IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 "GOLDEN BOY "JULIUS MIK ERG NA K*KSTRAAT

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: "GOLDEN BOY "JULIUS MIK ERG NA K*KSTRAAT   Mon Mar 08, 2010 11:38 pm

Malema steel van armes’
2010-03-08 00:44


Lizel Steenkamp

Kaapstad. - Die jongste aantygings teen mnr. Julius Malema, die ANC-jeugliga se omstrede leier, kan tot ’n volskaalse strafregtelike ondersoek teen hom en ’n rits munisipale bestuurders lei.

Die Burgerhet gister betroubaar verneem die munisipale bestuurders by die betrokke munisipaliteite in Limpopo sal moet verduidelik hoe Malema se maatskappy, SGL Engineering Projects, na bewering regeringstenders ontvang het sonder die vereiste nakomingsertifikaat van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Die Burger se susterkoerant­City Press het gister berig Malema het na bewering sedert sy verkiesing in 2008 as leier van die ANC-jeugliga nie sy belastingopgawes ingedien nie en dat sy maatskappye deur die SAID ondersoek word.

Me. Patricia de Lille, OD-leier, het by navraag bevestig ’n bron het dié inligting aan haar bekend gemaak.

“Dis uiters waarskynlik dat Malema van die armes steel deur belasting te ontduik,” het sy gesê.

Ook mnr. Athol Trollip, die DA se parlementêre leier, het gister geëis dat ’n forensiese ondersoek gedoen word na miljoene rande se regeringstenders wat SGL Engineering ontvang het.

“Dis g’n wonder Malema kan ’n verjaardagpartytjie van R400 000 bekostig nie. Hy betaal dan glo nie belasting nie!” het Trollip gesê.

Malema het sy 29ste verjaardag verlede week in Seshego met duur Franse sjampanje gevier.

Ingevolge wetgewing moet enige maatskappy wat om regeringstenders aansoek doen, ’n sertifikaat van die SAID toon wat bevestig al sy opgawes is op datum en dat die maatskappy die SAID nie geld skuld nie. Net die SAID kan só ’n nakomingsertifikaat uitreik.

Indien die bewerings teen Malema waar is, beteken dit SGL Engineering, van wie hy die hoofaandeelhouer is, het ’n sertifikaat onregmatig bekom, of die tenders is op ’n korrupte wyse toegeken sonder dat SGL aan die vereistes voldoen het.

Mnr. Adrian Lackay, SAID-woordvoerder, het gister gesê Malema is op vertroulikheid geregtig. Wetgewing verbied die SAID om inligting oor enige belastingbetaler of maatskappy aan ’n derde party bekend te maak. “Ek kan dus nie sê of daar ’n ondersoek (teen Malema) is en of hy sy belastingopgawes ingedien het nie. Selfs al val hy ons in die openbaar aan, kan ek nie reageer nie.”

Mnr. Floyd Shivambu, woordvoerder van die ANC-jeugliga, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

- Die Burger


Julius Malema kul Jan Taks
2010-03-06 22:55



Julius Malema

Dumisane Lusbisi en Piet Rampedi

Mnr. Julius Malema het sedert sy verkiesing as leier van die ANC-jeugliga sowat twee jaar gelede geen belastingopgawes ingedien nie.

Boonop voldoen nie een van die vier maatskappye waarvan hy steeds ’n geregistreerde direkteur en aandeelhouer is aan belastingregulasies nie.

Te midde hiervan het dit nou ook bekend geword dat SGL einde verlede jaar nóg 13 kontrakte van die Polokwane-munisipaliteit gekry het.

Dit is benewens die tenders van meer as R140 miljoen wat SGL tussen 2007 en 2009 van nóg agt munisipaliteite in Limpopo gekry het.

’n Ondersoek verlede maand het gewys dat die bouwerk vir talle van dié kontrakte uiters swak was of nooit voltooi is nie.

Wat Malema se belastingsake betref, het me. Patricia de Lille, OD-leier, vertroulik verneem dat Malema se ondernemings ook nie voldoeningsertifikate ontvang het dat hul belastingsake in orde is nie.

Géén onderneming mag sonder sulke geldige sertifikate tenders kry nie, maar Malema se ondernemings het regerings- tenders ter waarde van miljoene rande gekry.

Rapport se susterkoerant City Press het dié inligting onafhanklik bevestig en vasgestel dat die Suid-Afrikaanse inkomstediens (SAID) ’n senior ondersoekspan aangestel het om Malema se sake te bekyk.

Intussen het Malema onlangs teen die SAID uitgevaar en beweer hy word “geteiken” omdat sy inkomste bekyk word.

Hy het die inkomstediens egter ook uitgedaag.

“As daar dinge is waarmee die SAID nie gemaklik is nie, dan mag hy ons ondersoek en voor stok kry,” het Malema gesê.

Die informant, wat gevra het om anoniem te bly uit vrees vir viktimisasie, het ook gesê dat Malema se persoonlike belastingvorms van die databasis van gewone Suid-Afrikaners verwyder is.

Sý inligting is op die databasis vir BBP’s geplaas, wat beteken daar is ’n baie hoër vlak van geheimhouding.

“Net uitgesoekte amptenare kry toegangskodes vir dié BBP-lêers. Toegang hiertoe word boonop gemonitor.”

Volgens hom kyk die SAID-ondersoekers na die sake van Malema se vier ondernemings – waarvan die registrasie van drie op die punt is om ingetrek te word.

’n Regeringsamptenaar wat ook van die ondersoek weet, sê hulle probeer boonop vasstel hoe SGL Engineering Projects, waarvan Malema 70% besit, blykbaar belastingsertifikate verkry het.

Oor die nuutste inligting rondom Malema se tenders in Polokwane het ’n bron aan City Press gesê die toekenning van dié tenders tussen 1 en 29 Oktober is vroeër toegesmeer omdat dit juis wys watter groot houvas Malema op tenders in Limpopo het.

Dié tenders blyk uit dokumente van Polokwane se databasis, maar is nie ingesluit in die antwoord op ’n parlementêre vraag van Cope einde verlede jaar nie.

Boonop is daar geen aanduiding van die waarde van die kontrakte wat SGL gekry het op die Polokwane-dokumente nie – hoewel dit uitgestippel is waar ander ondernemings kontrakte gekry het.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000001
Admin


Aantal posstukke : 1130
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: "GOLDEN BOY "JULIUS MIK ERG NA K*KSTRAAT   Tue Mar 09, 2010 6:19 pm

Die kan net een van twee kante toe gaan n Zuma einde of n einde aan politieke lewe.

Die vraag is watter een. Twisted Evil
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
"GOLDEN BOY "JULIUS MIK ERG NA K*KSTRAAT
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: