IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 EUGENE TERREBLANCHE SE LAASTE DAG- GEBEURE

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: EUGENE TERREBLANCHE SE LAASTE DAG- GEBEURE   Sat Apr 17, 2010 12:56 pm

Só ontvou ET se laaste lewensdag
2010-04-10 23:00



Herman Scholtz

Die twee vermeende moordenaars van mnr. Eugène Terre’Blanche het glo kort ná sy moord vir hul mede-plaaswerkers gesê hulle is nou die “baas” van die plaas omdat hulle hom vermoor het.

Mnr. Zaru Selani, ’n plaaswerker van die aangrensende plaas, het aan Rapport gesê twee mans het verlede Saterdag aan sy voordeur geklop. Hulle het ernstig gelyk en was effens aangeklam, het hy gesê.

Die mans het sy selfoon gebruik om die polisie te bel en te sê hulle het Terre’Blanche doodgemaak. Hy het geskrik toe hulle dit sê en het sy foon teruggeneem voordat die mans vort is. Dit was die eerste keer dat hy hulle gesien het.

Ook mnr. George Ncube, die voorman op die buurplaas, het gesê die beskuldigdes was nie bekend in die gemeenskap nie.

“Ons het hulle gesien, maar nie geken nie.”

Volgens Ncube, wat reeds meer as 50 jaar op dié plaas werk, het Terre’- Blanche gereeld straatkinders gebruik om werk op sy plaas te verrig en het hy nie lank dieselfde werkers gehad nie.

Die staat beweer mnr. Chris Ma-hlangu (27) het die afgelope ses maande daar gewerk en sy 15-jarige mede-beskuldigde ongeveer ’n maand lank.

Landdros Wikus van Loggerenberg het gehoor dat Mahlangu en die minderjarige ’n uitval met Terre’- Blanche gehad het oor die beeste op sy plaas en oor geld wat die werkers by hom wou leen.

Die hof het gehoor hoe die beskuldigdes vroeër die week geld wou leen by mev. Martie Terre’Blanche, maar dat haar man gesê het hy het met hulle gereël om hulle ná die Paasnaweek te betaal.

Hy het hulle die tweede keer wat hulle geld by die dorpshuis kom vra het opgelaai en saam by die drankwinkel gestop voordat hulle plaas toe is.

Luidens die klagstaat het Terre’- Blanche die Saterdagoggend 18 Savanna-drankies vir Mahlangu (27) en 12 van dieselfde drankies vir die 15-jarige beskuldigde gekoop wat hulle op sy plaas gedrink het. Vir homself het hy ’n bottel Smirnoff-vodka gekoop.

Terre’Blanche het hulle gevra om sy 97 beeste in te bring, maar daar was glo 3 vermis.

“?’n Argument het ontstaan oor of daar enige beeste vermis is en blykbaar ook oor hul lone.

“Die beskuldigdes het omstreeks 17:00 na die plaashuis gegaan, oënskynlik om geld te eis. Die deur was gesluit, maar een van die vensters het oop gestaan.

“Een van die beskuldigdes het ’n staalpyp uit die stoorkamer gaan haal en daarmee die venster verder oopgestoot om in te kom.”

Luidens die voorlopige lykskouing wat aan die hof voorgehou is, het Terre’Blanche verskeie breuke aan sy skedel gehad en veelvuldige breinbeserings opgedoen. Sy lewer het ook gebars.

Nadat Mahlangu en die kind hom na bewering met die staalpyp en ’n panga doodgeslaan het, het hulle deur sy broek gesoek en ’n bruin Nokia 7360-selfoon gevat.

“Hulle het sy broek tot by sy knieë afgetrek en sy private dele ontbloot,” lui die klagstaat.

Die drade van Terre’Blanche se bakkie was geknip en die beskuldigdes word daarom ook van poging tot roof aangekla.

Die saak is tot Woensdag uitgestel vir verdere ondersoek, onder meer oor die toerekenvatbaarheid van die minderjarige en formele borgtogaansoeke.

Adv. Menzi Simelane, nasionale direkteur van openbare vervolging, het buite die hof gesê die minderjarige het ’n vorige veroordeling weens huisbraak, maar het kort daarna gesê dit moet nog bevestig word.

Volgens mnr. Zola Majavu, die minderjarige se prokureur, is die kind se ma nou na ’n plek van veiligheid geneem nadat sy doodsdreigemente ontvang het.

Mahlangu word ook om veiligheidsredes in die polisieselle in ’n ander dorp in Noordwes aangehou.

- Rapport
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/S%C3%B3-ontvou-ET-se-laaste-lewensdag-20100410
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
EUGENE TERREBLANCHE SE LAASTE DAG- GEBEURE
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: