IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is altesaam 2 gebruikers aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 2 Gaste

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP   Tue Aug 17, 2010 10:02 pm

04/07 ‘N DAG IN DIE LEWE VAN ...................................... Hier volg ‘n opsomming van ‘n tipiese dag in die lewe van ‘n blanke inwoner in ‘n wit plakkerskamp: /Vanoggend, soos enige ander oggend word ek wakker gemaak deur die voelgesang om drie uur en die koue. Sy ysterkloue miskien nie so fel vroeer nie, maar nou dat die winter sy spore diep trap voel ek dit ook. By my kersie lees ek my Bybel en trek ekstra klere aan om warmer te word. Die kombuis sluit eers 08:00 oop waarna ek vir my kan flou tee maak want ek gebruik maar die sakkies oor en oor om ‘n bietjie te bespaar. Die grondeienaar laat geen elektriese stofies of apparaat toe in ons sinkhuisies nie, die kombuis het warm water en ‘n mens kan daar gaan kry. Dit is egter nog 5 ure weg en die koue knaag. Later breek die dag, en daarmee saam ‘n stukkie van my moed vir die dag wat voorle. Vandag moet ek kliniek toe gaan vir my chroniese medikasie. Die kliniek is 10 km van my af by Pyramid. Niemand hier het vervoer nie so ek val so 07:00 in die grondpad af groot pad toe want my kanse is goed om ‘n geleentheid dalk by iemand te kry. Nog steeds byt die koue en ek kon nog nie iets warms drink nie. By die grootpad sny die wind my in stukkies maar ek loop. Kort voor lank laai iemand my op en laai my oorkant die pad af. Ek pak die laaste 2km deur die veld en oor die treinspoor aan. Daar wag ek drie ure om gehelp te word en uiteindelik gee suster Sylvia my pille vir my.

Hierdie keer wag ek langer vir ‘n geleentheid en ek is eers drie uur terug by die kamp. Daar aangekom haas ek my na die kombuis vir my koppie tee. Nee, die grondeienaar het vandag van alle dae besluit dat niemand die kombuis sal gebruik nie. Derhalwe terug na my sinkhuis vir ‘n bietjie skoonmaak. Ek tap koue water in my emmer buite by die kraan in om my wasgoed te was. Hang dit op en besluit om ook my hare sommer in dieselfde water te was aangesien ons nie te veel water mag gebruik nie. Die dag het darem warmer geword so my hare word vinnig droog. Sal maar more sponsbad sodat ek nie te veel water gebruik nie.

Ons almal bly in dieselfde omstandighede en verstaan mekaar se nukke en grille. Die nuwe intrekkers lyk maar aanstellerig, maar gee kans, mettertyd sal hulle besef hier is nie plek vir pretensies en aansit nie, hier pas jy in of pas uit. Ek smeer maar vir my ‘n broodjie met grondboontjiebotter want daardie kombuis gaan nie vandag werk nie. Later lees ek ‘n boek. My kat is ook honger maar ten minste vang sy rotte en muise in die vlei en voel nie die steke so erg nie. Wat ek darem nie vandag vir ‘n koppie tee sal doen nie! Aand kruip nader en ek maak my venster en deur solank toe. Die ander gate van verval kan ek niks aan doen nie en skuif maar my matras rond sodat ek die maksimum voordeel trek uit die toe stukkies van my huisie. Hoe gelukkig is ek darem nie om hier te kan bly nie! Geen dik slotte en diefwering vir my nie. As ek op my matras op die vloer le en opkyk sien ek die sterre flonker en wonder hoeveel jy moes betaal vir die ekstra loergat in jou huis? Vir oulaass lees ek uit my Bybel en lees van God se Genade en Vergifnis vir sondes. Ek besef weereens hoe gelukkig ek is om hier te kan bly by mense wat my verstaan en nie veroordeel nie. Wat mede deelsaam is in my vreugde en smart en wat my uitlos as ek allenig wil wees. Gelukkig om vandag vroeg by die kliniek te kon klaar wees en ‘n stukkie brood met grondboontjiebotter kon he terwyl daar ander is wat minder as ek het. Dankie vir my kat wat ook maar honger is en koud kry maar wat nooit kla nie. Gelukkig dat ek ‘n God het wat Genadig en Barmhartig is en my gebede verhoor.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000021133



Aantal posstukke : 42
Join date : 2010-04-20
Age : 40
Ligging : Langkloof, Ooskaap

PosOnderwerp: Re:   Thu Aug 19, 2010 10:38 pm

Sjoe, di storie vat nogal aan n mens se hart. Sy is sowaar gelukkig... In haar hart. Dis wanneer n mens di minste het wanneer jy werklik besef hoeveel jy eintlik in jo lewe het. Dis wanneer jy leer wat regtig saak maak. Ek is so bietjie jaloers op hierdi vrou wat so rustig klink.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Welsyn Draad-
Spring na: