IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Deurbraak/ineenstorting?

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Deurbraak/ineenstorting?   Thu Feb 11, 2010 6:08 pm

Deurbraak/ineenstorting?
2010-02-10 20:50
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel

‘Ons nasionale demokratiese revolusie (NDR) sal nie gestop word nie,” het die ANC ’n ruk gelede verklaar. Dis dus gepas om vandag – 20 jaar ná die vrylating van oudpres. Nelson Mandela – te kyk na wat die NDR nog alles kan oplewer.

Pres. Jacob Zuma noem die NDR die filosofie wat vir ons die koers na die toekoms wys. Dis ’n koers wat baie Suid-Afrikaners teen die bors stuit en volgens me. Helen Zille van die DA gelei het tot ernstige probleme met dienslewering en politieke stabiliteit.

Dit is verbasend hoe min politici, akademici en kiesers weet van hierdie harde kern van die ANC-denke oor die politiek, ekonomie en samelewing, sê prof. André Duvenhage, navorsingsdirekteur van sosiale transformasie aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

In artikels in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe en Woord en Daad beskryf hy hierdie denkraamwerk en sy toepassing, wat in werklikheid strydig is met die wese en voortbestaan van belangrike vertrekpunte van die Grondwet. Die ANC vertolk die Grondwet hoofsaaklik as ’n “tydelike kompromis”, ’n baken op die pad na die “volledige revolusie” soos uiteengesit in sy Strategy and Tactics.

Duvenhage skryf: “Die uitsprake van die Malemas, Vavis en Nzi­mandes dui die weg aan.”

Die ANC-agenda konsentreer nou op sake soos die transformasie van die regbank en die hoër onderwys, versnelde landelike ontwikkeling en grondhervorming, groter en meer sosiale toelaes in ’n moeilike ekonomiese tyd en in sekere kringe selfs die nasionalisering van die myne.

Die “nasionalisering” van die Reserwebank en ’n nuwe mandaat daarvoor is hoog op die agenda.

Naamsverandering vervul ’n belangrike simboliese rol, veral by gebrek aan werklik sigbare prestasies. Die inisiatiewe om Pretoria se naam te verander, moet ’n mens in hierdie verband beoordeel.

In sommige opsigte herinner die planne en hul uitvoering aan die politieke modelle van die voormalige Sowjetunie en Oosblok-lande. Pogings om hierdie benadering in ’n postkoloniale Afrika te volg, het negatiewe gevolge in lande soos Zambië, Mosambiek en Zimbabwe gehad. Tog word sulke pogings al hoe meer deel van ons politieke landskap.

“Daar bestaan by my weinig twyfel dat die hef aan van politieke verandering voorlê en dat ons politiek ’n waterskeidingsfase binnegaan. Die veranderings kan so ingrypend wees as dié van die eerste oorgang (1989-1994) – net so fundamenteel en omvangryk,” skryf Duvenhage.

Faktore wat die uitvoering van hierdie planne beïnvloed, is politieke onstabiliteit weens probleme met dienslewering, armoede, werkloosheid, vigilantisme en xenofobie. In die breë demokratiese beweging, die broad church, is daar ideologiese verskille waarvan dié tussen nasionaliste en kommuniste die duidelikste is.

Maar ondanks tekens van institusionele verval en die onvermoë van staatsinstellings om take suksesvol uit te voer, word populistiese agendas sterker op die voorgrond geplaas.

Die land nader ’n punt waarop dit moet kies tussen die pad na ’n deurbraak of na ineenstorting.

Die beste scenario is een van evolusie ná ’n breakthrough, die ergste is een van devolusie ná ’n breakdown.

Die ergste scenario is eskalerende onstabiliteit, institusionele verval, hoë verwagtings wat bots met die vermoëns van die ekonomie en instellings, en ’n onvermoë om vraagstukke soos armoede en werkloosheid te hanteer.

Die beste scenario veronderstel’n verstaan van die aard en omvang van die krisis en ’n wil om dit konstruktief te verander. Daarvoor is nodig groter politieke stabiliteit, gematigheid, verdraagsaamheid en die soeke na ’n konsensus.

Sal Zuma en sy administrasie daardie weg inslaan?

“My groot kommer”, sê Duvenhage, “is dat hierdie vensterperiode in die maalkolk van politieke onstabiliteit misgelees en die land in ’n afwaartse spiraal ingetrek kan word, met verreikende negatiewe implikasies vir die politiek, die ekonomie, asook die sosiaal-maatskaplike situasie van die burgery. Wat nou nodig is, is ’n staatsman en nie bloot ’n politieke leier nie.”


- Beeld
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Deurbraak/ineenstorting?
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: