IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Man probeer 5-jarige in ryk buurt ontvoer

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
Admin
Admin


Aantal posstukke : 25
Join date : 2010-02-06

PosOnderwerp: Man probeer 5-jarige in ryk buurt ontvoer   Wed Feb 10, 2010 6:34 pm

Man probeer 5-jarige in ryk buurt ontvoer
2010-02-10
http://www.beeld.com/Content/Suid-Af...buurt_ontvoer_

Klerksdorp. – “Mamma, gaan hulle my vanaand kom haal?”
So wou ’n meisie (5) weet wat eergister helder oordag byna ’n ontvoeringslagoffer in een van dié stad se rykmansbuurte was.

Haar ouma (73) het verbete aan haar bly klou, geskree en die booswig probeer keer toe hy die kind gryp. Die gesin se name word op hul versoek om veiligheidsredes weerhou.

Die ouma sterk in die Wilmed Park- Private Hospitaal aan. Sy het kneusplekke aan haar bolyf en rug, het erge hartkloppings gekry en aan erge skok gely ná die voorval omstreeks 14:50 in Williamstraat. Die kind is ook erg geskok en het kneusplekke op haar rug opgedoen.

“Ons het gaan stap. ’n Onbekende man het voor my kom staan en my met sy lyf gekeer om verder te loop. Hy het gevra watter straat dié is. Ek het hom geantwoord en wou aanstap. Ek het my kleindogter vasgehou en die volgende oomblik het hy haar gegryp. Ek het geklou en geskree. In ’n stadium het ek en sy geval. Ek weet nie waar my krag vandaan gekom het nie,’’ sê die ouma wat presies ’n jaar gelede in haar vorige huis oorval en byna vermoor is.

Die aanvaller het destyds onder meer sy vuis in haar keel afgedruk om haar probeer versmoor. Sy bly sedertdien by haar dogter en skoonseun.

’n Vrou wat eergister daar verbygery het, het gesien hoe die man die kind gryp en dadelik omgedraai en na hulle toe gery. Die aanvaller het toe laat spaander.

“ ’n Entjie vorentoe het ’n bottelblou motor met nog drie mans gestaan. Hulle het toe al vier in die motor gevlug. Ek kon nie sien watter motor dit was nie,’’ sê die ouma.

Sy en haar familie het groot lof vir die vrou wat dapper genoeg was om betrokke te raak en só ’n moontlike tragedie af te weer.

Die meisie se ma sê haar hele gesin is getraumatiseer deur die voorval. “My dogter wou weer in haar bababed slaap en is bang. My seun (Cool is nie eens vandag (gister) skool toe nie. Kyk uit na verdagtes in jou omgewing. God het my kind beskerm en almal van alle rasse en gelowe moet bid dat hierdie boosheid uit ons stad verdwyn.’’

’n Selfoon wat uit die kind se sak geval het, is in die aanval gesteel.

Insp. Wilmarie van der Merwe, provinsiale polisie woordvoerder, het bevestig hulle ondersoek tans net ’n roofklag. .
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://kaapsevryheidsburger.forumsmotion.com
 
Man probeer 5-jarige in ryk buurt ontvoer
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Jeug Draad-
Spring na: