IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 BESKERM DIE VREDE IN JOU HART

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: BESKERM DIE VREDE IN JOU HART   Fri Apr 09, 2010 7:52 am

TEMA VIR REEKS: LEER VREESLOOS LEEF IN 25 DAE.
NEEM DEEL: Het jy spesifieke temas/vrese waaroor jy graag meer wil lees, stuur gerus ’n epos aan terugvoer@versndag.co.za.

DAG 4: BESKERM DIE VREDE IN JOU HART
Deur: Benescke Botha

Was jy al ooit op ’n Saterdagmiddag tydens ’n belangrike rugbywedstryd oppad na ’n ander funksie? In sulke tye word die radio noodgedwonge aangeskakel om die wedstryd via die radiokommentator te volg. Gestel nou, nes die spannende wedstryd sy einde nader, hoor jy skielik: “Gggggg....” ’n Seinonderbreking omdat jy tussen die klowe deurry! Frustrerend, nie waar nie? Veral as die radiosein eers herstel nadat die wedstryd reeds verby is en jy die finale telling misgeloop het!

Die vrede en harmonie in ons lewens kan met hierdie radiosein vergelyk word. Soms ervaar ons ’n rustigheid en vrede in ons gemoed terwyl ons die stem van die Heilige Gees duidelik kan hoor. Tog, wanneer ons in vrees begin leef of sonde geleidelik in ons lewens toelaat, sal ons vind dat hierdie vrede in ’n onrustigheid verander en dat daar ’n “seinonderbreking” met die Heilige Gees ontstaan.

Die vyand is daarop uit om jou vrede te steel. Waarom? Sonder vrede voel jy onrustig. Jy sukkel om besluite te neem. Jy raak makliker geïrriteerd. Jou vrese en bekommernisse raak al groter. En meestal dryf ons mense van ons af weg eerder as om hulle nader na ons toe te trek.

Hoe steel die vyand jou vrede? Hy plaas ’n stadige bestuurder voor jou in die verkeer en jy verloor jou humeur. Hy plaas ’n gedagte in jou kop dat van jou kollegas van jou skinder (terwyl jy reeds sukkel met verwerping). Hy laat jou onnodig stres oor jou kind se veiligheid. Of hy oortuig jou dat jy nie met jou finansies deur die maand gaan kom nie. Sy hoofdoel is om die harmonie en “sein” met die Heilige Gees te versteur en jou fokus wég van God te trek en vierkantig op jou vrese en bekommernisse te plaas.

Hoe herstel jy hierdie vrede in jou lewe? Die maklikste is om Paulus se raad in Filippense 4:6-7 te volg: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Ervaar jy tans vrede in jou hart? Of sit jy dalk met daardie onverklaarbare hol kol op jou maag? Kies vandag om jou sonde voor God te bely. En kies ook om weg te kyk van jou vrese en jou fokus terug op Hom te plas. Dit is immers net Hy wat jou vrede en sein met die Heilige Gees kan herstel en hiermee saam aan jou daardie vrede kan gee wat alle verstand te bowe gaan!

Vader God, baie dankie dat ek met elke bekommernis in my hart na U mag kom. Ek plaas vandag (noem jou bekommernis) by die kruis neer. Plaas asseblief weer daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan terug in my hart. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
BESKERM DIE VREDE IN JOU HART
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Godsdiens Draad-
Spring na: