IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 5 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 5 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 171 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is Franci

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::
Share | 
 

 GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
Gaan na bladsy : Previous  1, 2, 3, 4, 5  Next
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Mon Jun 28, 2010 9:37 am

JUNE 28


When God wants to bless you, He sends a person in your life.
When the devil wants to destroy you, he sends a person in your life.
How can we tell the difference? By knowing your people connections.
Your success depends on the quality of people you are connected to,
and there are two types of people you'll come in contact with throughout your lifetime:
1) those who add and multiply, making you more than you are;
2) And those who subtract and divide, thereby devaluing you.
Never allow people into your life without knowing their agenda.
Find out where they came from and why they want to be connected to you.
When a person is in your life and your life is declining, they are not a God connection!
A healthy connection will protect your self-worth even when you're experiencing a season of pain
or struggling with a failure in your life.
A true God connection will never abandon his assignment until you reach your full potential!

Malachi 3:3 says: 'He will sit as a refiner and purifier of silver.'


This verse puzzled some women in a Bible study and they wondered what this statement meant about the character and nature of God ...
One of the women offered to find out the process of refining silver and get back to the group at their next Bible Study.
That week, the woman called a silversmith and made an appointment to watch him at work. She didn't mention anything about the reason for her interest beyond her curiosity about the process of refining Silver.
As she watched the silversmith, he held a piece of silver over the fire and let it heat up. He explained that in refining silver, one needed to hold the silver in the middle of the fire where the flames were hottest as to burn away all the impurities.
The woman thought about God holding us in such a hot spot; then she thought again about the verse that says: ' He sits as a refiner and purifier of silver.'
She asked the silversmith if it was true that he had to sit there in front of the fire the whole time.



The man answered that yes, he not only had to sit there holding the silver, but he had to keep his eyes on the silver the entire time it was in the fire. If the silver was left a moment too long in the flames, it would be destroyed.
The woman was silent for a moment. Then she asked the silversmith, 'How do you know when the silver is fully refined?'
He smiled at her and answered, ' Oh, that's easy -- when I see my image in it.'

If today you are feeling the heat of the fire , remember that God has his eye on you and will keep watching you until He sees His image in you.
Pass this on right now. This very moment, someone needs to know that God is watching over them.
And, whatever they're going through, they'll be a better person in the end.


Thank you God, for teaching me to laugh again......but please Lord, don't ever let me forget that I cried.


CFC BLESSINGS
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Mon Jun 28, 2010 9:42 am

28 JUNIE

WEN die wedloop

Fillipense 4:13

"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee..."

Psalm 126:1-2

"Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos 'n droom... Ons het gelag en gesing..."

"Moet nooit ophou droom nie... Sonder drome kan jy voortgaan om te bestaan, maar jy sal ophou lewe..." Mark Twain

"Elke probleem op ons lewenspad, kan deur 'n droom opgelos word..." David Schwartz

"Jy droom drome en sien gesigte..." OF "nou is jy sommer laf man!" OF "ai, ek sal in elk geval nooit kan nie..." Ek't die naweek 'n Wimbledon wedstryd van Nadal gekyk... Die hele wedstryd deur was dit kop aan kop... Sy opponent het geveg met ALLES wat in hom was... Tot in die laaste stel, met die 3e pot... Dit was asof 'n "switch" afgegaan het, en die opponent net moed opgegee het... Hy het ophou glo dat hy KON wen...

Hoe baie is dit nie so met die lewe nie? Ons fight en fight en fight, totdat ons AMPER wen, maar wanneer dit 'n moontlikheid word, gee ons net op... Gooi ons tou op... Ons hele visie word donker, soos ons self die onweerswolke laat saampak... Ons GLO dat ons dit nie kan maak nie... ONS, is ons eie grootste vyand... Al wat gemaak het dat Nadal aanhou veg het, was omdat Hy GEGLO en GEWEET het, hy kan... Hy het homself "geback" en moed ingepraat, en nie heeltyd negatiewe gedagtes gedink en homself probeer sink nie...

God back jou... Hy WEET jy kan, want Hy het jou die gawes gegee om ENIGE iets te kan aanpak... Dit wat jy nie kan doen nie, KAN HY... Jy moet net glo Hy sal! Hy is reeds aan die begin van hierdie nuwe dag, besig om wonderwerke vir jou te verrig... Om seeninge oor jou uit te stort... Maak jou hande oop, dat jy kan ontvang waarmee Hy jou wil bless... GLO in jouself... As jy nie in jouself glo nie, hoe kan jy verwag dat ander moet? JY IS KONINGSKIND materiaal... SUPER SPESIAAL!!!


KVB SEENINGE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Wed Jun 30, 2010 1:16 pm

MISKIEN MOET MEER AS NET 'N PAAR VAN ONS MANS DIE STUKKIE WYSHEID INNEEM EN TOEPAS:


God wil ons nie laat swaarkry nie,
maar as gevolg van ons ongehoorsaamheid,
sal God goeie dinge van ons weerhou.
As jy in 'n buite-egtelike verhouding is, gaan na die persoon met wie
jy die verhouding het en sê "dis verby".
Vra God om vergifinis.
As jy saam met 'n vrou bly gaan na haar en sê trou met my,
want God wil jou Heilig hou.
As jy nie seker is nie moet haar nie misbruik nie want sy is 'n Heilige
Skepping van God.
Mans moet leiding neem in Boekevat - huisgodsdiens, dit gee hul
vrouens 'n gevoel van sekuriteit.
As jy na pornografie kyk, stop!
Al moet jy jou TV breek en nooit weer TV kyk nie.
As jy suip, hou op!
Niks goeds kom uit die Ooste uit nie..
Belei jou sondes en vra God om vergifnis, glo dat Jesus vir jou
saligmaking gesterf het en jy SAL gered word.
Wat God belowe, is waar tot in ewigheid God belowe dat hy die land sal
heel as ons onsself voor Hom verootmoedig en om vergifinis vra vir ons
sondes.
God is nie 'n mens dat Hy sal lieg of 'n skuldgevoel sal hê oor wat Hy
vir ons beskik nie.
Glo God se beloftes!
Veertig persent van die mense in ons parlement is nie Christene nie.
Ons moet onsself verset totdat hulle weer die Bybel in die parlement
lees.
Stem dus vir die Christen en nie vir die party nie.
Mans en vrouens in 'n huwelik moet mekaar respekteer.
Die man is die hoof van die huis.
Mans moet hul vroue ordentlik en met respek behandel en na hulle omsien
en beskerm.


POS GESTUUR DEUR ERIKA ( WES KAAP)
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Wed Jun 30, 2010 1:19 pm

30 JUNIE

KRAG

Efesiers 1:18-20

"Ek bid dat julle kan weet hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo... Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek het, Hom in die Hemel aan Sy regterhand laat sit het..."



Romeine 15:13
"Mag God, julle bron van hoop, julle deur die geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees..."

"Innerlike krag kom nie uit wen nie... Wanneer jy deur moeilike tye gaan sonder om op te gee, dan het jy innerlike krag..." ¬ Arnold Schwartzenegger

"Net soos die aarde niks kan voortbring sonder die voedende strale van die son nie, net so is ons kragteloos sonder God se genade..." ¬ Vianney

Plante het sonlig en water nodig om te groei en sterk te word... Net so het ons God se woord nodig, en tyd saam met God nodig om ons te versterk en om ons te help groei...

In die besige tye waarin ons leef, dink ek sny ons eerste tyd by ons stilte tyd, as ons 'n ekstra paar uur in die dag nodig het... Ons werk, ons swottings, ons vriende en gesinne, staan gewoonlik eerste in die ry en dan God... 'n Vriendin van my het nou die dag gese - "wanneer jy iets oorkom / sterf, sal die werk jou maar net "replace" met iemand anderste... Hulle sal hartseer wees vir 'n rukkie, maar oor 'n week of 2 sal hulle aanbeweeg het, en van jou vergeet het..." Hoe waar is dit nie!!!

Ons moet sorg dat God ons nommer 1 in ons elke dag roetine word... Sodat WANNEER ons die dag sterf, ons VERSEKER by Hom opeindig... 'n Mens se dag verloop ook sommer net BAIE beter, wanneer jy dit begin met God... Dit is waar jy jou pitkos en krag ontvang vir die dag wat voorle... Deur daardie tydjie stil te raak, BELOWE ek jou, sal dit jou soveel sterker maak, en sal die geringste klein klippies wat opskiet deur die dag soos jy aanstap, NIE jou hele dag bederf nie...

Mag jou daggie vandag GESEEND wees!


KVB GROETE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Wed Jun 30, 2010 3:16 pm

Die Dominee se Seuntjie:

Die dominee en sy elfjarige seuntjie het die gewoonte gehad om elke Sondagmiddag na kerk die dorp in te vaar en traktaatjies uit te deel met die evangelieboodskap op. Een Sondag kom die seun by Pa aan, toegewikkel in sy warmste klere: "Ek is reg pa!" Die dominee is effens uit die veld geslaan - dit is bitter koud en die reën kom af in emmersvol. "Nee Seun, ons kan nie vandag gaan nie - nie in hierdie eendeweer nie.." Teleurstelling is duidelik op die outjie se gesig te lees: " Maar Pa .. gaan mense dan nie Hel toe as dit reën nie?"

"Kyk Seun, ek gaan beslis nie in sulke weer uit nie!"

"Maar mag ék dan maar gaan Pa? Asseblief Pappie."

Nadat die dominee goed oor die saak gedink het, gee hy vir sy seuntjie 'n pak traktaatjies om te gaan uitdeel, en opgewonde vaar die outjie alleen die sopnat strate in.

Daar was byna g'n siel te siene op straat nie, dus loop hy van deur tot deur en deel sy traktaatjies uit. Na twee ure se harde werk het hy nog net een traktaatjie oor. Sopnat gereën en bibberend van die snerpende koue stap hy na 'n huis toe om sy laaste traktaatjie af te gee. Hy lui die klokkie, maar niemand maak oop nie. Hy lui weer 'n slag, maar binne is dit doodstil. Dan druk hy die knoppie met méning, en lui en lui, maar binne gebeur absoluut niks.

Uiteindelik draai hy om om te loop, maar dit is asof 'n stemmetjie binne in hom vir hom sê om terug te gaan. Hy draai om, lui weer die klokkie, en begin om aan die deur te klop, en later te hamer met sy vuis. Dit is asof iets hom by daardie deur hou. Net toe hy wil moed opgee gaan die deur stadig oop. 'n Ou tannie wat duidelik baie bedroef is vra vir hom of sy hom kan help met iets. Met ogies wat glinster en 'n glimlag van oor tot oor gee hy vir haar sy traktaatjie: "Ek is jammer ek het Tannie gepla, maar, maar ek wou net vir Tannie kom sê dat Jesus 'rêrag' vir Tannie lief is. Hier is my heel laaste traktaatjie vandag - daarop vertel dit alles van Jesus en Sy groot liefde!" En daarmee gee hy vir haar die traktaatjie, draai om en hardloop huistoe.

Die volgende Sondagoggend staan die Dominee op die preekstoel. Sy oë gaan oor sy gemeente, en toe vra hy of daar dalk iemand is wat 'n getuienis het wat hy wil lewer voor die diens begin. Heel agter in die kerk staan 'n ouerige dame op, haar gesig stralend.

"Niemand ken my in hierdie kerk nie," begin sy vertel, "want sien, voor verlede Sondag was ek nie 'n Christen nie, en ek was nog nooit in hierdie kerk nie." Die mense rek eintlik hulle nekke om hierdie vreemdeling te sien. Sy begin haar verhaal vertel:

"My man is 'n paar jaar gelede dood, en toe los hy my stoksiel alleen op hierdie droewige aarde. Laas Sondag was dit 'n besonder koue, nat en mistroostige dag, en ek het net gevoel dat daar vir my absoluut niks hier oorbly om voor te leef nie. Ek het 'n stuk tou gevat en 'n stoel, en ek is op na die solder toe. Daar het ek op die stoel geklim, die tou om 'n balk vasgemaak en die ander punt om my nek. En daar staan ek, so bitterlik jammer vir myself. Ek het die einde van my paadjie bereik! Net toe ek wil spring, lui die deurklokkie - ek het my byna dood geskrik. Ek het doodstil gestaan en gedink dat wie ookal die klokkie lui sou padgee.. maar hy het nie! Die gelui het al harder en dringender geword, en ek het begin wonder wie mý deurklokkie so sou lui, want niemand het ooit vir my kom kuier nie. Naderhand het die gelui 'n geklop geword en naderhand het die persoon met sy vuiste teen die deur gehamer. Ek kon dit nie meer vat nie, en toe maak ek maar die tou los om te gaan kyk wie dit is."

"Ek kon my oë nie glo toe ek die deur oopmaak nie, want voor my het 'n seuntjie gestaan - sy gesiggie stralend soos 'n engel s'n. En daardie glimlag - ek kan dit skaars beskryf! En toe hy begin praat, is dit soos 'n engel wat met my praat: "Tannie", het hy gesê, "Tannie, ek kom net vir Tannie vertel dat Jesus vir Tannie 'rêrag' liefhet!" My hart wat so morsdood was het in my keel geklop. En toe gee hy vir my hierdie traktaatjie wat ek vashou."

"Toe hy weg is, vat ek die traktaatjie, en ek lees dit oor en oor - ek het elke woord daarin ingedrink. En toe stap ek op na die solder toe, en ek gaan haal die tou en die stoel, want toe was hulle nie meer nodig nie, want sien, ek is nou 'n Kind van die Koning. Julle kerk se adres was agter op die traktaatjie, en ek het net vanoggend gekom om te kom dankie sê vir die engeltjie wat my lewe kom red het, en my gered het van die ewige verderf in die hel."

Teen daardie tyd was daar seker nie 'n enkele persoon in die kerk wat nie gesit en trane afvee het nie. Die dominee het van die preekstoel afgeklim en sy klein engeltjie styf teen sy bors vasgedruk terwyl die trane vryelik oor sy wange loop. Daar is seker nie 'n gemeente wat 'n groter oomblik van glorie beleef het as hierdie een nie, of 'n pa wat meer vervul was met liefde en eerbetoon vir sy seun as hierdie een nie . buiten Een: hierdie Vader het óók Sy Seun in die donker, koue wêreld ingestuur om die Boodskap van Redding aan die wêreld te bring. Sy Seun was verag, verwerp, gespot, geslaan en aan 'n kruis vasgespyker. En toe alles verby was, het Hy Sy Seun terug verwelkom en Hom op die troon laat sit om te regeer oor die heelal.

Daardie Seun bring vandag steeds hoop en redding vir die wêreld, maar hy vra vrywilligers soos ek en jy om Sy boodskap met vreugde uit te dra aan mense wat verlore is.



POS GESTUUR DEUR: JACO SMIT ( GAGGATENG)
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Fri Jul 02, 2010 10:01 am

02 JULIE

Hier is vandag 'n ietsie anders vir die woord gedeelte vir die gedagte vir die daggie... Dis 'n powerpoint wat iemand vir my aangestuur het, en dit is BAIE POWERFUL...



Verse vir vandag:

Spreuke 16:21,23

"'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem... en as hy sy woorde reg kies, kan ander ook leer... 'n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer..."

2 Tessalonisense 3:16

"Mag die Here wat vrede gee, julle in alle opsigte vrede gee!"



VRIENDSKAP met GOD


Eksodus 33:11

"Die Here het direk met Moses gepraat, soos 'n man met sy vriend..."

Johannes 15:13-15

"Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende afle... Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel... Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat Sy baas doen nie... Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het..."

"Wanneer siekte, ouderdom, pyn of bekommernis jou konsentrasie wegrokkel, ontspan... God is 'n Vriend wat verstaan..." ¬ Keith McClellan

"Daar is geen beter plek om sekuriteit te vind as in jou vriendskap met God nie, want God is jou toevlug en jou krag..." Joy Mol

Niemand verstaan my nie... Ek is SO moeg... JY het nog nie so gesukkel soos wat EK sukkel nie... Alles gebeur met my... Dis maar net 'n paar frases van wat baie van ons daagliks kwytraak... Ek wil dus vanoggend kom verskil... Daar IS een persoon wat beter verstaan as wat jy OOIT sal kan dink!!! Jesus, God, en die Heilige Gees...



Jesus, moes gaan sterf het aan 'n Houtkruis vir jou en vir my... Ek dink HY verstaan ALLES van pyn, van sukkel, van dinge wat onregverdig met Hom gebeur het... God het egter 'n plan daarmee gehad... Net soos wat Hy met jou en my lewe 'n plan het... HY wil jou vriend wees... Met God as jou vriend, hoef jy NOOIT bekommerd te wees dat jy dalk "gejudge" gaan word nie... Ook nie, dat Hy dit wat jy aan jou vertel, teen jou sal gebruik nie... Hy sal jou nooit in die rug steek nie... Hy sal VREUGDE tot jou lewe toevoeg, eerder as swaarkry... Hy sal saam met jou huil en saam met jou lag! Hy sal jou help dra aan ALLES wat jy saamdra... Hy sal klippe vir jou uit die pad rol...



Moenie vergeet dat God jou eerste uitgekies het nie... Moenie vergeet dat Hy jou EERSTENS jou vriend wil wees, voordat Hy jou Pa is nie... Hy het jou oneindig lief...






"Positiwiteit smeer af soos skoen politoer. Voor jy jou kom kry, is almal vol daarvan!" ¬ Anoniem



Mag jy 'n geseende daggie he! Mag jou Beste Vriend, jou vandag UIT jou SOKKIES uit seen!


KVB GROETE



Laas bewerk deur KVB000000002 op Fri Jul 02, 2010 10:07 am; altesaam $s keer bewerk.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Fri Jul 02, 2010 10:02 am

JULY 02


Revived by God’s Word

Here is a word for you from the Word.

Psalm 119:49-50

I run in the path of your commands, for you have set my heart free. NIV

Has it ever occurred to you that there are times when we can remind God of something? The psalmist says here, “Remember the word to Thy servant in which Thou hast made me hope.”

You see, God gives us promises. Sometimes they come straight from the pages of His Word, the Bible. Sometimes God gives them to us in another way. It may be through a situation, it may be through a fellow Christian. But in one way or another, God makes Himself available to us in the form of His promises.

And they are given that we may have hope, that we may have comfort. They’re given to bring us renewal. The palmist says, “Thy word has revived me” - has renewed me.

So when you get a promise from God, hold onto it, don’t let it slip, don’t let it pass out of your mind, don’t forget it. And not merely should you not forget it, but you have a right to remind God of it. You can say to God, “God, in your Word You said so-and-so. And I’m trusting in that Word and I’m asking You to make that word good. The word which gave me hope, the word that gave me comfort, even in my time of trouble, Lord, I’m holding that word up to You now. I’m believing that You are faithful, that You’ve never made a promise that You will not fulfill.”



CFC GREETINGS
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Mon Jul 05, 2010 10:36 pm

5 JULIE


If you feel it, say it...



1 Korintiers 13: 1-2; 4-5; 7-8



"Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword... Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis en al het ek die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks... Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik, dit is nie afgunstig nie, dit is nie grootpraterig nie... dit is nie verwaand nie... dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie... is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie... Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles... Die liefde vergaan nooit nie..."



"Dis nie die volmaakte mense wat ons liefde nodig het nie... Dis die verdwaaldes wat ons moet liefhê..." ¬ Oscar Wilde



"Liefde is nie iets wat jy voel nie. Dis iets wat jy doen..." ¬ David Wilkerson



Twee van my vriendinne het my onlangs herinner aan 'n gedagteki wat ek 'n jaar en 'n half terug geskryf het, waarin ek gese het - As jy iemand liefhet, Sê dit... dit het vandag se gedagteki geiinspireer... Sê as jy iemand liefhet... Moenie bang wees oor verwerping nie... of wat hulle dalk van jou mag dink nie... Ek het hierdie naweek besef, terwyl ek besig was met 'n taak, dat EK is NOU besig om my lewe te lewe?! Die ure en minute tik verby - dis ure en minute wat ek NOOIT weer gaan hê nie... Ek dink nie ons besef elke dag hoe kosbaar die tyd is wat aan ons geleen is nie!



Mens is meer spyt oor die dinge wat jy NIE gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het... Moenie tyd deur jou vingers laat glip, en dan spyt wees as die persoon vir wie jy lief is, nie meer daar is nie... Maak die beste gebruik van ELKE geleentheid... Indien jy verwerp word - sal dit seer wees... Maar God sal jou optel, en jou hart weer heelmaak... Hy is die GROOT Geneesheer! Moenie dat mense van jou weggaan, sonder dat hulle weet dat hulle vir jou spesiaal is, en baie beteken nie...

POS GESTUUR DEUR : ERIKA

KVB SEENINGE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Tue Jul 06, 2010 10:05 am

6 JUNIE

Engele rondom ons

“Moenie bang wees nie‚ dié wat by ons is‚ is meer as wat hulle is.”
— 2 Konings 6:16 —

Die stryd tussen Israel en die Arameërs was ’n langdurige stryd. Toe Elisa profeet in Israel was‚ het hy die koning van Israel telkens gewaarsku deur aan hom te sê wat die Arameërs se krygsplanne is. Hoe het hy dit geweet? Die Here self moes dit op die een of ander wyse aan hom bekend gemaak het. As God se profeet kon hy dan die koning van Israel betyds waarsku.

Natuurlik het hierdie vooraf kennis groot spanning in die soldatekamp van die Arameërs gebring. Hulle het aanvanklik gedink dat daar verraaiers in hulle midde was. Een van die offisiere het egter geweet van Elisa en vir die koning van God se profeet in Israel vertel. Die koning van Aram gee die logiese opdrag in sulke omstandighede: “Gaan vind uit waar hy is‚ dan stuur ek manne om hom te vang.”

Dan volg daar ’n pragtige stukkie ironie. Elisa is één mens‚ met één slaaf as hulp. Hulle gaan tuis in ’n dorp‚ Dotan. Om hierdie een man te vang‚ stuur die koning toe perde‚ strydwaens en ’n sterk mag (vgl. 2 Kon. 6:14). Menslik gesproke is dit ’n geval van om ’n muggie met ’n voorhamer dood te slaan. Hierdie sterk mag omsingel die dorp‚ Dotan.

Elisa se slaaf is die eerste om die môre uit die dorp te wil gaan uitgaan. Toe hy die groot mag sien‚ skrik hy hom boeglam. Soldate‚ perde en strydwaens van die Arameërs is rondom die stad. ’n Mens kan sy spanning aanvoel as hy sê: “Ag meneer‚ wat gaan ons nou maak?”

Maar Elisa ken geen vrees nie. Hoekom nie? Hy ken sy God. Hy vertrou sy God. Hy weet dat God hom nie in die steek sal laat nie ten spyte van die omstandighede‚ ten spyte van die oormag.

Hy is soos een wat die Onsienlike sien.

Hoor sy vertroue as hy sê: “… moenie bang wees nie‚ dié wat by ons is‚ is meer as dié wat by hulle is” (v. 16).

Ek wonder wat Elisa se slaaf gedink het. As hy rondom hom kyk‚ sien hy net vir Elisa en die dorp se inwoners. Vir hom lyk die situasie hopeloos. En dit is hopeloos‚ want hy kyk met menslike oë.

Hy is nie anders as wat ons dikwels is nie. As omstandighede vir ons swaar word‚ fikseer ons so daarop dat die geloofselement buite rekening gelaat word. My oë is so op die probleem gerig dat ek nie meer opkyk en God raaksien nie. Die gevolg is dat ons baie moedeloos en terneergedruk word. Maar die Here wil nie hê dat ons moedeloos moet word nie‚ soos Elisa ook nie wou hê dat sy slaaf moedeloos moet word nie. Daarom bid Elisa ter wille van sy slaaf: … Here‚ maak tog sy oë oop dat hy kan sien … En die Here laat hom sien.

Wat sien hy? Orals rondom die stad‚ op die berge was daar perde en strydwaens. God het sy engele gestuur om mense te beskerm. En die slaaf kon die woorde verstaan: Die wat by ons is‚ is meer as die wat by hulle is.

Nou neem die verhaal ’n interessante wending. Elisa roep nie die hulp van die leërskare van engele met perde en strydwaens tot sy beskikking in om hom te help nie. Nee‚ hy sal hulle wegvoer soos hulle hom wou wegvoer. En om dit te kan doen sal die teenoorgestelde moet gebeur as wat met sy kneg gebeur het. Sy oë word vir die onsigbare dinge geopen en hulle oë moes vir die sigbare dinge vertroebel word.

Die Here het hulle met blindheid (in Hebreeus: sanwerin) geslaan‚ net soos Elisa gevra het.

Ons moet nie hier dink aan fisiese blindheid nie‚ maar geestelike blindheid. In ’n sekere sin is dit nie ’n gevolg van ’n tekort aan lig nie‚ eerder ’n geval van te veel lig.

En nou spot Elisa so effens met hulle. “Eintlik is julle by die verkeerde plek. Ek sal julle na die plek en die man toe lei na wie julle soek.” Dit is regtig om van te glimlag. ’n Groot mag word gestuur om een man in hegtenis te neem. Wanneer God ingryp‚ neem die één man die hele mag in hegtenis. Hy lei hulle van die een dorp na die ander. Hý kan sien‚ terwyl hulle nie kan sien nie. Op dié wyse is dit vir hom‚ man alleen‚ moontlik om hulle in sy mag te hou.

Elisa lei hulle na Samaria‚ waar die koning van Israel een van sy paleise gehad het. En as hulle in Samaria is‚ bid Elisa weer. Laat hulle tog sien. Toe die Here hulle oë oopmaak‚ wag daar ’n ontsaglike skok op hulle. Een mens het hulle tot binne in Samaria gelei. Hulle is volkome in die mag van die koning van Israel. Hulle kanse op oorlewing is skraal. Hierdie groot‚ sterk mag is deur die mag van God as niksseggend bewys. God se mag is groter as die grootste aardse mag.

Ek glo ons elkeen kan ’n lang verhaal vertel van hoe die Here op wonderbaarlike wyse meer as een maal in die verlede persoonlik vir ons gesorg en voorsien het: hoe Hy ons en ons dierbares in die lewe gehou het en deur die diep waters gehelp het; hoe Hy ons van die Mara’s waar ons met galbitter bekers van smart en beproewing en hartseer in ons hande gestaan het‚ tot by die soet strome van Elim gelei het; hoe sy versorgende en voorsienende kwartels en manna op ons pad was en sy engele gereed gestaan het om ons te beskerm.

Ja‚ ons kan getuig van die beveiliging wat Hy vir ons beskik het en die goddelike bewaring waarin ons ons kon verlustig. Hoe Hy ons soos op arendsvlerke veilig gedra het (Eks. 19:4). Die rusgewende en persoonlike waarheid van Jesaja 45:2-3 geld vandag nog vir elkeen van die Here se volgelinge:

Ek self sal voor jou uit gaan
en hoogtes gelykmaak.
Ek sal bronspoorte oopbreek
en sluitbalke van yster stukkend kap.
Ek sal vir jou die skatte gee wat in die
donker gebêre word‚
die rykdomme wat weggesluit is‚
sodat jy kan weet dat ek die Here is‚
dat Ek jou op jou naam geroep het …

U sien‚ ons moet dit as ’n geloofswaarheid omhels dat die mens wik‚ maar God beskik. Toe die mag van die Arameërs rondom Dotan lê‚ het hulle gedink dit is net ’n kwessie van tyd en dan het hulle vir Elisa in hulle mag. Maar God het anders besluit: dit was net ’n kwessie van tyd voordat Elisa die mag van die Arameërs in sy mag gehad het. Gelowiges moet weet dat daar meer is wat ons met die blote oog kan sien. En daarom moet ons ernstig bid: Here open deur u Heilige Gees tog ons oë dat ons kan sien. Dit beteken om profeties te sien wat ander nie sien nie‚ juis méér te sien‚ dieper te sien. Ja‚ weliswaar is dit nog soos deur ’n spieël in ’n raaisel‚ maar ten minste sien jy.

En wat sien ons nie alles nie? As ons goed genoeg kyk‚ sien ons hoe die verwronge‚ bebloede gesig ander trekke vertoon; hoe dit een met hare‚ wit soos wol‚ soos sneeu word‚ met oë soos ’n vuur wat vlam. Sy hele voorkoms is soos die son wat op sy helderste skyn (Op. 1:14‚ 16).

Sy doringkroon is ’n koningskroon; sy houtkruis ’n heerserstaf; Golgota ’n troon waaromheen ’n nuwe Jerusalem verrys met pêrel-poorte en strate van goud‚ blink soos ’n spieël.

Ja‚ wie goed genoeg kyk‚ sien die glans van die edelgesteentes‚ van opaal‚ saffier‚ agaat‚ smarag‚ sardoniks‚ karneool‚ chrisoliet‚ beril‚ topaas‚ chrisopraas‚ hiasint‚ ametis (Op. 21:19‚ 20). Die skittering daarvan wil jou plek-plek die oë laat sluit‚ nog ’n keer die kop laat wegdraai. Nee‚ laat terugdraai en kyk! Veral na “Hom wat op die troon sit.” Sy glans omskep die donker op ons planeet in lig‚ lig‚ lig …

Wanneer dit met ’n mens gebeur‚ kyk jy anders na dinge om jou heen. Jy takseer die raaisels wat jou tot raserny wil dryf vanuit ’n ander perspektief. Jy sien meer as wat blyk‚ dieper‚ verder. Geen situasie lyk meer vir jou hopeloos nie‚ want jy sien en weet:

Rondom jou ruis die eng’levoet
met liggewiekte treë‚
hul kom die wand’laar tegemoet
en lei hom om sy weë.
Hul bied op Gods bevel hom aan
die hulp van wil’ge hande‚
en dra hom‚ waar die reispad gaan
oor ruwe rotserande.
(Psalm 91:6)

Hartlike groete in Christus.


KVB SEENINGE

GESTUUR DEUR: ERIKA
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Tue Jul 06, 2010 3:16 pm

Soms is n mens se lewe vol glasstukke,
Wat baie seer en diep sny,
Maar die Here skraap al die stukkies glas bymekaar
Herrangskik dit en maak die mooiste mosaiek daaruit.
Dis hoekom jy so 'n mooi mens is,
Jy het toegelaat dat GOD jou skep, Elke dag!

Geniet jou dag en dankie dat jy-so spesiaal is..
·
· Moenie vandag probeer om GOD se hand vas te hou nie...
· Laat Hy joune vashou! Hy doen die hou werk,
· doen jy net die vertrou werk.
· Mag jy Sy vashou werk beleef.


-VAL
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Thu Jul 08, 2010 1:43 pm

08 JULIE


SPESIALE GEDAGTE-


Maak jou oë toe
En jou hart oop
En voel hoe al jou sorge wegloop.
Jy moet jou net aan God toevertrou
Hom toelaat om jou
In liefde toe te vou.
Want die lewe op aarde
Is nie maklik
En van die uitdagings
Voel so onredelik,
Maar God vra ons net vir ons bes -
En belowe Hy sal sorg vir die res.
Wanneer jy moeg is,
Hoop verloor, berou,
Is daar altyd een deur
Wat oop staan vir jou.
Dit is die deur
Na die huis van gebed,
Waar God altyd reg staan
Om jou te red !


God se stem


1 Timoteus 2:1-2

"Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek, met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense... vir die wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid..."

Kolossense 4:2-3

"Volhard in die gebed... Wees daarby waaksaam en dankbaar en bid tegelykertyd ook vir ons... Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig..."

"Waak in jou gebedslewe bo alles daarteen om God te beperk, nie alleen deur ongeloof nie, maar deur jou te verbeel dat jy weet wat Hy kan doen...
Verwag die onverwagte, ver bo wat ons kan bid of dink..." ¬ Andrew Murray

"Moenie jou gebede spaar vir die kerk nie... Gebed met 'n sentrale plek in ons lewens inneem... dit is ons reddingstou, ons lewensbelangrike kommunikasieskakel met God..." ¬ Dave Veerman

Ons dominee, Gary Kieswetter, het nou die aand 'n GROOT wysheid kwytgeraak... Hy het gese: " Sommige kinders gaan deur hulle ma, om hulle Pa se arm te draai... Of om net met die Pa te kommunikeer..." Hy het toe tot die gevolgtrekking gekom, dat dit met baie Christene ook so is... Hulle gaan kerk toe, om deur die dominee met God te connect... Hulle wil nie self bid nie - hulle wil he dat die dominee, die middelaar moet wees om by God uit te kom...

JY kan God se stem ELKE dag ervaar... Deur 'n verhouding met Hom te he, jou Bybel te lees en te bid, SAL Hy met jou praat en vir jou antwoorde op jou gebede gee... Of dit nou deur 'n vriend / vriendin is wat iets bevestig waarmee jy sukkel / 'n vraag antwoord wat jy het... Of deur middel van teksverse - SAL Hy nie stilwees nie... Dis wanneer ons stilraak, dat God stilraak... Hy is 'n gentleman God en Pa... As jy nie tyd met Hom spandeer nie, gaan Hy nie Homself op jou afvorseer nie...

Maak daai tydjie vir God... Dat jy die wonderbaarlike kan ervaar om Sy stem te hoor...


POS GESTUUR DEUR: ERIKA

KVB SEENINGE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Wed Jul 14, 2010 1:03 pm

14 JULIE

STEL JY GOD EERSTE... WANNEER DIT BY VERGIFNIS KOM
Deur: Benescke Janse van Rensburg

Raoul Moat. Het jy al ooit die naam gehoor? As jy die Britse televisiekanale oor die afgelope paar dae gevolg het, sal jy goed weet wie hierdie 37-jarige voormalige sekuriteitswag vir nagklubs is. Moat is op 1 Julie vanjaar uit die tronk vrygelaat nadat hy weens gewelddadige optrede vir 18 weke lank opgesluit was.

Oomblikke nadat Moat vrygelaat is, het hy op sy profiel op een van die sosiale netwerke geskryf: “Just got out of jail, I've lost everything, my business, my property and to top it all off, my lass of six years has gone off with a copper that took me in. I'm not 21, and I can't rebuild my life. Watch and see what happens ... ”

Twee dae later het Moat met ’n geweer by sy vorige meisie se huis opgedaag. Toe haar nuwe kêrel die deur oopmaak het Moat hom doodgeskiet. Hy het ook die meisie ernstig gewond voordat hy op vlug geslaan het. Hierna het hy die polisie met ’n uittartende dreigement gebel dat hy hulle een vir een gaan uitmoor. Hy het gedink sy vorige meisie het met ’n polisieman weggeloop. Kort hierna het Moat ’n onskuldige polisieman in sy gesig geskiet.

Vir die volgende paar dae het die Britse polisie met helikopters, honde en selfs ’n Royal Air Force vliegtuig na Moat gesoek terwyl die Britse publiek in vrees geleef het met die wete dat Moat enige oomblik op hulle kan losbrand. Eindelik, op 9 Julie, is Moat in Rothbury vasgetrek – meters weg van die stormwaterkanaal waarin hy ’n week lank vir die polisie weggekruip het. Ses ure lank het die polisie met Moat probeer onderhandel terwyl hy met sy eie geweer teen sy kop op die grond gelê het. Die onderhandelinge het misluk en net na 01:00 op 10 Julie het Moat selfmoord gepleeg.

Woede, jaloesie en verwerping het in Moat se geval die oorhand gekry. Ek kan nie help om te wonder wat deur Moat se gedagtes gemaal het waar hy in die tronksel opgesluit gesit het nie? Watter geselskap hy gehad het? Het hierdie geselskap sy woede en jaloesie aangepor om in bitterheid en wraak te verander? Hoekom anders sou Moat só impulsief wraak geneem het dae ná sy vrylating?

Dalk loop jy ook soos Raoul Moat met ’n onvergewensgesindheid in jou hart rond. Jy sal darem nooit moord pleeg nie, maar besef jy dat jy nie nodig het om moord te pleeg om geweldige skade aan die mense die naaste aan jou aan te rig nie? Bitterheid in ’n mens se lewe is soos ’n kokende pot. Jy dink jy kan dit beheer, maar as jy dit nie betyds van die stoof afhaal nie, kook dit oor met geweldige skade.

In Efesiërs 4:26-27 waarsku Paulus ons dat ons nie ’n dag moet kwaad afsluit nie, omdat ons só vatkans vir die duiwel in ons lewens gee. En in Matteus 6:14-15 praat Jesus self ook oor die belangrikheid van vergifnis: “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie."

Is daar iemand in jou lewe wat jy weet jy moet vergewe? Doen jy dit of gee jy aan die duiwel ’n vatkans om jou gedagtes met wraak en bitterheid te vul? Met wie omring jy jou? Mense wat jou inspireer om te vergewe of mense wat jou bitterheid en haat aanstook? Kies om God vandag bó jou eie reg om jou naaste terug te kry te stel. En kies om jou rug op die verlede te draai en weg te stap. Dít is ware vergifnis.

Vader God, baie dankie dat ek U kan vra om my te help om (die persoon wat jy sukkel om te vergewe se naam) te vergewe. Help my asseblief om nie aan die duiwel vatkans te gee en bitterheid en wraak in my hart te kom vestig nie. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.



KVB SEENINGE


Laas bewerk deur KVB000000002 op Wed Jul 14, 2010 1:11 pm; altesaam $s keer bewerk.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Wed Jul 14, 2010 1:08 pm



14 JULY


Verse: Colossians 3:12

You are the people of God; He loved you and chose you for His own. So then, you must clothe yourselves with compassion, kindness, humility, gentleness and patience.

- As a child of God, you can be sure of His love for you.
- You are valuable and precious to God and He loves you.
- Now you should show kindness and love towards others.
- Our behaviour should be marked by compassion, kindness and a tender heart.

PRAYER: Lord, I have received Your love for me, so I pray that You will help me to touch the lives of those around me, with Your love. Amen.



BE A THERMOSTAT

Not long ago I called to order a pizza. I had called this restaurant dozens of times before. When you call, the first thing they always ask for is your telephone number. Since I was so familiar with the routine, when a young lady answered the phone and, I answered very friendly and politely said, "Hello. My phone number is (713)…" and I gave her the rest of my number.
When I did that, you would have thought I had just totally insulted her. She practically screamed in my ear in the rudest voice you can imagine, "Sir! I am not ready for your phone number. And when I get ready, I will ask you for your phone number!" I wanted to say, "Lady, I will give you my phone number whenever I feel like giving you my phone number! I will call you at midnight and give you my phone number if I want to." But down in my spirit, I didn't want to hear it, I could hear that still, small voice coming up inside saying, "Joel, be a thermostat, not a thermometer. You may have walked into a room that's 200 degrees, but you have the controls. You can bring it down." I thought to myself, "Yeah, right. It will take me six years with this lady!"

But I realized she didn't have anything against me. She was just having a bad day. Something was irritating her. So I decided I was going to do everything I could to cheer her up. I started thinking of everything I could possibly compliment her on. And God knows I had to use my imagination! I said, "Ma'am, I just want to thank you for answering that phone so quickly and taking such good care of me. You guys make the best pizzas in the world. Your delivery is always on time. You run such a great organization." On and on I went telling her all these compliments. Do you know by the time I got finished, she was throwing in hot wings and Dr. Pepper and coupons for more pizza? I had won her over. What happened? I became a thermostat instead of a thermometer. A thermostat changes the environment by bringing the temperature up or down. Through God's self-control and wisdom, you can do the same in situations and in the lives of others around you.

Scripture says you overcome evil with good. In your life, when you deal with those who are negative, critical, rude and short-tempered, you don't have to let them infect you. You can infect them. You don't have to be a part of the majority; you can live in the minority. You can act as a thermostat, one who changes the temperature and the attitudes of those around you.

When you go to work, people may be singing the blues, complaining about the boss, complaining about the economy, talking about how bad somebody is treating them. Don't join in and say, "Oh, you think you have it bad? Let me tell you about my problems! My teenager won't straighten up. I think I'm going to have to have surgery on my back. My insurance has doubled. We didn't qualify for that new home we really wanted."
No, when you talk defeat, you draw in defeat. Don't let them influence you and draw out the worst. You can make the choice and act as a thermostat. Yes, you may have those problems going on, but you have the spirit of the living God on the inside. Your attitude should be, "Yes, I may have some problems. Yes, it may be difficult, but I know this too shall pass." Or, "Yes, it's true I may have to have surgery, but I know God is going to bring me out better off than I was before." And "No, we didn't qualify for that new home, but I'm not discouraged. I know God has something better in store."
That's a thermostat. You didn't let them pull you down. You pulled them up. You're not talked into getting defeated, dragging through life with no enthusiasm, letting every negative voice influence you. No, you can choose to live life as a thermostat. When you walk into a room, you change the atmosphere!


CFC BLESSINGS
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Mon Jul 19, 2010 1:13 pm

19 JULIE

Make your own footprints...

1 Johannes 2:6

"Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het..."

Jakobus 1:5

"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan Hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt..."

"Wysheid is dikwels baie nader aan ons wanneer ons kniel, as wanneer ons vlieg..." ¬ William Wordsworth

"Do not follow where the path may lead... Go, instead, where there is no path, and leave your trail..."

Daar is 'n gesegde wat lui... Wysheid kom met die grysheid... Smile Miskien kan jy nie meer die spore sien wat jy los wanneer jy elke dag lewe nie... Miskien het jy so deel van die stroom geword, dat jy nie meer jouself ken nie... Miskien is jy so verswelg deur probleme en verdrukking, dat jy niks anders raaksien nie... Miskien weet jy nie meer watter kant toe nie, want elke pad wat jy vat is 'n doodloopstraat...


Vanoggend wil ek vir jou kom sê: By God is daar WYSHEID... Hy BELOWE in Jakobus 1:5 dat as jy nie weet wat om te doen nie, dat jy Hom net moet vra... Hy SAL jou antwoord... Ongelukkig is ons net MENS, so foute sal ons gereeld maak... Maar ek glo ook, as jy nie foute maak nie, sal jy nie kan groei en leer daaruit nie... JY is uitgekies om iemand van PURPOSE te wees... Die voetspore wat jy in mense se lewens laat, kan blywend wees... Dis JOU keuse... Daai probleme wat so groot is, is met 'n rede in jou lewe... Dit hou ons humble en op ons kniee... jy kan ANDER help wat hulle in soortgelyke situasies bevind... God SAL jou oorwinning oor jou situasie gee... Hou net aan bid en vertrou...

En moenie moedeloos wees nog voor hierdie week begin het nie! Lewe vandag die quote hierbo: "Do not follow where the path may lead... Go instead, where there is no path, and leave your trail..." JY is baie spesiaal, en God wil jou vandag gebruik... Laat voetspore vandag in mense se lewens, wat blywend is...



KVB GROETE
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke: 1253
Join date: 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY   Mon Jul 19, 2010 1:15 pm

JULY 19

There are 12 months


12 disciples

12 tribes of Israel

Jesus' birth celebrated in the 12th month. There is nothing attached. Just send this to twelve others. Prayer is one of the best free gifts we receive.

There is no cost, just a lot of reward. Make sure you pray, and pray believing God will answer.

May today be all you need it to be. May the peace of God and the freshness of the Holy Spirit rest in your thoughts, rule in your dreams tonight, and conquer all your fears.. May God manifest himself today in ways you have never experienced before. May your joys be fulfilled, your dreams be closer, and your prayers be answered. I pray that faith enters a new height for you; I pray that your territory is enlarged. I pray for peace, healing, health, happiness, prosperity, joy, true and undying love for God.

CFC BLESSINGS
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 

GEDAGTE VIR ELKE DAG/THOUGHT FOR EVERY DAY

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 4 van 5Gaan na bladsy : Previous  1, 2, 3, 4, 5  Next

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: -