IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 SWAK MIELIEPRYS `KAN SA TALLE BOERE KOS`

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: SWAK MIELIEPRYS `KAN SA TALLE BOERE KOS`   Sat Aug 14, 2010 8:57 am

Swak mielieprys ‘kan SA talle boere kos’
2010-08-14 02:18
Artikelopsies
Druk artikel e-pos artikel Deel
Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Twitter Kry Volksblad op
Jou selfoon Jou Facebook-profiel Charles Smith
Suid Afrika kan 30% van sy kommersiële boere voor Desember verloor as die mielieprys laag bly, sê mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA.

“Die ouens maak enorme verliese,” het Ferreira aan Volksblad gesê.

Hy het in Maart by alle landboubesighede navraag gedoen oor wat die uitwerking van die mieliekrisis op die landbou kan wees.

Die slotsom is dat die land ’n gemiddeld van 30% kommersiële boere kan verloor.

Dit strook met dr. Pieter Mulder, adjunk-minister van landbou, visserye en bosbou, se stelling van vroeër die week dat 25 van die boere net by Schweizer-Reneke dalk nie die mieliekrisis gaan oorleef nie.

Ferreira sê die krisis het ook ’n effek op die ekonomie van die insetverskaffers. Die hele ketting tussen boer en verbruiker word benadeel.

“Presies dieselfde situasie kan hom weer afspeel as wat met die koringbedryf gebeur het.”

Mnr. Herman Meiring, voorsitter van Bultfontein Landbou, sê nie net is die lae mielieprys ’n slag vir boere nie, maar hulle stroop in die omgewing 1 ton/ha tot 1,5 ton/ha minder as gewoonlik weens die swaar reën vroeër.

Slegs boere met bogemiddelde opbrengste kan ’n bietjie geld maak.

“Die vorige jare het ons R1 900/ton en R1 600/ton gekry. Nou kry boere R800/ton in die sak. Die boere het opgegradeer met toerusting. Ouens moes reëlings maak, daar is wat nie lenings kry nie.”

Me. Hettiënne von Abo-Moolman van die AHI in die mieliehoofstad, Bothaville, sê die dorp se ekonomie is afhanklik van die landbou. As dit nie goed gaan met die landbou nie, gaan dit nie goed met die dorp nie.

Mense sê vir haar dit is “stil”. Miskien was almal te optimisties die wêreldwye resessie is verby. Die slegte ekonomie is dalk nie net weens die swak mielieprys nie. Daar is seker al boere wat minder ry en afskaal op dinge wat nie noodsaaklik is nie.

Die AHI hier gaan op 20 Augustus na die Vrystaatse premier, mnr. Ace Magashule, se sakeberaad in Bloemfontein opruk met verskeie lede wat bande met die landbou het.

Hoewel die sakekamer hier die verval van die infrastruktuur op die platteland eerste op die agenda het, wil dié lede ook praat oor projekte soos biobrandstof. “Landbou is ’n inherente deel van alles. Ek ervaar mense het reeds begin planne maak. Dit is belangrik om ’n plan B en ’n plan C gereed te hê,” het sy gesê.

Ferreira het ook gesê die biobrandstofbedryf móét in plek kom om die oorskot mielies van sowat 4 miljoen ton uit te wis en die balans tussen vraag en aanbod te herstel.
Hoewel die regering vasskop teen die idee om voedsel as biobrandstof te verwerk, praat Graan SA steeds met pres. Jacob Zuma en me. Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, vissery en bosbou, hieroor.

Meiring sê biobrandstof is ook op Bultfontein Landbou se agenda vir ’n noodplan. Hulle praat ook met Magashule om die spoorlyn tussen Bultfontein en Bloemfontein te herstel.

Graan SA se raad aan boere is om intussen aanplantings vir die nuwe seisoen “drasties af te skaal” en eerder papiermielies te koop. Intussen probeer die organisasie om uitvoer aan te moedig. Uitvoerpoel is egter deur die regering in die kiem gesmoor.




Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
SWAK MIELIEPRYS `KAN SA TALLE BOERE KOS`
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: