IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 GROEP VIR AFRIKAANSE VROUE KYK NA ARMES

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: GROEP VIR AFRIKAANSE VROUE KYK NA ARMES   Tue Aug 17, 2010 3:17 am



Afrikaanse Christenvroue kan deur ’n nuwe vroueorganisasie betrokke raak by die stryd teen armoede onder Afrikaanses.

Solidariteit Helpende Hand se pas gestigte Vroue in Aksie sal volgens me. Lindie Strydom, skakelbeampte van Helpende Hand, uitsluitlik ’n sosiaal-maatskaplike fokus hê.

Strydom, wat vroeër die rol van Karin in die sepie Egoli gespeel het, sê baie vroue het ’n hartsbegeerte om armes te help, maar hulle weet nie hoe nie, het min tyd, en voel oorweldig deur die groot nood.

Vroue in Aksie wil bevoorregte vroue oplei en bemagtig om ander te kan help, onder meer deur dit wat nodig is in kleiner, doenbare dele op te breek.

Vroue wat reeds in arm gebiede help – dikwels vroue wat self daar woon – se kennis sal ingespan word sodat hulle ander vroue kan mentor.

Die organisasie sal veral na die behoeftes van vroue, kinders en gesinne kyk.

Vroue in Aksie wil onder meer minderbevoorregte ma’s oplei sodat hulle weet watter stimulasie kinders vir hul ontwikkeling nodig het.

Benewens sy fokus op aktiewe optrede, wil Vroue in Aksie ook ’n spreekbuis oor Afrikaanse maatskaplike kwessies wees.

Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, sê Suid-Afrika is in ’n armoedekrisis vasgevang.

In die Afrikaner-gemeenskap het armoede sedert 1994 met 150% gestyg.

Volgens prof. Flip Smit, demograaf, is sowat 600 000 Afrikaners besig om in armoede te verval.

Langner sê die geskiedenis het bewys vroue het ná die Anglo-Boereoorlog en tydens die Depressiejare ’n sleutelrol gespeel om deur opheffing van gemeenskappe die armoedesiklus te verbreek.

Strydom sê dis tyd dat Afrikaanse vroue “opstaan en hoop gee”. Slegs 2% van Afrikaanse vroue is by vroueorganisasies betrokke.

Me. Hettie Brittz, vrou van die gospelsanger Louis Brittz wat vroeër vanjaar tydens ’n huisroof verkrag is, en me. Alette-
Johanni Winckler, vrou van die sanger Heinz Winckler, sal die beskermvroue van die organisasie wees.

Strydom sê Vroue in Aksie gaan deur ’n interaktiewe webblad vroue in die land in kontak met mekaar bring om idees uit te ruil, mekaar te ondersteun en nasionale projekte met mekaar te verbind.
Sy gaan ook ’n radioprogram op die internet aanbied.

Vroue kan betrokke raak deur takke in hul gemeenskappe te stig om armoede daar te beveg, of hulle kan ondersteuners word wat maandeliks R30 bydra.

Vroue in Aksie wil ook die talle Afrikaanse vroue in die buiteland betrek om geld te skenk of hul netwerke daar in te span om te help.

Vroue in Aksie se eerste projek is om betrokke te raak by Helpende Hand se bestaande kosblikkieprojek, wat kos aan kleuters voorsien en ma’s as dagmoeders oplei.

Vir meer inligting bel 0861 25 24 23 of besoek www.helpendehand.co.za.




http://www.rapport.co.za


"POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKANTOOR VAALDRIEHOEK"
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
GROEP VIR AFRIKAANSE VROUE KYK NA ARMES
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Welsyn Draad-
Spring na: