IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Vier in hof ná aanval op plaasgesin by Wellington

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
Admin
Admin


Aantal posstukke : 25
Join date : 2010-02-06

PosOnderwerp: Vier in hof ná aanval op plaasgesin by Wellington   Tue Feb 09, 2010 10:16 pm

Vier in hof ná aanval op plaasgesin by Wellington
2010-01-27
http://www.dieburger.com/Content/Sui..._by_Wellington

Wellington - Vier mense wat na bewering Sondag betrokke was by ’n aanval op ’n Wellingtonse boer wat die plaasgemeenskap hier op hol gehad het, het gister in die plaaslike landdroshof verskyn.

Mnr. Eugen Ramsauer (44) sterk nou tuis aan met ’n gebreekte voetbeentjie en wonde aan sy gesig en hande.

Sy broer, mnr. Johan Ramsauer (45), is steeds in die hospitaal met geskuifde rugwerwels en hy moet nog vir ’n gebreekte skouer geopereer word.

Mnr. Marno Gerber (27), ’n vriend van die boer se dogter, moes vir ’n meswond steke in sy arm kry.

Intussen het mnre. Abraham Geduld (36), Michael Titus (38), Jerome Lewis (28) en me. Jacqueline Dampies (30) op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer in die hof verskyn.

Dié drama op die plaas Driefontein het begin toe Eugen Ramsauer twee vreemdelinge in sy agterplaas gekonfronteer het.

Hy en van sy gesinslede het omstreeks 17:15 buitekant toe gegaan nadat die honde begin blaf het. Toe hy die hek wou oopmaak waar die indringers moes verby, het die een aanvaller hom met ’n plank bygedam, het hy gesê.

Sy vrou, Liesel (41), het verduidelik: “Die ander een het met so ’n lang slagmes geloop. My man het dit reggekry om die mes uit sy hand te klap en my meisiekind het vinnig daarmee weggehardloop.”

Gerber het die een man agternagesit toe die twee indringers weghardloop. Die een het glo toe ’n mes uitgepluk en Gerber in die arm gesteek. Die ander een het glo eers in die arbeidershuise probeer wegkruip en daarna tussen die wingerde verdwyn.

“My werksmense was wonderlik. Al die jong mense en kinders het soos bye tussen die wingerde in gevlieg om die skelm te soek,” het Eugen Ramsauer gesê.

Sy broer het die een beweerde aanvaller uiteindelik agterop die bakkie vas gehad, maar ander vreemdelinge, vermoedelik makkers van die twee, het die soekers met klippe bestook. Die man het losgeruk en saam met Johan Ramsauer van die bakkie afgeval. Só het hy sy skouer gebreek en sy rug beseer. Uiteindelik is vier mense vasgetrek.

“Dit was hel. Nou is ek bekommerd oor my vrou en kinders. ’n Mens weet nooit wanneer daardie mense weer vry is nie, en ek oes nou. Ek kan nie die heel dag by die huis wees nie,” het Eugen Ramsauer gesê.

Hy vermoed hulle wou inbreek en het die wapens ter verdediging saamgevat.
Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel http://kaapsevryheidsburger.forumsmotion.com
 
Vier in hof ná aanval op plaasgesin by Wellington
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: SA Nuus en Aktueel-
Spring na: