IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Brood in bloed

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Brood in bloed   Wed Mar 10, 2010 5:08 pm

Tue 9 Mar 2010, 14:13 0 Comment(s) Report Abuse
Kyk ’n slag twee keer na jou brood as jy hom uit Pick ’n Pay dra. Gee jou brood sommer ’n stywe drukkie. Hy’s meer as jou eetding; hy’s ’n meelbom van 700g wat nog in die land se gesig kan ontplof.


Jou laatie gaan bitter wees as hy nie sy Marmite-toebie speeltyd uit die kosblik kan haal nie. Dit gaan jou dag bederf.


Jou man gaan ook moeilik wees as hy nie ’n mieliebom met gister se brood kan maak as hy op pad is viswaters toe nie.
’n Omgekrapte (visser)man drink meer.



Dan praat ons nie eers as hy nie sy braaibroodjie met die tjoppies op die kole kan gooi nie. Brood en melk is so Suid-Afrikaans soos pap en wors en Brannas & Coke. Brood is nes water - dis lewe.


Ons eet hom, mors hom en laat hom groen word in die broodblik - sonder om twee keer oor die brood se bitter paadjie tot in jou maag te dink.


Tel daai brood op. Ruik aan hom. Verbeel jou jy ruik plaas. ’n Plaas is lewe. Dis waar jou pap, melk en vleis vandaan kom.
En jou brood.


Maar jy dink nooit aan jou eie boere nie, Mevrou Huisvrou en Meneer Stedeling. Jy rits rond met jou blink ingevoerde speelding waarvoor jy lag-lag 30% te duur betaal, maar die boer steek skaars 10% van die broodprys in sy sak.


Graanboere is op die rand van ondergang. Min plant nog koring. Jy gaan pap hê vir ontbyt, want daar is baie mielies, maar die mielie-oes bring nie pitte vir die boer in die sak nie.


Betaal jy dus minder vir jou meel? Nee. En betaal jy minder vir jou brood? Nope. Oukei, die boer groei agteruit en jy betaal al hoe meer vir jou kos. Hoe werk dit? Gee jy ooit om?


Dink so daaraan: As die Suid-Afrikaanse graanboer vou, gaan jy van ingevoerde mielies en meel en brood lewe. Die pryse gaan dubbeld wees wat jy nou daarvoor betaal. Mark my words.


Ons gaan lewe in Afrika met ’n ingevoerde kar voor die garage, pap gemaak van Yank-meel en ’n brood van Chinese koring.



En nie lank nie, dan gaan die hongeres in die strate opruk, gaan die klippe deur die huise se ruite vlieg, gaan die kafees in rook en vuur gehul wees. Dan wil ons vlug, emigreer.


Waarheen nogal? Amerika, ja.


Tel jou seëninge een vir een. Stop ’n boer, skud sy blad. Ja wat, gee hom ’n ou drukkie. ’n Handvol graanboere in dié land voed miljoene der miljoene Afrikane - en maak nie geld daaruit nie.


Hoe verklaar jy dit?


Dis tyd dat Suid-Afrikaners in massas hul boere begin ondersteun en druk op die regering te plaas sodat hulle die koringheffing ingestel kry (sodat ons mededingend is teen oorsese, gesubsidieerde goed) en jy, jou laaitie en jou man pure Suid-Afrikaanse goedheid kan hap.


Spring in jou supermark-eienaar se gesig as jy ingevoerde melk, botter, hoender, skaapvleis - en brood - in sy winkel kry.
Smyt dit op die grond.


Jou toekoms is op die spel, Meneer en Mevrou Verbruiker.


Joune en president Jacob Zuma s’n. As julle niks gaan doen nie, gaan jul koppe soos Marie Antoinette s’n op die valbyl rol.
Ingevoerde brood, melk en vleis is gedoop in bloed.


Die bloed van die Suid-Afrikaanse boer.



Charles Smith, senior verslaggewer
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Brood in bloed
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: