IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Vlok en van der Merwe beskou dit tussen geil veevoer

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Vlok en van der Merwe beskou dit tussen geil veevoer   Thu Feb 11, 2010 5:57 pm

Vlok en van der Merwe beskou dit tussen geil veevoer
2010-02-11 13:19
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Beeld op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Lizel Steenkamp
Kaapstad. – Hulle kon dit nie waag om openlik ’n oog oor oudpres. Nelson Mandela se vrylating te hou nie. Toe sit die twee veiligheidshoofde maar in ’n lusernland en bespied die Victor Verster-gevangenis van ’n afstand.

“Ek was nou nie juis die mees geliefde figuur nie,” sê mnr. Adriaan Vlok, destydse minister van wet en orde.

Knus in ’n helikopter het hy en genl. Johan van der Merwe, hoof van die destydse Suid-Afrikaanse Polisiemag, gesit.

Tussen geil veevoer, op die agtergrond.

Oudpres. FW de Klerk het bevelvoerders vooraf oor dié dag toegespreek. Onluste-eenhede en gewone beamptes landwyd moes gereed wees, maar sover moontlik “onder die radar”.

“Want ’n polisieman op die verkeerde plek kon die vonk in die kruitvat wees.

“Ons wou nie opsigtelik met gewere en Casspirs rondbeweeg nie,” sê Vlok.

11 Februarie 1990 was ’n snikhete dag in die Paarl.

Duisende mense, sommige in struggle-hemde, het van vroegdag voor die tronkhekke gemaal.

Die polisie het dae tevore aanbeveel die vrylating moet in Soweto gebeur “waar die gevaar van ’n botsing tussen mense van verskillende organisasies minimaal sou wees”.

“Dure ondervinding” het hulle geleer “grootskaalse geweld en landwye onrus” kan binne ’n oogwink uitbreek.

Daarby móés die vrylating op ’n Sondag gebeur. “Wanneer drankwinkels gesluit is, want drank wat vryelik beskikbaar is, is gewoonlik die oorsaak van wanorde en geweld.”

Oor die Sondag was daar eindelik eenstemmigheid, maar Mandela het “botweg geweier” om in Soweto te verskyn, sê Van der Merwe. “Hy het aangedring dat hy as ’n vry man uit die Victor Verster-gevangenis wil stap.”

Daar is afgespreek dat dit “vroegoggend” sou gebeur.

Maar die oggend het gekom en gegaan en steeds was daar geen taal of tyding nie.

“Mev. Winnie Mandela het eers ná 12:00 opgedaag.”

Intussen het baldadige ANC-ondersteuners die wingerde ingevaar en druiwe gepluk, onthou hy. “Die polisie moes vinnig inspring om te keer.”

Mandela het eers ná 16:00 sy eerste vry treë in 27?jaar gegee.

Alles het ordelik verloop, maar Vlok en Van der Merwe was beangs oor die malende massa op die Parade in Kaapstad se middestad. Hulle het in die helikopter soontoe geswiep.

Die skare was ongeduldig, dors en moeg gewag. Van der Merwe sê voertuie is beskadig, winkelvensters stukkend gegooi en ’n paar drankwinkels beroof.

Vlok bevestig hulle was baie “ongelukkig” omdat Mandela eers om 19:40 daar opgedaag het om die sowat 50 000 mense toe te spreek.

Dit was benoude oomblikke, “want ons het nie geweet wát Madiba sou sê nie”.

Later daardie aand het Vlok doodmoeg in sy bed geklim.

“Ons was op die ergste voorbereid. Maar ek het met groot dankbaarheid my kop op die kussing gesit en gesê: ‘Dank die Vader dit het goed afgeloop.’”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Vlok en van der Merwe beskou dit tussen geil veevoer
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: