IndexCalendarMAN/FAQSoekLedelysGebruikersgroepeRegistreerTeken in
Neem asb kennis dat hiermee dit amptelik aangekondig word dat die KVB Forum sal skuif, gaan na die kaapsevryheidsburgers.org blad en volg die Forum skakel
Latest topics
» BYMEKAARKOM DAG
Sat Sep 25, 2010 4:28 pm by findmy012

» WAARSKUWINGS VLAKKE TOV SEKURITEITS STATUS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» VROU IN HUIS VERWURG DEUR SWART ROWERS
Sat Sep 25, 2010 4:27 pm by findmy012

» FORUM WILL BE CLOSING!!!!!!
Sun Sep 05, 2010 9:38 pm by KVB000000002

» ANC GEORGANISEERDE MISDAAD SINDIKAAT IN BLOU TERREUR UNIFORMS
Tue Aug 24, 2010 9:02 pm by KVB000000002

» AND RATCONTROL
Tue Aug 24, 2010 8:58 pm by KVB000000002

» N DAG IN DIE LEWE VAN N BLANKE INWONER IN N WIT PLAKKERSKAMP
Thu Aug 19, 2010 10:38 pm by KVB000021133

» STAKENDE BOBBEJAANTROP OPPAD OM LAND SE EKONOMIE TE KELDER
Tue Aug 17, 2010 11:12 pm by KVB000000002

» WAAR IS DIE POSTE?
Tue Aug 17, 2010 10:50 pm by KVB000000002

Top posters
KVB000000002
 
KVB000000001
 
KVB000000005
 
KVB000021142
 
KVB000021126
 
KVB000021133
 
Arend
 
Admin
 
Ridder Van Die Langpad
 
KVB000021107
 
Wie is Aanlyn
Daar is slegs 1 gebruiker aanlyn :: 0 Geregistreerd, 0 Versteek en 1 Gas

Geen

Meeste gebruikers ooit aanlyn was 48 op Sat Apr 23, 2011 6:16 am
Statistics
Ons het 175 geregistreerde gebruikers
Die nuutste geregistreerde gebruiker is GK63

Ons gebruikers het altesaam 3166 artikels geplaas in 1809 subjects
SA Topsites
SA Topsites
::

Share | 
 

 Rowers slaan toe op Kurumanse onderneming

Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Go down 
SkrywerBoodskap
KVB000021142



Aantal posstukke : 121
Join date : 2010-02-13
Age : 37
Ligging : Mpumalanga

PosOnderwerp: Rowers slaan toe op Kurumanse onderneming   Sat Aug 14, 2010 8:54 am

Rowers slaan toe op Kurumanse onderneming

Mnr. Jaco Benson by sy kafee wat deur vier gewapende rowers van R50?000, sigarette en selfone beroof is.Foto: Charné Kemp

Foto's · Lesersfoto’s · Volksblad in Foto's
Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


Charné kemp
Kuruman – Gewapende rowers het die eienaars van die bekende Riverside Walk Kafee in Ds. Van Jaarsveldstraat op dié dorp van R50?000, selfone en sigarette beroof. Die polisie op Kuruman het reeds twee verdagtes in hegtenis geneem.

Volgens die eienaar van die kafee, mnr Jaco Benson, is hy, sy vrou, Patrys, en ’n werker wat anoniem wil bly, Woensdagaand deur vier mans (almal met sykouse oor die kop) met pistole aangehou. Hulle wou ook sy vrou ontvoer.

“Die winkel was reeds stil teen 19:30. Tien minute vroeër het my broer (ook sy vennoot) ons kinders huis toe geneem.

“Ek en Patrys was in die kantoor langs die kassiere. Skielik het een van die rowers ingestorm en my beveel om die kluis oop te maak.

“Die kantoor is redelik nou en ek moes opsy staan sodat hy in die kluis kon grawe en die geld uithaal.

“Hy het ook al die tjekboeke geneem. Ek wou nog aan ’n plan dink om hom oor die kop te moker, toe sy makker met ons werker die kantoor instap.

“Hulle het ons gedwing om al die sigarette in die winkelmandjie te pak. Die geld is ook in die mandjie gepak.

“Intussen het ek die paniekknoppie ongesiens gedruk.

“Dis toe dat hulle Patrys en die werker onder die tafelblad indwing en begin met hul ontvoerpraatjies.

“Die booswigte wou Patrys met alle mag ontvoer, maar ek het mooi gepraat tot hulle skielik haastig geraak het. Ek het gesê dat ek sal saamgaan, sy gaan nêrens alleen sonder my nie.

“Hulle het pistole die heeltyd teen ons koppe gedruk terwyl ons al drie onder die blad gehurk het.”

Dit het ’n hele rukkie geduur voordat die rowers van hul ontvoerplan afgesien en laat spaander het.

Nadat die boewe by die winkel uitgehardloop het, het die Bensons ’n motor hoor wegjaag.

Mnr. Benson is agterna maar kon nie sien in watter rigting hulle gejaag het nie.

Klante wat voor die winkel gestaan het, het gesê die boewe is weg in ’n donkerblou motor.

Die sekuriteitsdienste het toe opgedaag, maar die boosdoeners was vort. Die polisie was dadelik ná die noodoproep op die toneel.

Die winkel het reeds drie keer vanjaar onder misdadigers deurgeloop, maar die vorige kere was dit inbrekers wat by die dak probeer inkom het.


Terug na bo Go down
Sien gebruiker's profiel
 
Rowers slaan toe op Kurumanse onderneming
Besigtig vorige onderwerp Besigtig volgende onderwerp Terug na bo 
Bladsy 1 van 1

Permissions in this forum:Jy mag nie onderwerpe in hierdie forum beantwoord nie.
 :: Kaapse Vryheids Burgers :: Kletshoekie-
Spring na: