IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 VELDBRANDE SAAI VERWOESTING

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: VELDBRANDE SAAI VERWOESTING   Tue Aug 17, 2010 2:58 am





GOLDEN GATE. – Boere en hul helpers het die afgelope paar dae kwaai teen veldbrande in die Oos- en Noord-Vrystaat baklei waar reeds derduisende rande se verliese gely is.

Veldbrande in die distrik Golden Gate het teen gistermiddag reeds sowat 15 000 ha se weiding verwoes.

Mnr. Malcolm Procter van die departement van landbou, bosbou en visserye sê twee veldbrande het sedert Sondagaand hier gewoed.

Teen gistermiddag was ’n brand in die berge tussen Golden Gate en Kestell nog nie in bedwang nie.

Ook in die Noord-Vrystaat het minstens 1 000 hektaar weiding in die slag gebly in ’n verwoestende veldbrand oor bykans agt plase heen, berig Johan Brits van ons Kroonstadse kantoor. Dié brand, waarteen brandbestryders ongeveer tien uur lank gespook het, het van Viljoenskroon in ’n noordoostelike rigting na Vredefort beweeg.


Volgens Procter het die eerste veldbrand by Golden Gate Sondagmiddag laat begin en is gister omstreeks 04:00 geblus.

Boere in die gebied sê egter die eerste brand het reeds Saterdagaand begin. Dié brand het Sondagmiddag hervat.

Die brand het van Golden Gate na Kestell en die noordelike deel van Phuthaditjhaba versprei.

Mnr. Lephati Macaphasa, ’n nuwelingboer van die Kestell-distrik, wat onlangs as die koringboer met die hoogste opbrengs in die VKB-gebied vir 2010 aangewys is, se weiding het alles in die slag gebly.

Hy sê dit is vir hom ’n groot terugslag.

“Al my weiding is verwoes. Al 506?ha,” sê hy oor sy verlies.

Mnr. Robert Wiggett, nog ’n boer in dié gebied, sê die brand het reeds Saterdagaand begin.

“Ons het Saterdag dié brand begin bestry. Hy het Sondagmiddag egter weer opgestaan.”

Hy sê ’n sterk wind het toe die brand onbeheerbaar laat hardloop.

“?’n Groot deel van die ou Qwaqwa- Nasionale Park het afgebrand,” sê hy.

Dié park het ’n paar jaar gelede met die Golden Gate-Hoogland- Nasionale Park saamgesmelt.

Wiggett het sowat 170 ha se weiding verloor.

Hy sê vele ander boere het ook erge skade gely.

“Die brande word deur mense gestig wat in die park bly,” sê Wiggett.

Sy buurman mnr. Henri Munro het glo hulp uit die park gevra, maar eindelik was dit net die boere in die distrik wat saamgespan het.

Ongeveer 60 000 ha het volgens Procter reeds vanjaar in die Vrystaat afgebrand.

Procter sê dis hoofsaaklik weens mense wat vroeër weiding in die lente wil hê.

Hy sê daar is satellietbewyse dat dit jaarliks mense, veral nuwelingboere in die park, is wat die veldbrande veroorsaak.

“Dit is mense wat brand sonder beheer of toestemming van hul plaaslike brandbeskermingsvereniging.”

http://www.volksblad.com


"POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKANTOOR VAALDRIEHOEK"
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
VELDBRANDE SAAI VERWOESTING
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: