IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Boer met kopskoot vermoor

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Boer met kopskoot vermoor   Tue Mar 16, 2010 8:30 pm

Die gat in mnr. Danie Nortjé se slaapkamervenster.Foto: Linda de Beer
Foto's • Lesersfoto’s • Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's • Stuur vir ons jou foto's
Sonja van Buul en Linda de Beer

n Boer is die naweek koelbloedig doodgeskiet en ’n ander is deur ’n toe venster gewond in twee plaasaanvalle die naweek in Limpopo en Noordwes.

Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor.

Volgens supt. Ronél Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, was Van Deventer omstreeks 19:00 in sy tuin toe sy vrou (64), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, blykbaar stemme buite gehoor het.

“Die vrou, wat in haar kombuis besig was, het ’n skoot gehoor voordat twee gewapende rowers die plaashuis ingestorm en haar oorweldig het. Sy is vasgebind en aangerand.”

Mev. Van Deventer het na verneem word ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Volgens Otto het die rowers die Van Deventers se vuurwapenkluis op die egpaar se bakkie gelaai en daarmee gevlug.

“Die rowers het in die rigting van Vaalwater gery toe die bakkie gerol en hulle vermoedelik te voet verder gevlug het,’ het Otto gesê. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in op die ongeluktoneel gevind.

Niemand is gearresteer nie en die polisie het ’n grootskaalse soektog op tou gesit. “?’n Polisiespan, waaronder spoorsnyers, is saamgestel om die egpaar se aanvallers in die afgeleë Bosveldgebied vas te trek.”

In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet.

Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die donshael het hom hoofsaaklik regs agter in die boud en rug getref, het sy pa, Pieter (85), gister gesê.

Nortjé sr. het op sy bloeiende seun in die bed afgekom nadat hy ’n enkele skoot gehoor het.

“Hy was baie swak, want hy het baie bloed verloor,” het Nortjé sr. gister gesê.

Nortjé jr., ’n wewenaar, het dit reggekry om op te staan en in ’n ander vertrek op hulp te gaan wag uit vrees dat nog skote deur die venster sou kom.

Sy pa het gesê hulle het niemand op die werf gesien nie. “Dit het nie lank gevat vir die polisie en die ambulans om te kom nie. Ek het nou-nou met my seun gepraat en hy sê hy’s orraait.”

Me. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24 wie se paramedici Nortjé jr. op die toneel behandel het, het gesê sy toestand is aanvanklik as kritiek beskou, maar hy was teen gisteroggend bestendig.

Volgens haar het hy “veelvuldige wonde” regs agter op sy rug gehad.

Insp. Wilmarie van der Merwe van die polisie in Noordwes het gesê dit is nie seker of daar meer as een aanvaller was nie. Die motief is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie.

Die Limpopo-moord kom ’n dag nadat mnr. Jan Wheeler (65) in die vroeë oggendure op ’n plaas sowat 10?km buite Marble Hall vermoor is waar hy as bestuurder gewerk het. Hy is gesteek en verskeie kere geskiet.

Van Deventer is die sesde plaasmoordslagoffer in Limpopo sedert die begin van Februarie.
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0114fabe6e884fe1aebbba12e0f6c678/14-03-2010-10-31/Boer_met_kopskoot_vermoor
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000005



Aantal posstukke : 295
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Vanoggend gehoor   Thu Mar 18, 2010 2:02 pm

Ek het vanoggend met iemand gesels, wat besoek afgelê het naby Tseneen omgewing, daar bo erêns en moes hoor dat dit omtrent 'n oorlog sone daar is. Die persoon was baie ontsteld oor dit lyk asof die wit kruise van vermoorde boere en hul families, ook al meer word. Ek is meegedeel dat die mensies aan daardie kant dit baie swaar het met die diefstal en dat die regering absoluut niks aan die saak doen nie. Die persoon het ook gesê dat daar gewens kan word, dat daar opgetree kan word, teen sulke tipe voorvalle. Daar was ook gesê dat daar wel van die boere daar reeds in die tronk sit oor een of ander voorval.

Van my Persoonik: Boere, boerinne, boerkinders, stadsjapies en almal wat daardie kant woon, julle is in my gebede. Ek ken nie julle name nie. Ek weet ook nie hoe julle lyk nie, maar elke Vrydag wanneer ek my pienk top aantrek en herhinder word aan al die kinders wat so wreed geryp en vermoor was, aan Johan Nel dink en wat hy op 'n daaglikse basis moet deurgaan oor hy sielkundig geknak het en aan almal in soortgelyke omstendighede dink, bly jul nogsteeds in my hart, dink ek nogsteeds aan almal. Ek mag wel nie 'n Transvaler, Nataller of 'n Vrystater wees nie, ek sal nie eens weet hoe julle voel nie, maar ek weet een ding: ons moet weet van al die lelike dinge wat met al ons mense gebeur. Ons moet op 'n Geestelike vlak, leer uit hul foute en ons eie foute, sodat ons kan groei in die Gees en sodat ons Hemelse Vader na ons kan kyk en met ons kan wees, sodat daar eendag, op geestelike vlak, eensgesindheid bereik kan word, sodat almal soos een, regoor die land, saam die knie kan buig en sodat elkeen kan erken wie God die Vader is.
Dit sal nie begin, as daar nie iets lelik is (en was) en wat ons dwing ( vir die dag van môre) nie.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Boer met kopskoot vermoor
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Plaasmoorde in SA-
Spring na: