IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE LINKSE ANC SAMESWERING TOV ET SE DOOD BEGIN UITMEKAAR VAL

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: DIE LINKSE ANC SAMESWERING TOV ET SE DOOD BEGIN UITMEKAAR VAL   Thu Apr 15, 2010 8:46 pm

ET-“MOORDENAARS” SE PLEIDOOI BRING PERSPEKTIEF IN LINKSE LASTERVELDTOG TEEN AWB-LEIER
Thursday, 15 April 2010 10:17

Met die twee selfverklaarde Swart moordenaars wat aanvoer dat seksuele toenadering niks met die in koelen bloeden moord op die AWB-leier mnr. Eugene Terre’Blanche te doen het nie, val die boom skynbaar uit van ‘n ongekende lasterveldtog teen die AWB-leier onder aanvoering van die linkse joernalis Max du Preez.

Die 27-jarige Mahlangu beweer hy het mnr. Terre’Blanche “uit selfverdediging” vermoor, hierdie doodslag met vermoedelik ‘n panga en ysterpyp.

Wat Mahlangu, sy vyftienjarige beweerde medepligtige en die Max du Preez-koerante-bende ook al aanvoer, ernstige vrae tree nou op die voorgrond oor ‘n moontlik uitgebreide huurmoordplan waaragter agente van die heersende en voormalige veiligheidsgemeenskap van die land kan sit.

‘n Halfdosyn oud- en huidige verslaggewers het feitlik van meet af aan toe die nuus van mnr. Terre’Blanche se moord bekend geraak het in berigte, artikels en rubrieke begin sinspeel op beweerde seksuele wanaangepashede van mnr. Terre’Blanche. Van hierdie joernaliste is as’t ware uit die ouetehuis gaan haal om hul indruk dat die AWB ‘n nazi-beweging en mnr. Terre’Blanche ‘n nazi is, nie net in koerante te laat herleef nie, maar ook oor die kommunistiese regime se radio- en tv-dienste die wêreld ingestuur word. So is daar gevind dat Du Preez self op RSG se middagnuusprogram ‘n tirade toegelaat is oor beweerde seksuele toenadering tot AWB-makkers deur mnr. Terre’Blanche in 1989.

Die feit van hierdie platform oor so ‘n bedenklike nuusitem net gegrond op gissinge van RSG te ontvang, plaas onmiddellik ‘n vraagteken oor RSG se nuusredakteur en sy moontlike verbintenis met die voormalige en heersende veiligheidsestablishment.

Dit is ‘n deeglik beplande aksie - ‘n “stratkom” - het een e-posskrywer in Rapport aangevoer nadat ‘n artikel van Jan Taljaard, ‘n oud-Beeld- en Mail Guardian-joernalis, eers in die Cape Times en Sondag in Afrikaans vertaal in Rapport verskyn het.

Die “feite” van mnr. Terre’Blanche se beweerde seksuele vergrype en sy beweging se “nazi”-agtergrond het ver getrek. Op ‘n webwerf vir behoudende Afrikaners en Boere het ‘n webleser uit ‘n Suid-Amerikaanse land laat weet al wat in sy land rugbaar is is dat boere homoseksueles is wat hul Swart plaaswerkers aanrand, die volksuitwissing en wydverspreide Wit bloedvergieting in Suid-Afrika skoon verdwerg deur hierdie “skandaal”.

As dit dan ‘n “stratkom” deur huidige en oud-intelligensie-operateurs is, wat is dan die doel daarmee?

Ons sou kon redeneer dat
# Afrikaner- en Blanke bloedvergieting in ons land sodanige afmetings aanneem dat die ANC-regime eenvoudig “amptelik” daarvan kennis moet neem;
# dat as daar dan ‘n oomblik aanbreek dat daar “amptelik” hiervan kennis geneem word, dit tog voordelig vir die kommunistiese regime en diegene agter daardie regime (die skepeprs van die regime) moet wees. ‘n Moord op mnr. Terre’Blanche sou hierdie doel goed pas, gesien in die lig van mnr. Terre’Blanche se “homoseksuele legende”.

Maar tydens die moord en in die eerste kritiek-belangrike 48 uur na enige moord, loop te veel dinge skeef, ‘n stelling wat ons waag met die besef daar was ook sekere dinge wat van meet af aan bereken was om skeef te loop. Hier dink ons aan die vertrapping van die moordtoneel, dit gaan eenvoudig die nugtere verstand van elke mens wat net een moordsepie op televisie gesien het te bowe dat daar so te kere gegaan is op de moordtoneel op die plaas van die AWB-leier buite Ventersdorp.

Een van die belangrikste vrae in hierdie verband is die kwessie van die “gebruikte kondoom”.
Die “gebruikte kondoom” was klaarblyklik veronderstel om die bewysbare waarheid te wees. Iemand het geglip, nie sy opdragte behoorlik nagekom nie (dis nie noodwendig die twee aangewese beskuldigdes nie). Want Ventersdorp se stasiebevelvoerder en ‘n persoon wat deurgaans op die moordtoneel was kapt. Adele Myburgh verklaar na bewerings van so ‘n kondoom sy sal haar kop op ‘n blok sit daar is nooit so iets op die moordtoneel gevind nie.

Wanneer ons na die beplanners van die Terre’Blanche-moord-intrige soek moet daar nie net na die heersende, kommunistiese veiligheidsestablishment gekyk word nie. Wat van die vorige veiligheidsestablishment onder Niel Barnard? Barnard was kop-in-een-mus met die oorgawe aan die kommunistiese bewind en die uitlewering van die Afrikaner aan volksmoord. En dis bekend dat die CIA nou verbintenisse met die voormalige Nasionale Intelligensiediens gehad het en waarskynlik nou nog met van NID se voormalige agente het.

Dis bekend dat die ou veiligheidsestablishment rojaal van Naspers-, Perskor en SAUK-verslaggewers gebruik gemaak het vir inligtinginsameling. Elke verslaggewer van Beeld het geweet Jack Viviers, ‘n senior Beedl-verslaggewer, is ‘n NID-agent.

Piet Pretorius skryf in een van sy boeke Vrye Weekblad van einste Max du Preez was ‘n projek van die Nasionale Party-regering se inligtingsdienste.

Gister verklaar Mahlangu in Ventersdorp se landdroshof hy het Terre’Blanche uit selfverdediging doodgemaak omdat dié hom aangerand en by geleentheid gewurg het. Niks van seksuele omgang nie soos wat die regsverteenwoordiger van die 15-jarige baie stellig die wêreld ingestuur het nie.
Die beweerde 15-jarige medepligtige weet self ook skielik niks van ‘n “homoseksuele” mnr. Terre’Blanche nie. Puna Moroko, Mahlangu se prokureur, het buite die hof gesê al is mnr. Terre’Blanche se lyk met ’n afgetrekte broek gevind, is Mahlangu se verweer beslis nie dat seksuele dade soos sodomie plaasgevind het nie.

“Mahlangu sê Terre’Blanche het dikwels wanneer hy gedrink het, gaan lê en slaap en dan sy broek afgetrek omdat hy warm gekry het.”

Volgens Moroko is Mahlangu se verweer dat dit maand ná maand ’n gesukkel was om sy salaris van R600 uit mnr. Terre’Blanche te kry.

Mnr. Terre’Blanche het glo gereeld, ook die dag toe hy vermoor is, baie drank en sigarette vir sy werkers gekoop en dan gesê hulle kry nie geld nie omdat dít hul betaling is.

Hy het Mahlangu glo ook met Kersfees verlede jaar R100 gegee en wou dit toe later van sy salaris aftrek.

Mnr. Terre’Blanche het volgens Moroko op die dag van sy dood vir Mahlangu 18 bottels Savanna gekoop, 13 vir die seun, en sigarette vir albei.

Moroko het gesê daar was ’n aanrandingsvoorval wat tot Mnr. Terre’Blanche se dood gelei het.

Die hof sal ook hoor mnr. Terre’¬Blanche het Mahlangu sowat twee maande te vore gewurg, maar dat Mahlangu weer by hom gaan werk het omdat hy die geld nodig gehad het.
“Hy en Terre’Blanche het ’n slegte verhouding gehad, maar hy het nooit ’n aanrandingsklag ingedien nie,” het Moroko gister gesê.
“Almal was bang vir Eugène, selfs die wittes.”

Volgens Moroko is Mahlangu “oukei”. “Jy sal dink niks het gebeur nie.”

Mahlangu se borgtogaansoek is tot 10 Mei uitgestel om sekerheid oor sy woonadres te kry.

Die klein, skraal man het grootoog na die talle joernaliste en familielede van mnr. Terre’Blanche in die volgepakte hofsaal gekyk, skryf ‘n linkse koerant.

Die seun wat saam met hom op mnr. Terre’Blanche se plaas Witrantjiesfontein as ’n beeswagter gewerk het, het gister besluit om nie ’n borgtogaansoek te bring nie.

Hy word in ’n plek van veiligheid aangehou waar hy volgens sy prokureur, mnr. Zola Majavu, nou vir die eerste keer in sy lewe op ’n bed slaap en drie etes per dag kry.

“Ons het in oorleg met sy ouers en maatskaplike werkers besluit om nie voort te gaan met die borgtogaansoek nie omdat my kliënt gemaklik is. Sy omstandighede is nou beter as by sy huis en hy het intussen weer begin skoolgaan.”

Majavu het gesê dis ook veiliger vir sy kliënt om in aanhouding te bly. “Hy is sielkundig sterk.”
http://www.afrikanervolksparty.org/i...ndr&Itemid=100
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
DIE LINKSE ANC SAMESWERING TOV ET SE DOOD BEGIN UITMEKAAR VAL
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: