgens die nuutste kwartaallikse verslag oor finansiële bedrywighede van munisipaliteite wat Statistieke Suid-Afrika publiseer.

Dit dui op ’n bedryfswinsmarge van 77,1%.

Die Eskom-verslag bevat ook gedetailleerde inligting oor kwessies soos personeelgetalle en personeeluitgawes, asook laer produktiwiteit. Dit wys byvoorbeeld dat die gemiddelde salaris van ’n Eskom-werknemer in Junie verlede jaar, die maand waaroor die verslag handel, R37 515,29 was – ’n buitengewoon hoë bedrag vir ’n maatskappy met 35 173 werknemers.

Die verslag wys ook hoe produktiwiteit gedaal het. In die geheel het produktiwiteit met 4,5% gedaal in die kwartaal tot einde Junie 2009 teenoor die ooreenstemmende kwartaal in 2008, terwyl daar terselfdertyd ’n prysoorverhaling van 6,4% was.

“Die uitsette van die onderneming het met 3,3% gedaal terwyl die hulpbronne met 1,2% gestyg het,” lui die verslag.




http://www.sake24.com/articles/default/display_article.aspx?ArticleId=6-1607_2580801
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Wed Jul 07, 2010 8:14 pm

DIE KRAGKRISIS IS HIER
Wednesday, 07 July 2010 10:22

Die ontstellende rekening vir die samesmelting van bankrot lokasies met die eerstewêreld se Blanke munisipaliteite word vandeesweek – na 16 jaar van reënboognasiegeluk - afgelewer.

Slegs in die Vrystaat het 11 munisipaliteite kennisgewings van Evkom gekry dat hul krag op 20 Julie afgesluit word. Hul kragskuld by Evkom beloop R200 miljoen. In die Wes-Transvaalse Sannieshof bestaan dieselfde situasie.

Maar soos die Afrikanervolk al gewoond is: Die werklike oorsaak van die krisis word in geen koerant of nuusmedium bespreek nie: dat, toe Blanke munisipaliteite na die kamtige politieke wonderwerk van 1994 saamgesmelt het met omliggende lokasies, hulle boikottende, plunderende, nie-betalende Swart vennote gekry het wat die bestuur van hul munisipaliteite onmoontlik sou maak en hulle pylreguit na ondergang sou lei. Want dit is nie politiek korrek om daaraan aandag te gee nie.

En hiervan kan u seker wees: Die land se betalende Blanke munisipale kragverbruikers is oop oë in hierdie krisis ingelei deur die wettige plaaslike verteenwoordigers van destyds.

Die meeste van die munisipaliteite in Transvaal en die Vrystaat is bestuur deur KP-stadsraadlede. Die KP se senior munisipale segsman tydens die voor-1994-onderhanderlingsfase was Ben van den Berg. ‘n Boek wat onder die leiding van die KP-leier van daardie tyd, Ferdi Hartzenberg (‘n Land vir die Boerevolk), gepubliseer is, bevat ‘n hoofstuk wat vertel oor hoe daar agter die skerms “onderhandel” is met die ANC om die Afrikanervolk aan sy heersende benarde situasie uit te lewer.

Hartzenberg en Van den Berg was bekend met hierdie lokasies se vernietigende wanbetalingskultuur. Hulle het geweet dis maar die onderdeel van ‘n rewolusie waarvolgens die sogenaamde ou orde, dis die Afrikanervolk, vernietig sou word.

Die lokasies se wanbetalingskultuur, hul “Crises Committees” (kommunistiese fronte), was die onderwerp van menige Volksraaddebat. En sekerlik ook deel van die besprekings van KP-beheerde stadsrade. Reeds in daardie tyd was uitdrukkings soos “oorbruggingsfinansiering” en “administrators” alledaagse gonswoorde wanneer daar oor boekhou- en bestedingspraktyke vir plaaslike bestuur besin is.

Dit was ook die tyd van sogenaamde streeksdiensterade, die voorgangers van vandag se metrorade (soos “Tswhane” en “Mangaung”).

Diegene wat die moeite wil doen kan in Hansard, die parlement se toespraakrekord, gaan lees oor hoe daar gedurig astronomiese reddingstoue uitgegooi is om lokasies fiansieel te dra. In Hansard gaan lees van “oorbruggingsfinansiering” en hoe “administrators” aangestel moes word om die knoeiwerk en skelmstreke van anderkleurige vennote in hierdie streeksdiensterade toe te smeer.

Maar nou sit die skrif aan die muur en Evkom, ‘n instelling wat met verhogings van meer as 80 persent aan hoofsaaklik Swart bestuurslede kwalik self as ‘n voorbeeld van omsigtige boekhoudings- en bestedingspraktyke bekend kan staan, eis sy pond vleis.

‘n Bloemfonteinse koerant berig vanoggend ’n energiekrisis staar die Vrystaat in die gesig nadat Eskom kennisgewings van moontlike kragafsluiting aan 11 Vrystaatse munisipaliteite oorhandig het wie se gesamentlike skuld bykans R200 miljoen beloop.

Dié afsluiting sal op 20 Julie plaasvind indien die munisipaliteite nie hul agterstallige skuld vooraf betaal nie. Andersins moet ’n ooreenkoms van betaling bereik word.

Eskom wat kennisgewings oor die gesamentlike skuld van meer as R180 miljoen aan die 11 dorpe en stede gestuur het, het ook dieselfde kennisgewings aan hospitale, polisiekantore en tehuise vir bejaardes gestuur om vooraf te waarsku dat elektrisiteit afgesny gaan word.

Die departement van plaaslike regering in Wes-Transvaal het inmiddels ook erken dat die munisipaliteit van Sannieshof in duie stort. Die dorp se krag is afgesny, nadat die “Tswaing”-munisipaliteit nie 'n uitstaande rekening van nege miljoen rand by Eskom betaal het nie. Die plaaslike belastingbetalersvereniging het die situasie probeer beredder deur 'n R 60-000 aansluitingsfooi te betaal. 'n Plaaslike regeringswoordvoerder Dichaba Makhate, sê die munisipaliteit sukkel konsuis met finansiële bestuur en ou infrastruktuur. Die munisipaliteit is reeds onder administrasie geplaas.

Kom ons volg die ontvouende drama verder aan die hand van ‘n berig vanoggend in Volksblad:

... En terwyl Rome brand, het ’n groot afvaardiging van die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein met gades, gister uit die stad gevlieg glo op die koste van die vuisvoos belastingbetaler vir die duur bywoning van die twee halfeindstryde van die Wêreldbeker-toernooi in Kaapstad en Durban én ook nog die eindstryd in Johannesburg.

Byna niemand was beskikbaar om kommentaar te lewer nie.

Mnr. Pierre van Biljon, DA-raadslid van Mangaung, sê volgens navorsing van sy party skuld die Mangaung-munisipaliteit nou bykans R50?miljoen aan Eskom, terwyl dit op 19 Julie vanjaar R130?miljoen sal wees as die nuwe rekening bykom.

“Wat vir ons veral skokkend was, is dat hospitale, polisiekantore en tehuise van bejaardes deur Eskom gewaarsku moes word.”

Uit navrae van Volksblad blyk dit die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom) skuld nou glo R30 miljoen aan Eskom, terwyl die Moqhaka-munisipaliteit glo R20 miljoen skuld, Dihlabeng R8 miljoen en die Masilonyana-munisipaliteit R6,2 miljoen.

Munisipaliteite wat egter deur die kennisgewings van Eskom geraak word, is Mangaung, Matjhabeng, Moqhaka, Ngwathe, Dihlabeng, Naledi, Kopanong, Mohokare, Mafube, Masilonyana en Nala.

Die meeste van die munisipaliteite se verweer is glo weer dat die provinsiale regering hulle miljoene rande skuld. Onder die uitstaande skuld deur die regering is skuld van staatsinstellings soos dié van polisiekantore, hospitale en klinieke.

Mnr. Armand Cloete, woordvoerder van die DA, sê dié party het ’n brief aan die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en eehuising, mnr. Mosebenzi Zwane, en die minister van energie, mnr. Dipuo Peters, gestuur om dringend in dié verband op te tree. Die openbare beskermer is ook versoek om die situasie te ondersoek.

Cloete sê namens die DA Vrystaatse munisipaliteite onder leiding van die ANC het geweldig verswak. “Benewens die onvermoë om basiese dienste soos skoon water en sanitasie te bied, gaan verbruikers in die munisipaliteite nou ook moontlik sonder krag sit. Dit is alles weens die provinsiale regering se wanbestuur van belastingbetalers se geld.”

Die LUR kon, indien hy bewus van die gereelde toetrede tussen die munisipaliteite en Eskom was, vooraf voorkomend opgetree het. Dit het duidelik nie gebeur nie.

Die regering moet verseker dat die oorsake van die probleem, wat swak finansiële bestuur is, gepak word. ’n Geldelike inspuiting kan bloot net die simptome van die gereelde krisis hanteer.

Mnr. David Ross, die DA se adjunk-woordvoerder oor energie, sê: “Kragsekuriteit vir betalende inwoners moet gewaarborg word. Volgens relevante wetgewing moet energie toeganklik vir die inwoners wees om lewensgehalte te verbeter. Dit is duidelik dat munisipaliteite nie norme en standaarde nakom soos deur die wet voorgeskryf word nie.”

* Mev. Adri Strydom, kommunikasiebestuurder van Eskom, het aan Volksblad gesê dat tot dié stap oorgegaan is nadat verskeie formele pogings tot onderhandelings met die munisipaliteite nie die gewenste uitwerking gehad het nie. Beloftes wat voorheen gemaak is, het glo niks opgelewer nie.


http://www.afrikanervolksparty.org/i...:nuus&Itemid=3
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Wed Jul 07, 2010 8:16 pm

RAAK ONS DIT NIE NOU- AL GEWOOND NIE- AS EVKOM HULLE BEKKE OOPMAAK- IS DIT MEER GELD EN MINDER KRAG. AS DIE KORANTE HULLE BEKKE OOPMAAK OOR EVKOM- IS DIT MEER KORRUPSIE EN MINDER KRAGLEWERING. DIT IS MAAR SEKER SOOS DIT MET HULLE REGERING OOK GAAN- MEER GELD EN KORRUPSIE - EN MINDER DIENSLEWERING....HOE NOU ANDERS- EVKOM BEHOORT AAN DIE STAAT!



Valk-oë op beweerde korrupsie by Eskom
Mei 16 2010 00:15 James-Brent Styan Druk hierdie artikel | Stuur artikel via e-pos


Johannesburg. - Die Valke ondersoek ’n saak van beweerde korrupsie van tot R600 miljoen teen Eskom-werknemers in verband met die verskaffing van huisvesting aan kontrakteurs van Kusile, die kragstasie wat Eskom in Mpumalanga bou.

Die klagte teen die werknemers is gerig deur Born Free Investments, ’n maatskappy in Delmas wat eiendom naby die kragstasie besit waarop die huisvesting opgerig sou word.

Mnr. Lampies Lamprecht, direkteur van Born Free, sê die saak het begin toe Murray & Roberts (M&R) ’n tender uitgereik het vir huisvesting vir 1 300 vakmanne.

Born Free het as deel van ’n vennootskap met lede van die National African Federated Chamber of Commerce (Nafcoc) in April ver­lede jaar ’n tender vir dié kontrak ingedien.

“Op 12 Junie het een van ons vennote, mnr. Abraham Mashishi, wat ook die provinsiale voorsitter van Nafcoc Construction is, ons meegedeel dat ’n senior Eskom-bestuurder, mnr. Victor Kgalema, hom laat weet het dat ons die kontrak gekry het,” sê Lamprecht.
Mnr. Johan Lehmann, voorsitter van Born Free, beweer hy en Lamprecht het Mashishi dié dag ontmoet, waartydens Kgalema telefonies aan hulle bevestig het dat Born Free wel die kontrak gekry het.

“Kgalema was nie persoonlik teenwoordig nie. Kort ná die oproep het Mashishi namens Kgalema vir omkoopgeld gevra,” beweer hy.

Volgens Lehmann het Mashishi gesê Kgalema wil min of meer R1,5 miljoen hê omdat daar ander behuisingsprojekte is waarby hulle ook sou kon baat vind.

“Hy het gesê ons moet mooi na Kgalema kyk. Mashishi het ook aan my gesê Kgalema soek nie kleingeld nie en dat hy namens Kgalema optree in die saak,” beweer Lehman. Hy sê hy en Lamprecht was nie daarvoor te vinde nie. Hulle het toe later gehoor die kontrak is gekanselleer.

Born Free het die saak toe by Eskom aangemeld en verklarings afgelê. Lehmann en Lamprecht het selfs persoonlik met mnr. Brian Dames, Eskom se bestuurshoof, vergader.

Die hoof van Eskom se forensiese ondersoekspan, mnr. Linda Yanta, sê twee Eskom-werknemers is in verband met die saak ondersoek, maar is later vrygespreek. “Daar was geen bewyse nie. Buitendien, M&R was verantwoordelik vir die hele tenderproses. Kgalema het ook nie die nodige gesag gehad om namens Eskom in die saak op te tree soos wat Born Free sê nie.”

Yanta sê die twee werknemers het saamgewerk, maar wou nie ’n leuenverklikkertoets aflê nie.

“Dit is die werknemer se reg om in te stem tot so ’n toets of nie. Sulke toetse kan nie as bewys dien in ’n saak nie en dien bloot as hulpmiddel vir ’n ondersoekspan.”

Sake24 het ook bevestig dat Eskom soortgelyke aantygings wat verband hou met ander kontrakte, teen Kgalema ondersoek.
Kgalema het egter Vrydag aan Sake24 ontken dat só ’n ondersoek aan die gang is.

“Ek is vrygespreek op die Kusile-klag waar ek in elk geval geen invloed oor enige tenderprosesse gehad het nie,” sê hy.

Hy voeg by klagtes soos dié teen hom gaan gepaard met die werk wat hy doen. “Ek werk met begrotings van miljarde. Dit is maar logies dat klagtes nou en dan sal opduik.”

Yanta sê egter Kgalema is deeglik bewus van die nuwe ondersoek en kon nie verklaar waarom hy dit ontken nie.

Volgens Yanta het Nafcoc ook besluit om nie aan die forensiese ondersoek deel te neem nie. “Ons moes hul regte respekteer. Ons het geen jurisdiksie om ’n private persoon of entiteit te dwing om deel te neem aan ’n interne Eskom-ondersoek nie.”

Die betrokke Nafcoc-lede wou ook nie met Sake24 vergader nie.

Lamprecht sê dit kom neer op Born Free se woord teen Kgalema s’n. “Die verskil is ons is bereid om leuenverklikkertoetse af te lê en saam te werk. Die enigste ander party wat kan lig werp op die situasie, Nafcoc, werk ook nie saam nie.”

Lamprecht sê hulle het die saak nou aan die Valke oorhandig.

http://www.sake24.com/Maatskappye/Valko%C3%AB-op-beweerde-korrupsie-by-Eskom-20100515
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Wed Jul 07, 2010 8:22 pm

JA- 'N MENS KAN NET WONDER WATSE ESKAPADES DIE KLOMP MORONE BY EVKOM GAAN AANVANG WANNEER HULLE GROOT SOKKER FIASKO OP HANDE IS? EK VERMOED EVKOM GAAN DIE "MUNTS" SE NAAM LELIK MET 'N PLANK SLAAN IN DIE OE VAN DIE BUITELAND. HULLE SG. "DROOM" GAAN LETTERLIK 'N NAGMERRIE WORD ....SONDER LIGTE!


Dis nag!
2010-02-13 23:17



" ’n Donker Vodacom-stadion gisteraand tydens die Super14-wedstryd tussen die Cheetahs en die Bulls. Is dít wat wag tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi?


Johan Eybers

Die Cheetahs is waarskynlik heimlik verlig dat die laaste kwart van hul eerste Super14-rugbywedstryd van die seisoen gister op Vodacompark in Bloemfontein teen die Bulls in die donker gespeel is.

Die ontydige kragonderbreking het die verleentheid van hul nederlaag van 51-34 teen die Bulls dalk effens versag.

Dis egter die stadion wat die klaaglikste misluk het.

En wéér is Suid-Afrika se gereedheid om oor drie maande die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aan te bied onder die soeklig geplaas.

Die Vodacom-stadion se infrastruktuur is onlangs teen R245 miljoen verbeter om van die Wêreldbeker-wedstryde te kan huisves. Dit sluit meer sitplekke, beter beligting en klanktoerusting in – alles uit die belastingbetaler se sak.

Rugby-ondersteuners van oor die wêreld heen het gister gesien hoe die stadion net ná die 15de minuut in die tweede helfte eensklaps in donker gehul is.

Skeidsregter Jonathan Kaplan het spel vyf minute lank gestaak. Daarna is die res van die wedstryd in skemerdonker voltooi.

Niemand kon teen druktyd sê wat die kragonderbreking veroorsaak het nie. Die Vrystaatse Rugby-unie en die Mangaung-munisipaliteit in Bloemfontein het egter erken die voorval was ’n geweldige verleentheid vir Suid-Afrika.

Vrae is in onlangse dae geopper oor Eskom se opwekkingsvermoë en of sy kragreserwe-marge genoeg is vir die Wêreldbeker-toernooi.

Mnr. Rich Mkhondo, woord­voer­der van die plaaslike reëlingskomitee vir die toernooi, het Rapportgister verseker?soortgelyke kragonderbrekings sal nie gedurende die toernooi plaasvind nie.

Suid-Afrika se groot nyweraars is egter minder optimisties en maak hulle reg vir lang kragonderbrekings en gedwonge beurtkrag ná die sokkertoernooi.

’n Koalisie van groot nyweraars, die Energy Intensive Users Group (EIUG), waarsku sy lede om gebeurlikheidsplanne te beraam nadat elektrisiteitsaanvraag die laaste paar maande skerp gestyg het.

Kragverbruik was in Januarie vanjaar 9% hoër as in die ooreenstemmende tydperk in 2009.

Mnr. Piet van Staden, EIUG-lid, sê Eskom se reserwemarge is net-net genoeg vir die Wêreldbekersokkertoernooi. Die land kan egter in die daaropvolgende somer ’n krisis beleef wanneer Eskom verplig sal wees om sy kragstasies vir instandhouding te sluit.

Eskom moet reeds die toevoer na een van sy grootste nywerheids­kliën­te tydens spitstye afsny om te verseker dat die res van die land nie in duisternis gehul word nie.

Mnr. Andrew Etzinger, Eskom-woordvoerder, erken die toevoer na die Hillside-aluminiumsmeltery in Richardsbaai word “meer kere afgesny as wat die publiek besef”.

Mnr. Ted Blom, ’n onafhanklike ontleder wat 20 jaar lank vir Eskom gewerk het, sê daar is reeds te min elektrisiteit in die land.

“Eskom se totale opwekkingsvermoë is 40 gigawatt (GW), maar die spitsgebruik kan tot 42 GW styg tydens die sokkertoernooi. Dit laat jou hare rys as daar in ag geneem word dat die internasionale praktyk bepaal dat ’n land minstens 15% reserwes vir ’n noodgeval benodig.”

Eskom onderhandel nou met groot nywerhede om al hul instandhoudingswerk in Julie tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi te doen om só die elektrisiteitsaanvraag te verminder.

Buurlande sal ook in Julie krag aan Suid-Afrika lewer.

Van Staden sê dié maatreëls is goed genoeg om die Wêreldbekersokkertoernooi aan te bied, maar is nie op lang termyn volhoubaar nie.

Volgens Van Staden gaan dinge nog lol voordat Eskom se nuwe Medupi- en Kusile-kragstasies in 2012 begin lewer. Dié kragstasies kos R211 miljard.

Etzinger erken die lae reserwemarge is ’n probleem en dat ’n tekort kan ontstaan indien daar probleme is met Eskom se kragsentrales.

“Ons glo nie daar sal tydens of ná die toernooi na beurtkrag teruggekeer word nie – solank as wat Eskom op alle vlakke presteer”.

- Rapport
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Wed Jul 07, 2010 8:26 pm

O-KEY...THIS IS THE BEST I EVER HEARD......CRIMINAL COMPANY OWING MONEY TO CRIMINAL COMPANY ALL WHILE CRIMINAL COMPANY ARE HAVING SHARES IN OTHER CRIMINAL COMPANY...CONFUSING EH? CRIMINALS CHOULD KNOW CRIMINALS STEAL- THEY DO NOT PAY AS A NORM! SO- ARE THE SMALL CRIMINALS NOW GONNA CUT THE BIG CRIMINAL'S POWER...LIKE THEY DO WITH THE REST OF THE POPULACE?

Government owes Eskom R188 million - Hogan
Sapa
Published: 2010/07/07 03:59:52 PM




Local, provincial and national government owes Eskom nearly R189 million in electricity arrears, Public Enterprises Minister Barbara Hogan said today.

The bulk of the debt, R162.7m, was owed by municipalities, Hogan said in reply to a parliamentary question by the Democratic Alliance.

At the end of April, outstanding amounts owed by other government institutions, including national and provincial departments came to R26.2m, according to the minister, She said the institutions which had fallen in arrears could include schools and clinics, but since their accounts were treated like all others they could not be listed separately.

The municipalities that had accumulated the biggest outstanding bills were in North West.

Ngwathe owed R26.9m, Moqhaka R24.2m, Matjhabeng R19.9m, Mafube R14.7m and Dihlabeng R8.1m. Other municipalities in arrears included Ventersdorp and Randfontein, which respectively owed R5m and R4.7m.

Hogan said Eskom cut off electricity to defaulting municipalities only as “a last resort” and always after having ensured that essential services such as hospitals and sewage plants were not affected.

“This is done to avoid the disastrous impact that could follow.” She said the cash-strapped electricity utility was talking to municipalities, mayors, MECs, premiers, the Treasury, the National Energy Regulator of SA (Nersa), and the departments of energy and cooperative governance to “find a solution to improve municipal payment levels”.


http://www.businessday.co.za/article...aspx?id=114054
lol!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN   Today at 9:56 am

Terug na bo Go down
 
EVKOM SE SWART DIEFSTALLE - EN SY SUKKEL-BESTAAN
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: