IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Meisie (15) lê halfkaal langs oom

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Meisie (15) lê halfkaal langs oom   Thu Apr 08, 2010 12:07 pm

Meisie (15) lê halfkaal langs oom
2010-04-08 07:50
Druk artikel e-pos artikel

Verwante skakels
Konstabel vas ná hy glo eks-meisie verkrag
2 vas ná hulle glo meisie (14) verkrag
Kaal man verkrag meisie (12) op heuwel
Hilda Fourie, Beeld
Johannesburg – Die polisie het in ’n woonstel in Koedoespoort in Pretoria op ’n 15-jarige meisie ingeloop wat, met net ’n hemp aan, langs haar oom (35) gelê het.

Langs die paar se matras het ’n gebruikte kondoom gelê.

Die meisie en haar oom is twee van vyf mense wat die polisie gister in hegtenis geneem het nadat hulle dwelms in almal se besit gevind het.

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê ’n klag van statutêre verkragting is nog nie teen die oom ingedien nie omdat die meisie ontken hulle het seks gehad.

Die oom is haar oorlede ma se broer.

Volgens die meisie, het Weilbach gesê, het sy haar broekie uitgetrek omdat dit haar “geïrriteer” het.

Sy was bedwelm toe die polisie op haar afgekom het.

Die meisie en haar oom kon nie die gebruikte kondoom verduidelik nie.

Weilbach het gesê die moontlikheid van statutêre verkragting word wel ondersoek.

Volgens Weilbach het ’n 33-jarige vrou gisteroggend ’n klag van verkragting by die Villieria-polisiekantoor ingedien.

Volgens die slagoffer was haar verkragter nog by die Mendoza Sports Bar in Blesbokstraat waar sy aanvanklik glo verkrag is.

Die polisie het dadelik gereageer en die Pretoria-honde-eenheid en -blitspatrollie se hulp ingeroep omdat die vermeende verkragter volgens sy slagoffer gewapen was.

By die kuierplek het die polisie die perseel deurgesoek en in ’n woonstel bo die kuierplek op die meisie en haar oom afgekom.

Volgens Weilbach het die bestuurder van die kuierplek en ’n egpaar en hul vierjarige dogter elders in die woonstel gelê en slaap. Buiten vir die vierjarige meisie is almal gearresteer weens die besit van dwelms.

Die polisie het ook tik, kokaïen, saamgeperste dagga, gewone dagga, magic mushrooms, Viagra-pille en bylae vier- en -vyf-medisyne in die woonstel gevind.

Die oorspronklike klaer se vermeende verkragter is nie by die kuierplek gevind nie.

Die meisie en haar oom het ná hul arrestasie die polisie na twee huise van dwelmhandelaars, onderskeidelik in Monumentpark en La Montagne, geneem.

“Dié is ’n groot netwerk wat oopgekrap is, want die oom verskaf dwelms aan handelaars,” het Weilbach gesê.

– Beeld

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Meisie-(15)-l%C3%AA-halfkaal-langs-oom-20100408
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Meisie (15) lê halfkaal langs oom
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: