IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 DIE WARE TOTALE AANSLAG - OP SKRIF

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: DIE WARE TOTALE AANSLAG - OP SKRIF   Tue Aug 17, 2010 2:51 am


Dit is die plig van allerlei mense en groeperings buite die media om die aanslag op spraakvryheid te help stuit, maar daar is tans ’n eienaardige apatie by talle van hulle,
skryf Charles Malan.

Die ANC ontwikkel ’n obsessiewe vrees vir woorde op papier. Die pers moet gevolglik gemuilband en inligting geklassifiseer word.

Die implikasies strek egter veel verder as die media. Skrif is vir die ANC dikwels die vyand omdat dit openbarend en kontroleerbaar is.

Belangrike ondersoekverslae word orals in die doofpot gestop.

Selfs regsdokumente soos met pres. Jacob Zuma se korrupsie-aanklag word gemanipuleer.

Die opvoedkundige mark word stelselmatig oorgeneem en inhoudelik “gereguleer”. Die Staatskoerant word misbruik om sensitiewe inligting oor byvoorbeeld plekname stil-stil in te smokkel en skriftelike voorleggings te vermy.

Tim du Plessis doen tereg ’n beroep op die burgerlike samelewing se hulp met die media se saak: “Ons mediamense kan soveel planne maak soos ons wil. Min sal egter daarvan kom as die publiek nie saam met ons in die loopgrawe klim nie.”

Dit is inderdaad allerlei individue en groeperings buite die media se plig om dié skrikwekkende aanslag op demokrasie te help stuit, maar daar is tans ’n eienaardige apatie by talle van hulle.

Waarom? Dit is immers ons almal se belange en regte wat ter sprake is.

Is die gevaar nie duidelik genoeg nie? Stippel dit uit: Niks minder as nuwe vorme van staatsensuur is weer ter sprake nie.


Het die publiek alles vergeet van die verwoestende invloed van die NP se drakoniese sensuurstelsel?

Het ons as burgers vergeet wat gebeur as Grootbroer namens jou dink en besluit wat jy mag lees, kyk en weet? Onthou ons niks van die staat se wurggreep op die media, uitgewerye, flieks, die teater en alle soorte inligting nie?

Niks in die land se geskiedenis het destyds so duidelik gewys wat kan gebeur wanneer ons as burgers saam met die media uit die loopgrawe klim en die staat as vyand en hul sensuur met volle vuur pak nie.

Vir skrywers was die oorlogsverklaring deur die staat die verbod op André P. Brink se Kennis van die aand en daarna talle gehalteboeke.

Honderde skriftelike en ander produkte is verbied, selfs die omslag van broekiekouse!

Skrywers, uitgewers, uitvoerende kunstenaars, akademici en nog ’n hele bataljon het in gelid gestorm, met die swaar artillerie van die media wat
in meer as een opsig dekking gegee het.

“Burgers” het weer die betekenis soos tydens die vryheidsoorloë gekry.

Niemand het AK’s nodig gehad nie, want die pen was nog altyd magtiger as selfs die staat se massiewe swaard.

Meedoënlose mag word altyd deur nugtere rede oorwin. Wat nie beteken dat skrif nie dodelik kan wees nie.

Danksy die aanslag uit veral Afrikaans-geledere het die NP begin retireer en die eerste sensuurhervormings begin instel. Dit was vir my opwindend om self vanuit die Afrikaanse Skrywersgilde te beleef hoe die veldslag tree vir tree met volle mediadekking gewen word.

Al die belangrikste verklarings en onthullings deur die gilde en ons bondgenote soos uitgewers is breedvoerig in die pers aangehaal, soms letterlik bladsye vol.
Die regering het spoedig besef hulle kan nie aan alle fronte keer nie.

Hulle kon nie Afrikaanse koerante ook bloot verbied nie.

’n Baie ewewigtige appèlraad is ingestel om publikasiesensuur te ondersoek. Ek het suksesvol gaan getuig waarom die verbod op John Miles se Donderdag of Woensdag belaglik was.

Die senior skrywers was toe al so keelvol dat hulle wou hê ons moes die hele sensuurstelsel en selfs die raad ignoreer.

Ons moes toe ook besluit, soos die media tans: boikot uit beginsel, of gesprek. Geen twyfel dat gesprek oorwin het nie.

Ek het die destydse minister FW de Klerk geken en hy was uitgeslape genoeg om te voel hoe die anti-sensuurwind van verandering waai.

Hy het my met duidelike simpatie vir ons standpunt aangeraai: Gaan praat met (min. Alwyn) Schlebusch, hy verstaan die probleem soos ek.

Laasgenoemde het inderdaad gesorg dat hervorming vinnig toegepas is, sonder my verdere pogings.

Geen oorreding was toe meer werklik nodig nie.

Gesoute politici kom maar te vinnig agter as die gety van openbare mening teen hulle draai, want kiesers dryf weg.

Maar dan moet daar ’n gety wees.

Nadat die Rand Daily Mail verbied is, het die NP-staat ook steeds minder probeer om die media te muilband.

Die Inligtingskandaal was bepaald voor die ANC-tyd die doodskoot vir destydse mediabeheer.

Danksy die einste verfoeide media kry die pogings om hulle te beheer nou heelwat aandag. Min word geskryf oor die wurggreep wat die regering tans op opvoedkundige uitgewerye verkry – net soos destyds.

Boeke bly steeds in die visier, maar die strategie vir sluipskiet het verander. Destyds is hulle verbied; vandag neem die ANC bloot die relevante deel van die bedryf oor.
Met voorgeskrewe boeke vir skole het vooraf- of agternasensuur tydens die sensuurbedeling vir uitgewerye miljoene rande verskil gemaak.

Die Skrywersgilde het in die media gesorg dat wanpraktyke aan die groot klok gehang is. Uitgewerye kon uiteindelik in ’n vrye mark meeding.

Die ANC is slimmer as die NP. Hulle palm eenvoudig tans stuk vir stuk die hele opvoedkundige uitgewersbedryf in. Daar word in uitgewerskringe reeds na die algemene nuwe bedryf van staatsuitgewery (state publishing) verwys. ’n Mens hoef nie te raai in watter sakke die enorme wins orals beland nie.

Alle skriftelike tekste word deur die regerende onderwysbase gekeur. Nou gaan hulle sonder veel bohaai ’n stap verder. Hulle publiseer leermateriaal self en beheer steeds meer die uitgee van handboeke.

Die koelbloedige staatsbeheer sal voorspelbaar nie slegs kleiner uitgewerye laat ondergaan nie, maar die eensydige blik op historiese en ander terreine is byna onvermydelik.

Soos met die “Vryheids”-monument sal uiteindelik slegs die ANC se perspektief oorheers. Dus “wettige” sensuur van die ergste graad om skoolkinders te breinspoel. Beheer kinders ideologies en jy beheer die toekoms.

Dit is onverstaanbaar dat hierdie magswellustige oorname buite uitgewerskringe so min aandag kry.

Is dit nie die een terrein waar die media ons as burgers moontlik in die steek laat nie?


Skrif is gif vir die ANC. Mondelinge oordrag van boodskappe is nie ’n kopseer nie. Die opposisie word doodgeskreeu.

Daar is telkens ’n imbongi soos Julius Malema wat met sy potsierlike aapstreke die Leier se lof kan besing en ANC-LP’s se verbale diarree is so vervelig dat hul eie kollegas in die parlement sit en slaap.

Die SAUK as His master’s voice maak ook niemand wakker nie.

Waarom is soveel van die burgerlike samelewing se vaandeldraers met toegang tot gesaghebbende skrif tans lou?

Omdat hulle verkies om agter die skerms te “onderhandel”? Moet ons wag totdat ’n massa ANC-gesuiwerde leermateriaal die skole oorneem en talle uitgewerye wegkwyn?

Dit is nou die tyd om die pen as wapen op te neem. Hier is die ware totale aanslag. Op skrif.

- Dr. Malan is ’n letterkundige en skrywer wat twee termyne voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde was.


http://www.beeld.com


"POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKANTOOR VAALDRIEHOEK"



Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000021107



Aantal posstukke : 19
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Kort Opgesom   Tue Aug 17, 2010 6:58 pm

Wat het ek gese? Die media kan net sowel werkloos wees soos die ANC aangaan omdat hulle WEET, hulle gelieg en bedrieg en stelery, sal oopgegooi word deur die media. Het die ANC wraggies gedink dat NIEMAND GEWEET HET van hulle planne wat hulle teen die wittes gemaak het al voor die jaar 1911, toe Mandella as ANC leier oorgevat het nie? Apartheid het toe nog ver nie die lig gesien nie en daar was in daardie vroee jare al gemengde huwelike. Wat se verskoning was daar TOE vir die ANC se agressie wat hulle teenoor die wittes beplan het? Daar WAS DAN NIE APARTHEID om te blameer vir hulle haat en jaloesie teenoor die wittes nie! NOU WAT NOU? Daardie haat teenoor die wittes, is BESLIS NIE DIE OORSAAK van hulle sogednaamde 'struggle' nie. Dis WIE en WAT hulle is en die feit dat MEESTE VAN DIE SWARTES DEUR HULLE HAAT EN AFGUNSTIGE JALOESIE GEJAAG WORD. Hulle is van nature moordlustig en die enkeles van hulle wat geredde kinders van Hemelse Vader is, ek bedoel, regtig gered is, is soos n naald in n hooimied!
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
KVB000000002
Admin


Aantal posstukke : 1253
Join date : 2010-02-07

PosOnderwerp: Re: DIE WARE TOTALE AANSLAG - OP SKRIF   Tue Aug 17, 2010 10:44 pm

Ja...dit sal seker nie lank neem voor hulle begin om die Blogs en Webwerwe OOK te probeer "Manupileer" nie. Goeie pos- jy moet meer betrokke raak en meer poste plaas.

Groetnis
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
Sponsored content




PosOnderwerp: Re: DIE WARE TOTALE AANSLAG - OP SKRIF   Today at 12:15 am

Terug na bo Go down
 
DIE WARE TOTALE AANSLAG - OP SKRIF
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Politieke Gesprekke-
Spring na: