IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Jesaja 66 en Habakuk 2 - Ek deel graag

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Jesaja 66 en Habakuk 2 - Ek deel graag   Fri Apr 23, 2010 8:26 am

Jesaja 66
1
So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?


2
Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.


3
Die mense offer bulle maar hulle maak ook mense dood as offers, hulle offer lammers maar hulle breek ook honde se nekke as offers, hulle bring graanoffers maar ook offers van varkbloed, hulle offer wierook maar hulle prys ook afgode; hulle het besluit om hulle eie kop te volg, hulle is lief vir hulle afskuwelike afgodsoffers.


4
Daarom besluit Ek dat hulle gestraf moet word en bring Ek verskrikking oor hulle. Toe Ek geroep het, het niemand geantwoord nie, toe Ek gepraat het, het niemand geluister nie; hulle het gedoen wat verkeerd is in my oë, hulle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.


5
Hoor die woord van die Here, julle wat ontsag het vir sy woord: Julle broers deur wie julle gehaat word, deur wie julle verstoot word ter wille van my Naam, sê: "Laat die Here sy mag bewys, dat ons kan sien waarom julle so bly is!" Maar hulle sal ontnugter word:


6
hoor die rumoer daar in die stad, hoor daar in die tempel, hoor hoe die Here sy vyande straf oor hulle dade.


7
Bring 'n vrou 'n kind in die wêreld voordat sy geboortepyne het? Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval?


8
Wie het al so iets gehoor? Wie het dit al gesien? Word 'n land op een dag gebore, of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring? Maar Sion het skaars geboortepyne gekry of sy het haar kinders in die wêreld gebring.


9
Sou Ek die moederskoot laat oopgaan en nie 'n geboorte laat plaasvind nie? vra die Here. Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind, die moederskoot toesluit? vra jou God.


10
Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet. Wees vrolik saam met haar almal wat oor haar getreur het.


11
Julle sal aan haar drink totdat julle genoeg het, totdat julle veilig voel; julle sal drink van die oorvloed wat sy het, en dit geniet.


12
So sê die Here: Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier, Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom. Julle sal aan haar drink, aan haar bors gedra word en op haar skoot getroetel word.


13
Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel. Julle sal veilig voel in Jerusalem.


14
Julle sal dit beleef en julle sal bly wees; julle sal nuwe lewe kry soos groen gras wat uitspruit. So sal die mag van die Here geopenbaar word aan sy dienaars, en sal Hy sy vyande straf.


15
Die Here kom in vuur, sy strydwaens is soos 'n stormwind. Hy kom sy toorn koel, Hy kom die straf voltrek met vuur.


16
Die Here kom om al wat leef, te straf met vuur en swaard, Hy sal baie laat sterf.


17
Die mense wat hulleself wy en reinig om in 'n optog na die tuine toe te gaan, wat varkvleis eet en afskuwelike afgodsoffers en muise, sal almal uitgeroei word, sê die Here.


18
Ek weet wat hulle doen en dink; die tyd kom dat Ek al die nasies en al die taalgroepe bymekaar gaan maak. Hulle sal kom en hulle sal sien hoe magtig Ek is.


19
Ek sal 'n teken onder hulle oprig en Ek sal van dié van hulle wat die oordeel oorleef het, uitstuur na ander nasies toe, na Tarsis, na Pul, na Lud met sy bedrewe boogskutters, na Tubal, na Griekeland, en na die ver eilande toe wat nie van my roem gehoor het nie en nie my mag ervaar het nie. So sal dié wat Ek gestuur het, onder die nasies verkondig hoe magtig Ek is.


20
Hulle sal al julle volksgenote uit al die nasies as 'n geskenk vir die Here saambring op perde, op waens, op drastoele, op muile en op kamele. Hulle sal hulle bring na my heilige berg toe, na Jerusalem toe, sê die Here. Hulle sal hulle bring soos die Israeliete die graanoffers in rein skottels na die huis van die Here toe bring.


21
Ek sal van hulle as priesters en Leviete aanstel, sê die Here.


22
Soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek gaan maak, in my diens sal staan, sê die Here, so sal julle nageslag en julle roem in my diens staan.


23
Elke nuwemaansfees en elke sabbat sal al wat leef, voor My in aanbidding kom buig, sê die Here.


24
Wanneer hulle uit die stad uitgaan, sal hulle die lyke sien van die mense wat hulle teen My verset het. Die wurms wat aan hulle vreet, sal nie vrek nie, en die vuur waarin hulle brand, sal nie geblus word nie; hulle sal iets afgrysliks wees vir al wat leef.


Habakuk 2
1
Ek wil op my uitkyktoring gaan staan, my plek op die vestingmuur gaan inneem, ek wil wag om te verneem wat die Here vir my sal sê en wat ek moet antwoord wanneer mense my verwyt.


2
Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees.


3
Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.


4
Dit is die boodskap: Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.


5
'n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei, sal nie in sy doel slaag nie, al is hy so gulsig soos die doderyk, so onversadigbaar soos die dood, al versamel hy al die nasies rondom hom, al maak hy gevangenes van al die volke.


6
Dieselfde volke sal spotliedjies oor hom sing en met minagting na hom verwys. Hulle sal sê: Ellende wag vir hom wat hom verryk met goed wat nie syne is nie, wat vir hom al meer goed inpalm wat verpand is. Hoe lank sal dit nog voortduur?


7
Die tyd kom vinnig nader dat jy self in die skuld sal wees, dat skuldeisers vir wie jy sidder, skielik voor jou sal staan en jou sal kaalstroop.


8
Jy het baie nasies geplunder, maar nou sal dié wat oorgebly het, jou plunder, want jy het baie bloed vergiet, geweld gepleeg in baie lande, teen stede en teen hulle inwoners.


9
Ellende wag vir hom wat hom ten koste van ander wou verryk en daardeur 'n ramp oor sy familie gebring het, hy wat vir hom 'n hoë nes wou bou juis om 'n ramp vry te spring.


10
Met jou geknoei het jy jou familie se ondergang bewerk; jy wou baie volke uitroei, maar daarmee het jy 'n einde aan jou eie lewe gemaak.


11
Selfs die klippe in die mure skreeu oor wat jy gedoen het, en die balke skreeu saam.


12
Ellende wag vir hom wat 'n stad bou met moord, wat 'n dorp aanlê met onreg.


13
Dit is die Here die Almagtige wat dit beskik het dat dít waarvoor volke gewerk het in vlamme opgegaan het, dat volke hulle tevergeefs afgesloof het.


14
Soos waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word.


15
Ellende wag vir hom wat, toe hy vir 'n ander drank gegee het, dit met gif gemeng het en hom dronk gemaak het om na sy kaal geslagsdele te kan kyk.


16
Jy sal self met skande in plaas van met eer oorlaai word, jy sal self dronk word en jou ontbloot! Die Here sal jou die oordeelsbeker wat in sy hand is, gee om te drink, en jou eer sal in skande verander word.


17
Jou geweld teen die Libanon sal jouself tref, jou mishandeling van die diere op die Libanon sal jouself vernietig. Jy het baie bloed vergiet, jy het geweld gepleeg teen baie lande, teen stede met hulle inwoners.


18
Wat is die nut van 'n afgod? Dit is maar net iets wat deur 'n mens gemaak is, 'n beeld waarvan net bedrog te wagte kan wees. Wat baat dit die maker om op sy maaksel te vertrou as hy 'n afgod gemaak het wat nie eens kan praat nie?


19
Ellende wag vir hom wat vir 'n stuk hout sê: "Word wakker!" of vir 'n dooie stuk klip: "Staan op!" Kan 'n afgod jou iets leer? Al is hy met goud of silwer oorgetrek, is daar geen lewe in hom nie.


20
Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Jesaja 66 en Habakuk 2 - Ek deel graag
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Godsdiens Draad-
Spring na: