IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 TRONK STORT SY AFVAL IN VAAL

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: TRONK STORT SY AFVAL IN VAAL   Tue Aug 17, 2010 2:38 am

EK KAN DIT NIE GLO NIE!! HOE LANK DINK HULLE GAAN DIE WATER HOU AS DIT SO AANGAAN?


Boere langs die Vaalrivier en inwoners van Parys is keelvol vir die Groenpunt-gevangenis se “gemors” wat hulle in die Vaalrivier stort.

Hulle kla stukke varkvleis, bloed, pensmis, rioolafval en ou skottelgoedwater loop al etlike maande lank van die gevangenis tot in die Vaalrivier.

Dit beland volgens ooggetuies sowat 7?km stroomaf van die Vaaldam in die rivier.

Mnr. Alex de Koker van Ecowild, ’n nie-regeringsorganisasie wat na die belange van sowat 52 boere met plase op die oewer van die Vaalrivier omsien, het gesê hy weet nie meer “watter kant toe met sy klagtes nie”.

Drie departemente is aan die stuur van sake by Groenpunt. Die departement van korrektiewe dienste sien na die welsyn van die gevangenes om, waterwese moet kyk dat waterlisensies nagekom word en openbare werke hou die infrastruktuur in stand.

Mnr. Bokkie Redelinghuys, waarnemende hoof van die gevangenis, het gister gesê daar was wel “’n probleem”, maar dis reggestel. “Die rioolaanleg se een pomp het gebreek en van die goed het toe in die Vaalrivier geloop. Maar korrektiewe dienste het dit reggestel.”

Toe De Koker en ander betroubare bronne eergister gaan ondersoek instel het, was die probleem nog nie opgelos nie.

De Koker het gesê hy kla al van Mei oor die kwessie. Groenpunt het sy eie voerkraal met sowat 4 000 varke. Hulle word glo net daar op die terrein geslag. Redelinghuys het daarop gesê hy was nie bewus daarvan nie omdat hy nog net twee maande as hoof van die gevangenis waarneem.

Beeld verneem van die gevangenes en hul familielede het ook al by Rand Water oor die onhigiëniese toestande gekla.

Mnr. Gregg Mulzack, hoof van kommunikasie by Rand Water, het gesê wat by Groenpunt aangaan, raak hom nie. Toe Beeld hom daarop wys dat drinkwater vir Gauteng soms (al is dit in kleiner hoeveelhede) uit die Barrage onttrek word, het hy gesê Beeld se verslaggewer “raak nou belaglik”.

Watertoetse wat Rand Water gister gedoen het, het geen teken van enige skadelike bakterieë of virusse gewys nie, het hy gesê.

’n Wetenskaplike het gesê sulke onhigiëniese toestande (soos dié by Groenpunt) is ’n ideale teelaarde vir virusse soos giardia en cryptosporidium.

Watertoetse wys nie dadelik hierdie virusse is teenwoordig nie. “As dieselfde water twee of drie dae later getoets word, sal dit moontlik die virusse optel.”

Me. Annalien Burger, voorsitter van Save the Vaal in Parys, het gesê sy was geskok om te hoor van die gemors wat Groenpunt in die Vaalrivier stort.

“Weet hulle nie dis Parys se drinkwater waarmee hulle mors nie?

Ons het nie al Rand Water se tegnologie nie. Ngwathe (die munisipaliteit wat Parys bedien) probeer self sy water skoonmaak, maar sukkel.”

Die departement van waterwese was nie vir kommentaar beskikbaar nie.


http://www.beeld.com


"POS GESTUUR DEUR: KVB NUUSKANTOOR VAALDRIEHOEK"



Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
TRONK STORT SY AFVAL IN VAAL
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: