IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Slenkdalkoors eis 4de slagoffer in VS

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Slenkdalkoors eis 4de slagoffer in VS   Mon Apr 05, 2010 11:15 pm

Slenkdalkoors eis 4de slagoffer in VS
2010-04-05 00:12
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Vicüs Bürger



Slendalkoors het nog ’n slagoffer geëis. Mnr. Alfredo Ferreira (72) van die plaas Suidhoek sowat 30 km buite Bloemfontein op die Boshof-pad, is die vierde mens in die Vrystaat wat reeds weens dié siekte gesterf het.

Intussen het die Springbok-losvoorspeler van die Cheetahs Juan Smith gister aan Volksblad bevestig dat sy pa, Giel, aan slenkdalkkoors ly.

Smith sr. is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy ongeveer tien dae gelede met ernstige hart- en nierprobleme in die Universitas- Akademiese Hospitaal in Bloemfontein opgeneem is.

Sy pa se siekte het verhinder dat Smith aanvanklik met sy spanmaats op hul Super 14-toer na Australisië vertrek het.

Smit het wel gisteraand vertrek om hom by die span aan te sluit voor die naweek se wedstryd teen die Brumbies, berig Hendrik Cronjé.

Ferreira is binne ’n week aan dié gevreesde siekte oorlede nadat hy oornag ernstig siek geword het.

Volgens ’n spesialis en kenner van slenkdalkoors is sy dood ’n baie skaars verskynsel. Volksblad het verneem Ferreira is die vierde mens in die Vrystaat wat weens slenkdalkoors gesterf het.

Hy het volgens familielede voor sy dood bloed gebraak, erge diarree gehad en selfs gehallusineer.

Dr. Cloete van Vuuren van die departement interne geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en hoof van interne geneeskunde van 3 Militêre Hospitaal by Tempe in Bloemfontein, sê minder as een uit 100 mense wat slenkdalkoors opdoen, sal “aan die bloei gaan”.

“Die helfte van diegene wat wel bloei, sal doodgaan”.

’n Mense kan die siekte opdoen deur besmette muskiete en deur kontak met bloed en ander liggaamsvloeistowwe wanneer siek diere geslag of hul rou melk gedrink word.

Dr. Louis van Rooyen, adjunk-direkteur: veeartsenydienste in die Vrystaat, sê dit is egter nie die soort muskiete wat sommer in die huis kom nie.

“Hulle (die muskiete) verkies om skape en beeste te byt.”

Van Vuuren sê daar is nog geen bewyse dat slenkdalkoors tussen mense oorgedra word nie.

Mev. Ester Monteiro, Ferreira se skoondogter, sê hy was afgetree en het saam met haar en haar man, Arlindo, op die plaas Suidhoek, ’n saaiplaas sonder enige vee, gewoon.

’n Week voor Ferreira se dood het hy nog saam met die gesin gebraai. “Hy het niks makeer nie en het gesond geëet,” sê mev. Monteiro.

Ferreira is op 27 Maart dood.

Mev. Monteiro sê hy het “uitstekende” behandeling in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ontvang, maar daar kon nie vasgestel word wat met hom fout was nie.

“As hulle een ding behandel het, het iets anders opgeduik.”

’n Nadoodse ondersoek is op Ferreira se lyk gedoen en die uitslae het verlede Woensdag bekend geword, ’n dag voordat hy begrawe is.

“Ons is verskriklik geskok. ’n Mens lees daarvan in die koerante. Maar as jy nie met skape of beeste boer nie, dink jy nie eens daaraan nie.”

Ferreira, oorspronklik van Portugal, het konyne aangehou wat hy soms geslag en as kos voorberei het.

Van Rooyen sê hy is nie seker of konyne slenkdalkoors kan opdoen nie. “Ek het nog nie van so iets gehoor nie.”

Van Vuuren sê slenkdalkoors val onder die groep hemoragiese koorssiektes.

Mense met slenkdalkoors kan griepsimptome soos koors en lyfseer ondervind, terwyl ander van gewrigspyne kla.

Sommiges word egter baie sieker en doen lewerskade op.

“Die lewer vervaardig stollingsfaktore,” sê Van Vuuren.

Gevolglik bloei lyers erg en kan hulle doodgaan.

Van Rooyen sê muskiete wat op besmette diere teer, dra die siekte na ander diere oor.

Hy sê met die kouer weerstoestande sal die muskietlading daal en die gevalle van slenkdalkoors verminder.


- Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/1b53ff310dd84dc3a9daab37486e7235/05-04-2010-12-12/Slenkdalkoors_eis_4de_slagoffer_in_VS
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Slenkdalkoors eis 4de slagoffer in VS
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: