IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 ANC en AfriForum stry

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: ANC en AfriForum stry   Sat Mar 20, 2010 8:18 pm

2010-03-19 23:07
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Die Burger op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Pieter-Louis Myburgh
Johannesburg

Polisielede het gister twee AfriForum-lede en drie sangers, onder wie Steve Hofmeyr, toegang tot die ANC se hoofkantoor geweier terwyl ANC-amptenare bladsye met die name van plaasmoordslagoffers opgeskeur, in die straat gegooi en vertrap het.

Dit het gevolg nadat mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, eergister gedreig het ’n herhaling van die Shell-huis-slagting sal plaasvind indien ’n beplande optog teen plaasmoorde voor Luthuli-huis sou voortgaan.

Altesaam 19 mense het in 1994 gesterf toe ANC-sekerheidswagte op lede van die IVP, wat na die ANC se destydse hoofkantoor by Shell-huis in Johannesburg opgeruk het, losgebrand het.

Hofmeyr, Sean Else, Gerrie Pretorius, mnr. Ernst Roets, leier van AfriForum Jeug, en mnr. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sou aanvanklik ’n optog vanaf Mary Fitzgerald-plein tot by Luthuli-huis in die Johannesburgse middestad lei. Hier sou hulle die lys name en ’n memorandum oor Malema se gewraakte “Kill the Boere”-uitsprake aan die jeugliga oorhandig.

Daar is glo aanvanklik ooreengekom dat Malema AfriForum se memorandum saam met die lys name van 1 600 plaasmoordslagoffers sou ontvang, maar ’n vergadering tussen Roets en Malema het eergister skeefgeloop nadat Roets geweier het om AfriForum Jeug se klag van haatspraak teen Malema terug te trek.

Malema het glo daarna sy toestemming vir die optog na Luthuli-huis, asook sy voornemens om die memorandum in ontvangs te neem, onttrek.

“As julle môre (gister) by Luthuli-huis protesteer, gaan dit wat met die IVP (in 1994 by Shell-huis) gebeur het homself herhaal,” het Malema na bewering eergister in sy kantoor aan Roets gesê.

Toe Roets by Malema wou weet wat hy hiermee bedoel, het dié glo gesê hulle (AfriForum) moet “kom en dan kyk ons wat ­gebeur”.

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die jeugliga, het gister ontken Malema het eergister met Roets vergader of dat hy ooreengekom het om AfriForum Jeug se dokumente in ontvangs te neem.

“Daar was Donderdag geen amptelike vergadering nie. Daai man (Roets) jok. Hy is ’n leuenaar,” het Shivambu gesê.

Shivambu het egter self eergister se vergadering in ’n SMS aan Roets bevestig, wat Die Burgergesien het. Drie lede van AfriForum Jeug het bevestig hulle was eergister saam met Roets in Malema se kantoor en dat al vier van hulle die intekenvorm by Luthuli-huis ingevul het.

Sowat 100 betogers, wat ’n aantal naasbestaandes van plaasmoordslagoffers ingesluit het, het gister “Stop Malema”-plakkate op Mary Fitzgerald-plein rondgeswaai uit protes teen die liedjie wat Malema onlangs gesing het, wat lui: “Skiet die Boere, hulle is verkragters!”

“Hierdie is nie ’n kleuterskool waar jy cowboys en crooks speel nie. Hier gaan regte mense dood as jy sulke uitsprake maak,” het Kriel oor Malema se omstrede uitlatings gesê.


- Die Burger
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
ANC en AfriForum stry
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: