IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 SA se dae as goudreus getel

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: SA se dae as goudreus getel   Sat Mar 20, 2010 8:26 pm

2010/03/20 10:17:00 AM

Shaun van den Berg

Druk artikel

Verwante artikels
Tito by AngloGold
NUM wil Gold Fields verlam met staking
AngloGold sal myn-portefeulje ontknoop

Hoofberigte
Kyk mooi wat versekering werklik dek
Mar 20 2010 10:17

Baie verbruikers het ná die onlangse resessie minder versekeringsdekking as wat hulle dink en loop die gevaar dat ’n eis afgekeur of net gedeeltelik betaal kan word.

Bly by met ritboek vir belastingeis
Mar 20 2010 10:17

Belastingbetalers sal vanjaar vir die eerste keer groot erns moet maak met die akkuraatheid van ritboeke om vir reisuitgawes vir belastingdoeleindes te kan eis.

Dink nuut oor 60 as aftree-ouderdom
Mar 20 2010 10:17

Daar is al baie gepraat oor die nodigheid om vroegtydig vir aftrede voorsiening te maak.


Suid-Afrika het volgens die jongste syfers van die Kamer van Mynwese verder op die wêreldranglys van goudproduserende lande teruggesak.

Die land beklee nou die vierde plek ná China, Australië en die VSA.

Die land is dus nie meer die goudreus van ouds nie.

Die grootste goudprodusent is China, wat dié titel al in 2006 verower het nadat Suid-Afrika sowat ’n eeu bo-aan die lys was. Die probleem is dat Suid-Afrikaanse goudproduksie gekniehalter word deur arbeidsprobleme, dalende ertsgrade en verskeie myne wat nou die einde van hul leeftyd bereik het. Die bedryf moet probeer keer dat produksie verder daal.

Kyk ’n mens na van die genoteerde goudmyne, lyk die prentjie nie rooskleurig nie.

AngloGold Ashanti is die grootste Suid-Afrikaanse goudmynmaatskappy met ’n markkapitalisasie van meer as R101 miljard.

Hy is ’n internasionale goudprodusent met 21 produksie-eenhede op vier vastelande. Die groep het verlede jaar 4,6 miljoen onse geproduseer teen ’n totale koste van $414 per ons. Sy aandele verhandel tans onder sy bewegende gemiddeldes met ’n tendens wat beeragtig vertoon.

Gold Fields is een van die wêreld se grootste onverskanste goudprodusente en het ’n markkapitalisasie van meer as R63 miljard.

Hy bedryf nege myne in Suid-Afrika, Ghana, Australië en Peru en het in die Desember-kwartaal 900 000 onse goud teen ’n totale koste van $613 per ons geproduseer. Gold Fields se aandele verhandel onder sy bewegende gemiddelde met ’n tendens wat beeragtig vertoon.

Harmony, met ’n markkapitalisasie van sowat R30,2 miljard, het verlede jaar 1,46 miljoen onse geproduseer, wat ’n daling van 8,6% teenoor die vorige jaar verteenwoordig.

Ondanks die daling bly die myn een van die groot produsente in die wêreld. Harmony se aandele verhandel onder sy bewegende gemiddeldes met ’n tendens wat beeragtig vertoon.

DRDGold het ’n markkapitalisasie van sowat R1,5 miljard. Sy goudproduksie het verlede jaar met 23% gedaal terwyl die totale bedryfskoste vir voortgesette bedrywighede 40% hoër was.

DRDGold se aandele verhandel onder sy bewegende gemiddeldes met ’n tendens wat beeragtig vertoon.

Met bogenoemde goudaandele wat nie juis waffers op die JSE vertoon nie, is die vraag of daar alternatiewe is. Indien ’n belegger meen dat die goudprys gaan styg, is daar drie beleggingsopsies wat ondersoek kan word.

Die beste is om fisiese goud aan te skaf in die vorm van goudmunte. Dit gaan ook saam met ’n siening dat fisiese goud as verskansing teen ’n finansiële ineenstorting kan dien.

Die tweede beste keuse is om beursverhandelde fondse soos NewGold te koop.

Die derde keuse is goudaandele. Terwyl goudaandele die voordeel het van ’n stewige hefboom wanneer die goudprys styg, dra dit egter maatskappy- en bedryf-spesifieke risiko.

Hoewel die genoemde genoteerde goudmyne se aandele onder die langtermyn- bewegende gemiddelde van 200 dae verhandel, toon NewGold se grafiek dat dit bo die 200 dae- bewegende gemiddelde verhandel. Daar is dus ’n uitweg vir beleggers wat in goud glo.

Die baasbelegger Warren Buffett som ’n belegging in goud soos volg op: “Goud word iewers in Afrika of elders uit die grond gegrawe. Dan smelt ons dit, grawe nog ’n gat en bêre dit daarin en betaal mense om rond te staan en dit te bewaak. Iemand op Mars wat hierna kyk, sal net sy kop krap.”
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
SA se dae as goudreus getel
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: News from abroad-
Spring na: