IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ANC staan steeds bankvas agter Julius

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ANC staan steeds bankvas agter Julius   Mon Apr 05, 2010 11:09 pm

ANC staan steeds bankvas agter Julius
2010-04-05 00:50
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Lizel Steenkamp



KAAPSTAD. – Die ANC het gister te midde van toenemende druk om sy jeugliga se opruiende uitsprake te veroordeel, bankvas agter mnr. Julius Malema gestaan.

Ook pres. Jacob Zuma wat die moord op die AWB-leier, mnr. Eugène Terre’Blanche, veroordeel het, het geswyg oor die aggressiewe toon van nasionale debatvoering en die invloed wat die Kill the Boer-lied op nasiebou het.

Hy het gister telefonies met Terre’Blanche se dogter gepraat om sy simpatie te betuig en het in ’n verklaring gesê Suid-Afrika behoort aan alle rasse.

Die president het “swart en wit” gemaan om kalm te bly terwyl die polisie die moord ondersoek. Volgens hom moet daar nie oor die motiewe bespiegel word nie.

“Leiers en organisasies moet mnr. Terre’Blanche se dood ook nie gebruik om politieke punte te wen nie. Hulle moet eerder help om ons mense te verenig.”

Nie die presidensie of die ANC wou by navraag toegee dat die jeugliga en Malema se uitsprake rassehaat en -spanning aanhits nie.

’n Ingeligte binne die regerende party het egter gesê al word ’n verenigde front na buite voorgehou, is daar groot frustrasie met Malema binne die ANC. Daar is al herhaaldelik agter die skerms met hom gepraat en sy “ongehoorsaamheid” is ’n probleem.

“Hy vee hom openlik af aan die howe en die ANC, maar niks wat vir hom gesê word, maak ’n indruk nie. Dis in by die een oor en uit by die ander.”

Mnre. Vincent Magwenya, Zuma se woordvoerder, en Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het volgehou daar is geen bewyse wat dui op ’n verband tussen die moord op Terre’Blanche en die Kill the Boer-lied nie. Hulle het ontken dat dié lied versoening bedreig.

“Die tydsberekening van dié lied en die moord het egter nie gehelp (om gemoedere te kalmeer) nie,” het Magwenya toegegee.

Mthembu het gesê die moord moenie verpolitiseer word nie en dat niemand sal weet of die jeugdiges wat Terre’Blanche vermoor het, die lied ooit gehoor het nie.

Ook mnr. Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gisteroggend op ’n nuuskonferensie op Ventersdorp geweier om oor “partypolitieke kwessies” te praat of vrae oor die Kill the Boer-lied te beantwoord.

Volgens Mthembu het niemand die ANC persoonlik genader om oor dié lied te kla nie. Hy kan nie verstaan hoekom wit mense aanstoot neem nie.

“Is dit ’n algemene irritasie met Julius of gaan dit oor die lied self? Wat is dit wat wit mense so bang maak?” het hy gevra.

Hy het bevestig die ANC sal langs Malema in die hof staan wanneer AfriForum se klagte teen die jeugleier in die gelykheidshof dien.

Mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die vakverbond Cosatu, het ook volgehou die struggle-lied moenie letterlik opgeneem word nie.

“Maar ons spoor ons lede nogtans nie aan om dit te sing nie, want die lied behoort tot ’n ander era.”


- Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/08adc2436df04f508f00518e4ac56407/05-04-2010-12-50/ANC_staan_steeds_bankvas_agter_Julius
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
ANC staan steeds bankvas agter Julius
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: