IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 MDC en Zanu-PF ‘op ’n pad na oorlog’

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: MDC en Zanu-PF ‘op ’n pad na oorlog’   Thu Feb 11, 2010 6:15 pm

MDC en Zanu-PF ‘op ’n pad na oorlog’
2010-02-11 04:53
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Tangai Chipangura

Media24-Afrika-kantoor

’n Verkiesing om ’n einde te maak aan die dooie punt binne Zimbabwe se regering.

Dié opsie word ’n sterker moontlikheid omdat die regering van nasionale eenheid (RNE) – wat vandag presies ’n jaar gelede tot stand gekom het – nooit ten volle in werking getree het nie en dié land daarom dieper in ’n politieke krisis dwing.

Mnr. Tendai Biti, Zimbabwe se minister van finansies en onderleier van die beweging vir demokratiese verandering (MDC), het aan Die Burgergesê dis duidelik dat pres. Robert Mugabe se Zanu-PF die RNE wil doodwurg.

“In die vier weke sedert Zanu-PF se jaarkongres sien ons ’n groterwordende tendens van roekelose vernietiging van die bestaande regeringstrukture deur daardie party.

“Dit manifesteer in verskerpte plaasaanvalle en -besettings, min-agting van hofbevele deur die prokureur-generaal en sy kantoor, en kwaadwillige opdragte deur pres. Robert Mugabe aan ministers om nie verder aan die eerste minister, mnr. Morgan Tsvangirai, verslag te doen nie.”

Volgens Biti is dit duidelik dat Zanu-PF omstandighede skep vir “die algehele verval” van die RNE.

Oor die huidige samesprekings in Harare deur die bemiddeling van ’n taakspan van pres. Jacob Zuma, vra Biti – ook die MDC se hoofwoordvoerder – “watter samesprekings? Daar kan geen samesprekings wees as daar geen gesprekke plaasvind nie en hier is nie gesprekke nie”.

Zuma is in November verlede jaar deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) 30 dae gegee om die geskille tussen die partye in Zimbabwe op te los. Die spertyd was reeds op 5 Desember.

Die MDC dring steeds aan dat Mugabe die hoof van die land se reserwebank, mnr. Gideon Gono, en die prokureur-generaal, mnr. Johannes Tomana, afdank. Hy weier egter en dring op sy beurt daarop aan dat Tsvangirai Westerse lande oorreed om geteikende sanksies teen Zanu-PF se leiers op te hef.

Zuma het verlede maand, kort voor die leiersberaad van die Afrika-Unie in Addis Abeba, die moontlikheid van ’n nuwe verkiesing in Zimbabwe begin voorhou.

“Die onvermydelike gevolg van Zanu-PF se selfmoordneigings om die RNE te laat misluk, is ’n verkiesing.Die MDC is gereed vir so ’n verkiesing,” het Biti gesê.

Zanu-PF se adjunk-sekretarisgeneraal, mnr. Ephraim Masawi, het gister gesê Biti se stellings “plaas die twee partye op ’n pad na oorlog en die revolusionêre party (Zanu-PF) sal dié oorlog, soos al die voriges, wen.”






- Die Burger
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
MDC en Zanu-PF ‘op ’n pad na oorlog’
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: News from abroad-
Spring na: