IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Meisie glo gemolesteer, maar niemand kan na haar storie luister

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Meisie glo gemolesteer, maar niemand kan na haar storie luister   Thu Feb 11, 2010 6:11 pm

Meisie glo gemolesteer, maar niemand kan na haar storie luister
2010-02-11 00:35
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Virginia Keppler



Sy is agt jaar oud en glo seksueel gemolesteer, maar daar is niemand om haar verklaring af te neem nie.

Die polisie het glo nie ’n Afrikaanssprekende polisievrou om na ’n Afrikaanssprekende meisie se vertelling te luister van hoe haar voormalige pleegma se tienerseun haar glo gemolesteer het nie.

Die kind se huidige pleegma het gesê die polisie het na bewering ook nie ’n Afrikaanssprekende forensiese maatskaplike werkster om die kind te evalueer nie. “Die arme kind moes ook minder as tien minute na ’n Engelssprekende berader luister sonder dat sy ’n woord verstaan het.

“Selfs die distriksgeneesheer was ’n man en hy wou nie na my luister nie toe ek vir hom sê die branderigheid waaroor die kind kla is moontlik infeksie. Die volgende dag het ek haar na my eie distriksgeneesheer geneem wat bevestig het sy het infeksie,” het die vrou gesê.

Sy het gesê ene insp. Hening het alles in sy vermoë gedoen om ’n volledige verklaring van haar af te neem. “Hy het ná die tyd gesê dit sal nie in die hof staan nie omdat daar te veel gapings is. Die kind het gesê sy voel nie gemaklik om met ’n ‘oom oor my privaat’ te praat nie.”

Volgens die vrou het sy nie R5 000 om ’n private forensiese maatskaplike werkster wat Afrikaans praat, te betaal om die kind te evalueer nie. “Die polisie sê hulle het net mense wat Engels en ander tale praat, maar nie Afrikaans nie. Die arme kind verstaan net Afrikaans.”

Dié beweerde molestering het op Kersdag aan die lig gekom toe die kind by haar tannie gekuier het.

“Sy het aan my en haar tannie vertel dat haar ‘privaat seer is en dat dit brand as sy piepie’. Sy het gesê haar pleegma se 15-jarige seun het haar ‘privaat seergemaak’ en dat hy by haar in die bed was.”

Die vrou het gesê die meisie is verlede November in die vorige pleegma se sorg geplaas nadat haar ma haar daar gelos het. Die ma is glo ’n alkoholis en die pa is dood. ’n Familielid van die voormalige pleegma het die kind se familie later opgespoor en aan hulle gesê die omstandighede waarin die kind woon is ongesond.

Op 3 Januarie, toe die pleegma nie tuis was nie, het dié familielid die kind met al haar goed opgelaai en na die huidige pleegma geneem.

Die huidige pleegma het die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) ingelig. “Die CMR het die kind tydelik in my sorg geplaas en ook gesê ek moet die beweerde seksuele molestering by die polisie gaan aanmeld. Ek het dadelik die voorval by die Hercules-polisie gaan aanmeld en die dossier is dieselfde dag na die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe by die Pretoria-Sentraal-polisiekantoor oorgeplaas.

“Die situasie is egter nou onmoontlik. Sonder die evaluasie gaan die saak ’n stil dood sterf.

“Die polisie het die kind in die steek gelaat,” het die vrou gesê.

Supt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, sou gistermiddag, nadat hy met die ondersoekbeampte in die saak gepraat het, kommentaar lewer, maar dit het teen druktyd nog nie gebeur nie.


- Beeld
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Meisie glo gemolesteer, maar niemand kan na haar storie luister
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: