IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 N BESONDERSE VERHAALTJIE

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: N BESONDERSE VERHAALTJIE   Mon Aug 16, 2010 7:26 pm

Sou jy kon?

'n Verhaal word vertel van 'n matriekklas by 'n sekere skool wat geregeer

is deur die belhamel-element. Die klas het haas onregeerbaar geword en een

ná die ander onderwyser het sy of haar goed gevat en geloop omdat dit nie vir

hulle enigsins moontlik was om disipline en orde te handhaaf nie.

Daar is advertensies in al die koerante geplaas, maar soos wat die

onderwysers aangestel is, so het hulle 'n paar weke later maar weer hul

goed gevat en geloop. Maar een oggend was daar 'n ligte kloppie aan die

skoolhoof se deur en n tingerig geboude man het daar gestaan. Die

skoolhoof het gegroet en toe stel die man homself voor, Ek is Mnr Buys

en ek het kom aansoek doen vir die pos van matriekonderwyser. Die skoolhoof

het die man op en af gekyk en toe vir hom gese, Dankie Mnr Buys, maar

groter en sterker manne as jy het al aansoek gedoen en het maar weer stert tussen

die bene 'n paar weke later weggesluip.

Mnr Buys het die skoolhoof in die oë gekyk en toe gese: Dan het jy mos

niks om te verloor deur my 'n geleentheid te gee nie. Ek sien kans vir hierdie

klas.

Die skoolhoof het sy bedenkinge gehad, maar het te sleg gevoel om vir

hierdie man te sê dat hy heeltemal te klein en maer is vir hierdie klomp

belhamels en het hom toe aangestel.

Die volgende oggend was die matriekklas op hul beste, die geraas is

deur die hele skool gehoor. Daar was 'n vreeslike rumoer wat deur die gange

ge-eggo het. Die klasdeur het oopgegaan en mnr Buys het stadig by die

deur ingeloop terwyl hy die hele spul so op en af bekyk, hy het agter sy tafel

gaan staan en net gekyk, nie 'n woord gesê nie. Daar het skielik 'n doodse

stilte oor die matriekklas neergedaal. Of dit verbasing was omdat so 'n

klein verpiepte mannetjie die mannemoed gehad het om by hulle klas in te

stap, en of dit net die atmosfeer was wat die man omvou het - wat ook al die

rede - die stilte was voelbaar.

Mnr Buys het van die geleentheid gebruik gemaak om die klas te groet,

homself voor te stel en hulle te vra om asb hulle plekke in te neem.

Hy verduidelik toe vir hulle dat hy orde en disipline gaan toepas, maar met

die verskil, dat hulle die reëls en die straf sal bepaal. Hy gaan staan toe

voor die swartbord en vra hulle watter reëls hulle wil instel.

Die een groot belhamel met die naam van Jakobus spring toe op en skree:"Daar

mag geen diefstal wees nie, en mnr Buys skryf toe GEEN DIEFSTAL. Die

volgende ou spring toe op en sê daar mag geen vloekery wees nie, en mnr Buys skryf

GEEN VUIL TAAL, en so het die klomp hulle totaal en al oorgeggee aan

die genot van die maak van die reëls. Toe staan mnr Buys eenkant en sê dit is

nou goed so, maar wat van die straf as een van hierdie reëls verbreek word.

O dit is maklik skree ou Jakobus weer, 10 van die bestes met die rottang.

Goed sê mnr Buys, so sal dit wees en skryf toe die straf ook op die bord.

Die dag het redelik vlot verloop en die pouse het aangebreek. Na pouse

storm Jakobus die klas binne en sê vir mnr Buys, "My toebroodjies is

gesteel, en die reëls se daar mag nie gesteel word nie, so die skuldige

moet asb gestraf word. Mnr Buys vra toe of hy weet wie die brood gesteel het,

Ja, sê Jakobus, dit was Klaas. Mnr Buys vra toe wie Klaas is, en agter in die

klas staan 'n maer, verwaarloosde seun stadig op. Mnr Buys vra hom toe of

hy die brood geneem het en hy sê toe ja, hy het. Mnr Buys kyk toe vir die

kind en sien dadelik die hongerpyne op die seun se gesig raak, maar hy het ook

besef as hy nie die nodige disipline toepas nie, gaan hy ook druipstert die

skool verlaat.

Hy versoek toe vir Klaas om vorentoe te kom. Klaas was die toonbeeld van

armoede, die skoene was stukkend, en oor sy skoolbroek het hy 'n oorgrote

baadjie gedra wat hy styf voor toegevou het. Klaas trek uit jou baadjie

en kom buk. Klaas kom toe vorentoe en buk met die baadjiepante nog steeds

styf vasgehou. Nee Klaas, die baadjie is te lank en dit hang oor jou

boude, jy moet dit asb uittrek, Ag meneer, smeek Klaas, ek sal buk, want ek is

skuldig, maar asb meneer, net nie my baadjie nie.

Mnr Buys voel hoe sy binneste ruk, want hy weet hier is groot behoefte,

maar ter wille van die disipline van die klas moet die seun gestraf word.

Hy versoek toe weer vir Klaas om sy baadjie uit te trek, en weer smeek

hierdie maer verwaarloosde kind, Meneer, ek sal enigiets doen, maar asb

meneer, ek kan nie die baadjie uittrek nie. Mnr Buys kon ook nie toegee

nie, en sê weer, kom Klaas, uit met die baadjie, en toe Klaas sien hy gaan

die baadjie moet uittrek, maak hy dit oop en laat dit stadig grond toe

gly en staan voor die onderwyser met net die broek aan sy lyf.

Klaas waar is jou hemp, vra mnr Buys, Meneer, in ons huis is daar net een

hemp en een baadjie, en dit was vandag my boetie se beurt om die hemp te

dra. En meneer ek het nie bedoel om die brood te neem nie, ek het gedink

Jakobus gaan dit net weer in die asblik gooi soos elke dag, en ek was so

honger, toe dink ek hy sal nie eens agterkom dat die brood weg is nie.

Mnr Buys het gemaak of hy na iets op die bord kyk om hom geleentheid te gee

om sy emosies onder beheer te kry. Toe draai hy om en sê Klaas, jy verstaan

dat ek wel die disipline moet toepas. Jy verstaan dat ek nie 'n

uitsondering kan maak nie, en Klaas kyk hom in die oë en sê Ja meneer, ek verstaan en

toe buk hy, en Mnr Buys tel die rottang op om die eerste hou te slaan, toe

breek Jacobus se stem die stilte in die klas, "Wag Meneer

moenie hom slaan nie."
Mnr Buys kyk na Jacobus en sê, nee die straf moet

toegepas word vir die oortreding van die reëls.

"Nee meneer, moenie hom slaan nie, hy was honger, los hom ek sal in sy

plek kom buk om die straf te kry."

Daar was nie n droë oog daardie dag in daardie klas nie. Maar net so het

daar Iemand ook voor die Vader gestaan en gesê, Asseblief Vader moenie

hulle straf nie, Ek sal in hulle plek die straf neem.

Kom ons maak 'n punt daarvan om in hierdie nuwe dag, hierdie nuwe week

opnuut vir Jesus dankie te sê vir die straf wat Hy namens ons verduur het.

Laat mens dink, dink voor jy praat en doen aan andere wat jy graag wil hë

gedoen moet word aan jou. Sien ook die nood raak van die ander met wie jy

'n pad kruis.






Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
N BESONDERSE VERHAALTJIE
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: