IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Kaapse sakeman se dood ’n raaisel

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Kaapse sakeman se dood ’n raaisel   Wed Apr 07, 2010 10:04 pm

Kaapse sakeman se dood ’n raaisel
2010-04-07 00:53
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Nurene Jassiem
Kaapstad

Een van die land se voorste ­eiendomsontwikkelaars wie se geesteskind die hernuwing van die sentrale sakegebied in Claremont sowel as die Benguela Cove-landgoed net buite Hermanus was, is gisteroggend onder raaiselagtige omstandighede dood.

Mnr. Chris Drummond (53) se lyk is omstreeks 05:40 in die parkeerterrein van die winkelsentrum Stadium on Main in Stegmanweg, Claremont, gevind.

Volgens ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het hy met sy gesig op die grond gelê toe ’n sekerheidswag hom gevind het.

“Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Drummond se motor is met albei voordeure oop op die vierde verdieping van die parkeergarage gevind,” het Filander gesê.

Niks is na verneem word uit die voertuig gesteel nie. Sy selfoon en dokumente was nog binne-in.

Dit is onduidelik of hy dood is voor of ná hy op die grond beland het.

’n Geregtelike nadoodse ondersoek sal gedoen word.

Drummond was onder meer die uitvoerende hoof van Benguela Cove Costal Investments wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die wynlandgoed van 210 ha sowat 10 km buite Hermanus. Hy het ook as voorsitter van die Claremont-verbeteringsdistrik gedien.

Mnr. David Stoll, wat Drummond se voorloper in dié pos was, het gesê sy dood laat ’n groot leemte in die Claremont-gebied.

“Hy het ’n wonderlike sin vir humor gehad en het altyd sy beloftes gestand gedoen.”

Sapa berig Drummond was die mede-eienaar en direkteur van New Property Ventures, die ­ontwikkelaars van Stadium on Main.

Drummond was bekend vir sy avontuurlustigheid en het in 2004 probeer om die berg Everest uit te klim, maar het nie die staptog voltooi nie.

Drummond word oorleef deur sy vrou en twee kinders.
http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/a56623aece614d07b330a18cefb396cb/07-04-2010-12-53/Kaapse_sakeman_se_dood__%E2%80%99n_raaisel
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Kaapse sakeman se dood ’n raaisel
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: